Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 4-13°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Ikoniese Ian het Bhm in vervoering
Ian Roberts, wat vandeesweek in die Waenhuisteater op Bethlehem in sy komiese eenmanvertoning Suikerbos: Die kort en roekelose lewe van ’n vastrapkoning te sien was, het die gehoor in vervoering met sy energieke en vaardige spel gehad. Die talentvolle Roberts, wat in die jare tagtig in die reeks Arende te sien was, kan vandag as ikonies beskryf word. Die storielyn van die produksie is losweg gegrond op die lewe van Dawie de Lange en sy makkers, die boeremusiek-rebelle van die jare dertig. De Lange het in die tydperk ’n wilde lewenstyl gehandhaaf met mampoer, meisies en flambojante klere. Bekend as David de Lange, Vastrapkoning van die Witwatersrand, het hy vyf jaar lank die land met sy aardse en vurige boeremusiek aan die brand gespeel. Suikerbossie, Jy is my liefling en Waar is moeder? is maar ’n paar van die liedjies wat De Lange bekend gemaak het en wat Suid-Afrikaners vandag nog saam sing. Die teks is geskryf deur Rian Malan en regie is deur Albert Maritz behartig.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|