Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 4-13°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Vroue van Ladybrand stap voor in Vasbyt
LADYBRAND. – Ses vroue van Ladybrand het hul teenstanders in die stof laat byt toe hulle verlede naweek die goue medalje en wisseltrofee van die Kroon-Safari-vasbytstapkompetisie op Kroonstad gewen het. Dié moordende staptog vind oor twee dae en 75 km plaas. Karien van Wyk, Lisinda Ball, Tersia Naudé, Elaine Bothma, Melandie Opperman en Toeksie Viljoen het hul span se naam, Happy Feet, gestand gedoen en erge koue en reën getrotseer om verskeie vroue- en manspanne te klop. Die stappers moes 42 km op die eerste dag en 33 km op die tweede dag van die staptog aflê. “Ons het uitstekend gevaar. ’n Kniebesering het ons amper op die tweede dag gekortwiek, maar ons spangees en deursettingsvermoë was sterk genoeg om ons deur te dra,” sê Van Wyk. “Dit was die grootste uitdaging wat ek nog aangepak het,” sê Bothma, een van die twee beginners in die span. “Om in ’n span te stap wat mekaar so ondersteun en aanmoedig was ’n onvergeetlike ondervinding.” Die Kroon-Safari-vasbyt is een van verskeie nasionale stapkompetisies wat jaarliks plaasvind. Spanne van so ver as Khayelitsha in die Kaap het vanjaar deelgeneem. Ander nasionale Vasbyte is die Dias-vasbyt op Mosselbaai, die Kannaland-vasbyt op Ladysmith, die Peninsula-vasbyt in Kaapstad en die Sardientjie-vasbyt op Port Shepstone. Ongeag hul moeë spiere en voetblase is die Ladybranders van plan om volgende jaar in Februarie aan die Dias-vasbyt op Mosselbaai deel te neem. “Ons sien verseker kans om dié mal perd weer op te saal en wil vroegtydig begin oefen,” sê Van Wyk.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|