Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Man verskyn weer in hof
Nov 13 2008 01:17:38:487PM  - (SA)  
Vicus Bürger



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Mnr. Stiaan du Plessis (26), ’n bekende van Bethlehem, het verlede Vrydag weer in die landdroshof op die dorp op aanklag van handel in, of alternatiewelik besit van, dwelms verskyn.

In ’n ander voorval is mnr. Hein van Rensburg (25), ’n kennis van Du Plessis en voorheen van Bethlehem, onlangs in Bloemfontein weens die besit van dwelms in hegtenis geneem.

Du Plessis se verhoor is tot 3 Desember uitgestel, want die hof wil nog ’n getuie roep. Hy het voor landdros Estrelita von Maltitz verskyn en adv. Celeste Ferris het aangekla.

Du Plessis is einde Januarie op Bethlehem met ’n vloeibare middel, vermoedelik ’n dwelmmiddel wat verwant aan vloeibare ecstasy is, in hegtenis geneem.

Hy is vroeër op borgtog van R3 000 vrygelaat. Van Rensburg, vermoedelik ’n vriend van Du Plessis jr., is op 31 Oktober by ’n salon in Bloemfontein, waar hy ’n haarkapper is, in hegtenis geneem.

Sers. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die Bloemfonteinse honde-eenheid het inligting ontvang oor dwelms wat van Bethlehem na Bloemfontein per koerier vervoer gaan word.

Inspekteurs Lieb Liebenberg en Willie Swanepoel het die plek by die salon waar die pakkie afgelewer sou word, dopgehou. Teen 09:00 het die koerier opgedaag en die pakkie is afgelewer. Van Rensburg is toe in hegtenis geneem en het Dinsdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Mbambo sê hy is op borgtog van R500 vrygelaat en sal weer op 25 November in die hof verskyn. Mbambo sê die middels is na ’n polisie-laboratorium gestuur.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer