Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Hof sê oor diere
BETHLEHEM. – “Ek koester geen wrok teen enigiemand nie, reg en geregtigheid het geskied. Die hele storie is water onder die brug deur – ek kyk nou net vorentoe.” Só sê mnr. Johan Strydom, ’n beroepsjagter en sakeman van Bethlehem, nadat hy op Vrydag 9 Mei onskuldig op die vier aanklagte van dieremishandeling bevind is. Hy is egter skuldig bevind op die vyfde aanklag dat hy lede van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) verhinder het in die uitvoering van hul pligte op die dag wat hulle op nege van Strydom se jaghonde kom beslag lê het. Strydom het ’n boete van R2 000 betaal. Strydom is in 2006 daarvan aangekla dat hy nege van sy sowat 76 jaghonde mishandel het deur hulle onder meer van kos en water te ontsê. “Ek glo dit gaan daaroor dat die DBV my onbevoeg wou verklaar, omdat ek groot katte jag en hy eties daarteen gekant is. My selfbeeld en my onderneming is ontsettend baie skade deur die saak aangedoen. Maar die wiel sal draai teen dié wat die saak teen my aanhangig gemaak het. “Ek glo die hele ding het begin omdat ek Johan Strydom is. Daar is jaloerse individue wat nie ’n ander gun dat die son oor sy kop skyn nie. “Niemand van die DBV of die publiek het in die twee jaar ooit na my toe gekom en gevra om daarna weer na die hokke te gaan kyk nie.” Strydom glo die DBV kon die hele situasie van die begin af met goeie kommunikasie anders gehanteer het. “Almal ken my by dieselfde adres al 25 jaar lank, maar die DBV het soos ’n dief in die nag foto’s van my honde geneem, ’n hofinterdik gekry en my honde kom vat sonder om my een keer te kontak. “Ek is lief vir my diere en het ’n emosionele band met hulle. “Dit was ’n skok die dag toe hulle daar aankom. “Nadat die DBV my honde gevat het, het ek selfs aangebied om elke maand 50 kg se kos te gee, maar hulle het gesê dit sal nie nodig wees nie, maar in elke supermark staan die blikkie vir skenkings,” sê hy. Strydom meen die DBV kon meer opvoedkundig opgetree het. “Hulle kon my riglyne gegee het oor hoe ek kan verbeter en dit twee weke later opgevolg het. “Hulle het, nadat hulle my honde gevat het, nooit weer opgevolg of selfs kom kyk hoe dit met die ander honde gaan nie. “My praktyk is volgens die regering wettig, die DBV kan dit nie kom onwettig uitmaak nie. “Ek is so bly dat ek sedert 1999 al die mediese dokumente en rekeninge van my honde gehou het. “My veearts, dr. Jan Blignaut van Senekal, het in die hof getuig die honde wat die DBV gevat het, was sieklik. Die een het kanker gehad. “Ek is baie dankbaar vir my prokureur mnr. Koos de Beer, Blignaut en die puik landdros wat na die hele situasie as geheel en met insig gekyk het.” De Beer het die hofsaak as hartseer beskryf. “Die hele ervaring, met die gepaardgaande verspilde tyd en geld aan die kant van albei partye, was onaangenaam en onnodig. As die mense net van die begin af gekommunikeer het en die DBV sy huiswerk deeglik gedoen het, kon dit anders gewees het,” sê De Beer. Mev. Mara van Vuuren, voorsitter van die DBV op Bethlehem, meen die uitslag was “ontsettend teleurstellend” en het Strydom se bewering dat hy kos aangebied het, ontken. “Ek weet niks daarvan dat hy kos aangebied het nie. “Ons het baie lief vir die honde geraak en om afskeid te neem was baie moeilik. “Afgesien van die koste was dit vir ons onaangenaam dat die saak so lank geduur het en die honde in hokke moes bly. “Die DBV bly ’n liefdadigheidsorganisasie wat afhanklik is van mense se goedhartigheid. “Ons is baie dankbaar vir die komitee, vrywilligers, die publiek en die personeel vir hul ongelooflike ondersteuning en bydraes oor die tydperk,” sê Van Vuuren.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|