Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem -1-13°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Voortrekker hou kunste- en kultuurfees
Die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem se eerste Kunste- en Kultuurfees is van Dinsdag 20 Mei tot Donderdag 22 Mei. Bethlehemiete kan solank die vere regskud vir uitstekende plaaslike talent, asook die beste besoekende kunstenaars op die verhoog. Waarskynlik die hoogtepunt van die week is ’n vollengte-produksie deur die a cappella-groep Navi Redd met die slagspreuk No instruments, no problem! Dié bekende groep jong manne is nou op ’n hoogs suksesvolle toer in die Kaap. Hul vertoning op Woensdag 21 Mei (om 19:00, tensy beurtkrag weer sou opduik – dan word dit 19:30) is ’n moet teen R60 per persoon. Besprekings word by me. Alta Smit gedoen. Bel haar by 058-303-4006 (Voortrekker). Bespreek dadelik om goeie sitplekke te verseker. Kaartjies sal waarskynlik ook by die deure te koop wees. Daar is ook nog kaartjies beskikbaar vir die musiekaand (Dinsdag 20 Mei) en die toneelaand (Donderdag 22 Mei). Eersgenoemde program wissel van sang deur die Witteberg-kamerkoor onder leiding van Hansie Jordaan, Okkie Lotriet se sêrgroep en die Voortrekker-koor onder leiding van Anette Oosthuizen, tot die betowerende viool van Wim Wybenga, klaviersolo’s en ’n besonderse werk vir twee klaviere, gespeel deur Caryn Reed en Danika Jacobs. ’n Optrede deur die TKS-ensemble is altyd iets besonders en dié groep, onder die bekwame leiding van mev. Jenny Reed, tree ook op die geleentheid op. Moet die musiekaand beslis nie misloop nie! Donderdagaand 22 Mei beloof om verskeie verrassings op te lewer: Evan Harrington en sy span tiener-akteurs bring hul stuk Macho Macho, waarmee hulle op 18 Augustus die kompetisie in die ATKV-Tienertoneelfees aandurf, op die planke. ’n Lusmaker-greep uit die musiekblyspel Die Trein na Sewefontein, wat Anette Oosthuizen (musiekregisseur), Cornél Craven (toneelregisseur) en die Voortrekker-koor later vanjaar gaan aanbied, sal ook te sien wees. Kaartjies vir Dinsdag- en Donderdagaand kos slegs R20 vir volwassenes en R10 vir leerlinge. Ondersteun gerus die kunste en verryk jouself!
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|