Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

‘Matrone’ ná 15 j. gegroet
Nov 13 2008 01:17:55:677PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Verpleegbestuurder Elmien Swanepoel, beter bekend as Matrone, is verlede Vrydagoggend deur die personeel van die Hoogland-Medi-Clinic gegroet. Sy was 15 jaar lank in diens van die Hoogland-Medi-Clinic nadat sy in 1994 as die eerste aangestelde personeellid by dié hospitaal begin werk het.

In die buitehof het die vrolike Swanepoel woorde van dank en aansporing aan die personeel gerig waarop menige ’n traan moes afvee. Dit is soos wat elkeen haar sal onthou – ’n liefdevolle, lojale en ondersteunende bestuurder waarna 137 verpleegkundiges kon opsien as ’n rolmodel.

Sy het haar verpleegopleiding in die ou Volkshospitaal (nou die Kaapstad-Medi-Clinic) begin. Daarna het sy haar kraamopleiding by die Addington-hospitaal gedoen en uiteindelik ook verdere kwalifikasies in verpleeg-administrasie- en -onderwys aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) verwerf. Sy het verskeie jare ook by die Dihlabeng-hospitaal op Betlehem gewerk voordat sy haar by die Hoogland-Medi-Clinic aangesluit het.

Hoewel die personeel by die hospitaal haar gaan mis, sien hulle uit daarna dat sy met haar besonderse leierseienskappe en liefde ’n aanwins vir die gemeenskap in die toekoms gaan wees.

Haar woorde is altyd: “Die ?pensioentrekkers het ons nodig”.

Van die personeel wat op die geleentheid was, is Susters Marietjie Venter en Rida Geldenhuys, Swanepoel en Susters Ann Engelbrecht en Susan Möller.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer