Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Volksdansers hou opskop
Nov 13 2008 01:18:06:550PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die volksdansers van Bethlehem het verlede Saterdag ’n vrolike opskop by die Bergprag-tehuis vir bejaardes gehou. Die Sonskyn-volkspelelaer het inwoners van Bergprag op lekker eetgoed en volkspele en sang uit die boonste rakke getrakteer.

Mnr. Pieter Olivier, voorsitter van die laer, sê dit is vir die laer ’n voorreg om in aftreeoorde, op feeste en kultuurgeleenthede op Bethlehem en omgewing op te tree. Hy vra die inwoners om hul kinders en kleinkinders aan te moedig om volkspele te doen.

Olivier sê dit is veral belangrik dat jong mense van 20 tot 35 jaar betrek word met die oog op die 100-jarige herdenking van volkspele in 2014. Intussen word alle oudvolkspelers wat sedert 1984 enige van die jaarlikse Pellissier-weke bygewoon het, vriendelik versoek om hul telefoon- en adresbesonderhede aan die laers te voorsien. ’n Reünie van die sogenoemde Pellissier-volkspelers word in Maart 2009 gehou.

Die Sonskyn-laer van 26 tot 28 November tydens die Campus Dancing Studion se konsert kort vertonings lewer. Op 15 Desember vanjaar tree die laer op tydens die 100-jarige herdenking van die Senekal-Winburg-geloftefeeskomitee.

Die laer oefen elke Donderdag in die kerksaal van die NG kerk Bethlehem-Wes van 19:00 tot 21:00. Alle oud- en nuwe spelers, asook besoekers, is welkom.

Die laaste oefenaand vir 2008 is op 18 Desember. Die jaareindgeselligheid word op 11 Desember gehou. Alle volkspele-vriende is welkom. Die laer stel ook ’n sterre- en planete-aand in vooruitsig.

In 2009 begin die oefenaande op 8 Januarie.

Vir meer inligting bel 082-823-0572.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer