Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Oudisie lok toptalent
Die Spontaan-oudisie wat verlede week in die Coachman’s Saloon van die Frontier Inn & Casino op Bethlehem plaasgevind het, het ’n rekordgetal van 58 inskrywings opgelewer. Dit is die eerste keer dat soveel kunstenaars hulle vir die oudisie aanmeld om drie kandidate vir onderskeidelik Vrystaat, Maluti en Express Qwaqwa te kies. Mnr. Andy Galloway, hoofbeoordelaar en organiseerder van die kompetisie, sê die standaard was besonder hoog. Wat interessant is van vanjaar se oudisies is dat jong mense wat ’n passie vir opera het ook vir die oudisie gekom het. Een van hulle, ’n veelsydige sangkunstenaar van Phutaditjhaba, Thabang Mphuthi, is die naaswenner vir Vrystaat. Die wenner, Kate Masangane, is van Reitz. Sy is ’n leerling van mev. Rika Zandberg wat al twee wenners vir Spontaan op die Volksblad-kunstefees opgelewer het, onder wie Kate. Sy het intussen in ’n formidabele sanger ontwikkel en staan ’n goeie kans om ver in die kompetisie te kom. Sy het Spontaan in 2004 gewen.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|