Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
'Dubbelvisie' op matriekafskeid
Ses pare tweelinge van die Hoërskool Brebner in Bloemfontein, het saam-saam na hul matriekafskeid by Illanga Estate in Bloemfontein gegaan.
Heino geslaan totdat hy Afrikaans kon praat
Die akteur Heino Schmitt vertolk reeds ’n paar jaar die rol van Altus in 7de Laan. Hy vertel van sy lewe en toekomsplanne.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-31°C

Voorspellings


Ballonne bied ’n fees vir die oog
May 08 2008 01:05:49:800PM  - (SA)  
Jana van der Merwe



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

BETHLEHEM. – Die kleurvolle warmlugballonne het op ’n skouspelagtige wyse vanjaar weer opwinding op die dorp verskaf.

Oud en jonk het vroegoggend en laatmiddag vandeesweek van onder meer stoepe en velde met blink oë na die pragprentjie in die hemelruim getuur.

Die Glow in the dark-demonstrasie Saterdagaand het ’n feestelike atmosfeer geskep en menige kameralens het dié nagtelike fantasie probeer vasvang.

Dr. Clem Harrington, plaaslike organiseerder van die kompetisie en erelid van die Suid-Afrikaanse Warmlugballonvereniging (BAFSA), sê vanjaar se 22ste Suid-Afrikaanse warmlugballon-kampioenskapsbyeenkoms het uitstekend afgeloop. Hy sê die provinsiale departement van toerisme het bevestig dat hulle graag meer by die byeenkoms betrokke wil raak.

“Ons hoop dat as die departement ons help, ons nog meer oorsese vlieëniers hierheen kan bring. Vanjaar was daar 14 lugballonne, ons hoop om in 2009 tot 30 ballonne hier te hê.”

Harrington sê die kompetisie was straf en die puntetelling was baie naby aanmekaar.

Hy sê hulle hoop om volgende jaar meer lugballonne te kan vlieg.

“Die wind was kwaai. Ná die kampioenskapsbyeenkoms het ons bymekaargekom en beplan dat ons in 2009 die kompetisie dieper in Junie wil hou sodat dit kouer is en daar minder wind is.”

Teken in op Volksblad


Vind
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer