NSRI en die Overbergse rampdienste het hulle nuwe jaar ingelui deur na twee vermiste tieners op see te soek. Van links: James O' Connell, Danie Steyn, James Storbeck, Ian Alton, Deon Langenhoven, Reinard Geldenhuys en voor: Deon Alberts en Colin Davidowitz.
TOP STORY
Nuwejaarsdrama op see
Vrywilligers van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Hermanus het dwarsdeur die vroeë oggendure van Nuwejaarsdag na twee leerders van Gansbaai gesoek nadat die enjin van hulle rubberbootjie onklaar geraak het tydens 'n sogenaamde kreefduikekspedisie en hulle die diepsee ingedryf het.