Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Fees klaar vuurwarm
Kaartjies vir die Volksblad-kunstefees het gister gevlieg en mense sal moet wikkel om vir produksies te bespreek.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           4-13°C

Voorspellings

Staan saam en wen, sê DIV
May 08 2008 01:05:52:377PM  - (SA)  
Susan Maré



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

In ’n dramatiese wending om die Dihlabeng-munisipaliteit tot beter dienslewering te dwing het die Dihlabeng-inwonersvereniging (DIV) besluit om so gou moontlik ’n dispuut teen die munisipaliteit te verklaar. Belastingbetalers gaan versoek word om binnekort hul eiendomsbelastingeld in ’n spesiale trustrekening in te betaal.

Mnr. Danie Eichstädt, voorsitter van die DIV, sê dit is tot hiertoe en nie verder nie. Die skokkende inligting in die 2006-verslag van die Vrystaatse ouditeur-generaal noodsaak daadwerklike optrede om te probeer voorkom dat sake verder versleg.

“Die skrif is aan die muur omdat die munisipaliteit tegnies bankrot is en finansiële ondersteuningstelsels geen vertroue inboesem dat dit binnekort beter sal gaan nie. Laste oorskry die bates en laat die rooi ligte flikker. Ons gaan hulle versoek om die munisipaliteit se geldkrane toe te draai deur hul eiendomsbelasting eerder in ’n spesiale, wettige trustrekening in te betaal.”

Volgens Eichstädt oorskry die munisipaliteit se laste sy bates met R40 miljoen, terwyl uitgawes die inkomste met bykans R20 miljoen oorskry. Die gemiddelde betaalkoers was op 30 Junie 2007 slegs 42% – minder as die helfte van die verwagte inkomste het gerealiseer. Bohlokong is die grootste sondaar waar ongeveer R2 miljoen per maand nié ingevorder word nie.

Dit blyk verder dat statutêre verpligte beleggingsreserwes jaarliks gebruik word om hierdie tekorte te finansier.

Eichstädt sê uitgawes word beperk deur vakante poste nie te vul nie. As laaste uitweg sal inwoners hiervoor moet opdok met verhoogde tariewe. Die boere is op hul beurt vir die munisipaliteit ’n nuwe melkkoei wat op die horison verskyn.

“Kortom, die munisipaliteit se beheer oor bates is swak en so ook kontrole oor verkope van munisipale eiendom, water en elektrisiteit. Die verpligte interne ouditfunksie is gebrekkig en ondoeltreffend en daar bestaan geen bedrogvoorkomingsplan en/of rekenaarsekuriteit nie. Die rekenkundige stelsel word nie voldoende ondersteun deur goed geliasseerde dokumentêre bewysstelsels nie. Daarby is die tenderproses wederregtelik verwring, word geld onverantwoordelik verkwis en word foute wat uitgewys is in vorige ouditverslae nie reggestel nie. Die munisipaliteit gaan net voort.

“Dit het tyd geword vir die sluimerende belastingbetaler om sy of haar geld te laat praat deur die geldkrane toe te draai. Belastingbetalers wat bereid is om hul eiendomsbelastinggeld in ’n wettige trustrekening in te betaal om só die munisipaliteit tot beter dienslewering te dwing, word versoek om dringend met die DIV in verbinding te tree.

“Dit is noodsaaklik dat hierdie ’n massa-aksie moet wees om die gewenste uitwerking te verkry. Veertien dorpe in Suid-Afrika het reeds met sukses tot hierdie stap oorgegaan.

“Dit is ’n wettige aksie en belastingbetalers word nie aan enige regsoptrede of regskoste blootgestel nie.

“Die DIV gaan ook nie huiwer om strafregtelike klagtes by die polisie in te dien nie indien ons bewus word van enige wetsoortreding van enige amptenaar of raadslid wat verband hou met munisipale sake. Gestaafde inligting deur individue, maatskappye en instellings kan aan mnr. Corrie Craven besorg word. Die inligting sal omsigtig en vertroulik gehanteer word.

“Die DIV se wekroep, soos dié van die Nasionale Belastingbetalers-unie, is: ‘Staan saam, wen saam!’ ”

Bel Eichstädt by 082-336-2353 of Craven by 082-857-7714.

  • Mnr. Sandile Msibi, munisipale bestuurder, het ontvangs van navrae deur Vrystaat aan hom erken. Hy sal volgende week ’n verklaring uitreik vir publikasie in Vrystaat.

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Werksgeleenthede
    Internasionale Lotto
    Versekering Vir Vroue
    Top Afrikaanse Boeke
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer