Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Raadslede fuif op krediet
Uitgevang. Raadslede van die Nketoana-munisipaliteit wat ’n twee dae lange seminaar by die Inkwe Lodge op Bethlehem bygewoon het, het klaarblyklik met opset meer kamers bespreek as wat beset sou word om só kredietgeld vir drank te bekom. Mnr. Johan Strydom, eienaar, sê net 11 van die 27 mense het van die bespreekte kamers gebruik gemaak. Ongelukkig het hulle hom ’n bietjie gesystap en eers die “transaksie” vir omskakeling met van sy personeel probeer beklink. Eers toe hulle reeds ongeveer R1 617 uitgedrink het, het hy agter die kap van die byl gekom en dit onmiddellik stopgesit. Strydom het daarop aangedring al die drinkers in die kroeg moet strokies onderteken en het hulle duidelik laat verstaan die krediet vir die onbespreekte kamers is ongelukkig sy inkomste. Hy moes mense wegwys, omdat dié kamers deur die Nketoana-munisipaliteit bespreek is. Die krediet kom die Inkwe Lodge toe en nie die werknemers van Nketoana nie. “Ek was verstom om te sien hulle het ook nie ’n hierjy se dranksmaak wanneer dit by brandewyn kom nie. Net die beste brandewyn moes van die rak gehaal word – drank wat die meeste mense nie kan bekostig nie. “Nadat hulle ’n ruk lank gedrink het, het twee vroue daarop aangedring om op die rekenaar te kyk hoeveel krediet hulle nog oor het. Hulle het beweer die kroegman ‘crook’ hulle en dat hulle nie soveel gedrink het soos wat hy beweer nie.” Strydom, wat in die stadium op die drinkery in die kroeg afgekom het, sê hy het vir hulle gesê: “Kyk, ek gaan nie in jul kantore agter jul lessenaars in en gaan kyk op jul rekenaars nie. Hier is ek die baas en ek sê nou die geld van die bespreekte kamers kan nie omgeskakel word in krediet vir drank nie.” Een van die vroulike werknemers van Nketoana het onder meer vir Strydom se vrou, Celia, wat ook by die Inkwe Lodge werk, geskree: “Jy is rubbish. What the f**ck are you doing?” Hierop het Strydom die polisie gebel. Toe die werknemers van Nketoana hoor Strydom bel die polisie, het hulle vinnig spore gemaak sonder om te betaal. Sowat ’n uur en ’n half later het die polisie opgedaag, verklarings geneem en ’n klag van diefstal van drank en korrupsie is aanhangig gemaak. ”Dit is nou politieke mense van die ANC wat só maak: Hulle bespreek meer kamers om geld vir drank te bekom. Só steel hulle ook die belastingbetaler se geld,” sê Strydom. . Mnr. Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, sê dié voorval is kenmerkend van die soort mense wat in diens van Zuma se ANC-regering is. Benewens dat pogings aangewend is om belastingbetalers se geld te steel is dit vreemd dat mense van Nketoana (Lindley, Petrus Steyn, Arlington en Reitz) op Bethlehem moet oorslaap. “Die Nketoana-munisipaliteit kan nie bekostig om geld op sulke luukshede te mors nie. Die DA sal die saak met die polisie en die munisipaliteit opvolg om agter die kap van die byl te kom. “Iemand moet vir ’n slag toegesluit word sodat mense kan leer munisipale hulpbronne is kosbaar. “Politici en amptenare bestuur staats- en munisipale hulpbronne namens die inwoners. Dit behoort ’n groot verantwoordelikheid en voorreg te wees.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|