Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Ronaldo wen Goue Bal
Dec 03 2008 01:01:47:987AM  - (SA)  
Sapa-AFP



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

PARYS. – Ná maande van bespiegeling oor wie met die gesogte Ballon d’Or gaan wegstap, het dié eer Cristiano Ronaldo te beurt geval.

Dié Portugese speler van Manchester United is gister aangewys as Europa se voorste sokkerspeler die afgelope 12 maande.

Ronaldo het as lid van United die Engelse Premierliga én die Europese Kampioeneliga gewen. In die proses het dié vleuel 42 doele aangeteken.

Barcelona se Lionel Messi (Argentinië) en Liverpool se Fernando Torres (Spanje) was onderskeidelik tweede en derde in die peiling wat deur 96 joernaliste van oor die wêreld heen gedoen is. Dit hele proses is deur die tydskrif France Football georganiseer.

Ronaldo het 446 punte verdien teenoor die 281 van Messi en Torres se 179.

Brasilië se Kaka, wat vir AC Milan speel, het verlede jaar dié toekenning ontvang. Ronaldo was toe tweede en Messi derde.

“Dit is een van die mees ongelooflike dae in my lewe. Ek droom sedert my kinderjare van dié trofee,” het Ronaldo gesê. Die amptelike oorhandiging van die trofee is Sondag.

Ronaldo is die derde Portugese speler wat met dié toekenning wegstap ná Eusebio (1965) en Luis Figo (2000).

“Ek was nie bang dat ek nie die trofee gaan wen nie, want ek is bewus van dit wat ek vermag het. Dankie aan al my spanmaats wat my gehelp het om die beste te wees en dankie aan dié wat die doele help skep het,” het die 23-jarige Ronaldo verder gesê.

Ronaldo volg in die voetspore van ander United-legendes, Denis Law (1964), Bobby Charlton (1966) en George Best (1968), wat as Europa se beste speler gekroon is.

Vroeër vanjaar was hy maar die tweede speler tot nog toe om vir agtereenvolgende seisoene as Engeland se klubspeler van die jaar aangewys te word.

Spanje is as Europese kampioen gekroon en het drie spelers onder die voorste tien gehad: Torres (derde), Real Madrid se doelwagter en Spanje se kaptein, Iker Casillas (vierde) en Barcelona se middelveldspeler Xavi Hernandez (vyfde).

Ronaldo is die eerste speler van die Engelse Premierliga sedert Michael Owen (2001) om die Goue Bal te wen.

Ronaldo het nou sy oog op Fifa se wêreldspeler van die jaar-toekenning. Dié wenner word op 12 Januarie aangekondig.

Die uitslag van die peiling is:

1. Cristiano Ronaldo (Portugal, Manchester United) 446 punte; 2. Lionel Messi (Argentinië, Barcelona) 281; 3. Fernando Torres (Spanje, Liverpool) 179; 4. Iker Casillas (Spanje, Real Madrid) 133;5. Xavi Hernandez (Spanje, Barcelona) 97; 6. Andrey Archavine (Rusland, Zenit St. Petersburg) 64; 7. David Villa (Spanje, Valencia) 55; 8. Kaka (Brasilië, AC Milan) 31; 9. Zlatan Ibrahimovic (Swede, Inter Milan) 30; 10. Steven Gerrard (Engeland, Liverpool) 28; 11. Marcos Senna (Spanje, Villarreal) 16; 12. Emmanuel Adebayor (Togo, Arsenal) 12; 13. Wayne Rooney (Engeland, Manchester United) 11; 14. Sergio Agüero (Argentinië, Atletico Madrid) 10; 15. Frank Lampard (Engeland, Chelsea) 8; 16. Franck Ribéry (Frankryk, Bayern München) 7; 17. Samuel Eto’o (Kameroen, Barcelona) 6;18. Gianluigi Buffon (Italië, Juventus) 5; 19. Michael Ballack (Duitsland, Chelsea), Cesc Fabregas (Spanje, Arsenal) 4; 21. Didier Drogba (Ivoorkus, Chelsea), Sergio Ramos (Spanje, Real Madrid), Nemanja Vidic (Serwië, Manchester United) 3.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer