Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Gehaltemusiek in kollig
Liefhebbers van gehalte- klassieke en ander musiek kan nader staan. Die eerste van hopelik nog baie musiekkonserte in die Anglikaanse kerk St. Augustine in Louwstraat, Bethlehem, word op Sondag 1 Junie om 11:30 ná afloop van ander kerkdienste in dié kerk gehou. Susan Maré, orrelis van die kerk en organiseerder van die konsert, sê die doel van die konserte is om klassieke en ander goeie musiek te bevorder en veral om aan plaaslike kunstenaars ’n spesiale geleentheid vir optrede te bied. “Musiek kry eers betekenis en substansie as dit met ander mense gedeel word. Oos-Vrystaatse musiekliefhebbers was nog altyd bekend vir hul musiekuitlewing, maar ongelukkig was die owerheid in die nuwe Suid-Afrika die Westerse uitlewing van ’n klassieke musiekkultuur minder goedgesind. Klavieronderrig en klasmusiek het ná 1994 gou uit skole verdwyn en bygedra om musiek in ’n oorlewingskrisis te dompel en só die ryk kultuurlewe wat daar was te verarm. “Bethlehem was dekades lank landwyd bekend vir koor- en massakooruitvoerings onder leiding van die bekende dirigent en musiekopvoedkundige Andries Wassermann. Sy liefde en werk rondom koormusiek het in sy loopbaan as orrelis en onderwysman selfs nasionaal uitgekring en talle oudkoorlede en musiekliefhebbers hunker steeds terug na onvergeetlike oomblikke wat rondom koormusiek beleef is. “Steeds beskik die Oos-Vrystaat oor uitmuntende kunstenaars. Caryn Reed van die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem is in 2007 gekroon as wenner in Sanlam se nasionale klavierkompetisie en sal een van die kunstenaars op die eerste konsert in die Anglikaanse kerk wees. Ander kunstenaars soos Nico Hoogendoorn van Fouriesburg (voormalige dirigent en leier van die Vrystaatse Koperblaasorkes), Marthie Mynhardt van Kestell (klavier), Johan Brink, ook van Kestell (trompet), Wim Wybenga van Clarens (viool), Rolf Busch van Bethlehem (klavier), Angelica Charilaou van Reitz (klavier), Anette Oosthuizen van Bethlehem (sopraan) en vele ander verdien ’n spesiale verhoog vir optrede en sal hopelik deel word van musiekprogramme. “Indien die nodige borgskappe bekom word, kan selfs bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars na Bethlehem gebring word vir konserte. Om iemand soos Zanta Hofmeyr (viool), met Wim Viljoen agter die orrel, op Bethlehem te beleef is dalk nie so vergesog nie.” Die eerste musiekkonsert is op Sondag 1 Junie. Klavierleerlinge van mev. Jenny Reed van die Laerskool Truida Kestell en die Hoërskool Witteberg se kamerkoor onder leiding van Hansie Jordaan sal optree. Die konsert begin om 11:30 na afloop van ander kerkdienste en duur tot ongeveer 12:30. Die kerk bied sitplek vir slegs 120 mense. Kaartjies kos R10 per persoon en is van vandag af by Libri beskikbaar. As gasheer sal die Anglikaanse kerk van 10:30 gratis tee en verversings in die kerksaal bedien. Vir navrae bel Maré by 083-469-1597.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|