Bring die liefdeshitte die winter terug!
Elisa Benson
Dis koud buite, maar in jou hart is dit warm. Hoekom? Natuurlik omdat jy hot date het. Hier is maniere om warm “speserye” by jou verhouding te voeg.
♥Warm – Google ’n resep
Jy kan byvoorbeeld ’n smullekker warm sjokolade?resep van die internet aftrek en dit aanmekaar slaan. Wees kreatief en gooi sommer ’n paar speserye by. Jy sal lag vir wat daar kan uitkom.
♥♥♥Kokend – Gaan dans in die reën
Jou liggaam sal happy-hormone afskei wat jou mood sal lig. Terwyl jy daai heupe swaai en in die poele spartel, sal jy al hoe positiewer oor jouself voel.
♥♥
Hittig – Voorspel jou toekoms
Laat hy eers jou palm lees, en dan lees jy syne. Dit hoef glad nie ernstig te wees nie. Gaan kyk gerus na handanalysis.com om meer geheime oor jou liefdeslewe te ontrafel.
♥Warm – Skep ’n meesterstuk
Julle kan saam ’n meesterstuk aanpak. Trek die kwaste nader en begin verf. Meisies is gek daarna om ouens kreatief aan die verf te sien. Die beste is dat julle dit kan hou.
♥♥
Hittig – ’n Kragstap
Die koue winterlug sal jou goed doen. Moenie net by die huis kom ná skool en dadelik in jou nagklere klim net om daarin te bly nie. Hoe kouer jy daar buite kry, hoe stywer sal hy jou vashou om weer warm te word. Julle mag maar soene in die drafstap uitruil.
♥♥♥Kokend – Gaan kamp kammakastig uit
Julle kan sommer in die televisiekamer uitkamp. Vertel spookstories vir mekaar, braai marshmallows in die kaggel en hou mekaar styf vas. Dit kan baie goedkoper wees as om werklik weg te gaan.
Die artikel is ’n uittreksel uit die April-uitgawe van Seventeen-tydskrif. Dit word deur 8 Ink Media (Edms) Bpk uitgegee.
‘Hot’ Avril
Op jou winter-playlist kan die volgende songs wees:
♥Avril Lavigne se “Hot”
♥Hilary Duff se “Play with Fire”
♥Nellie Furtado se “Hot in Here”
♥ ’n Bietjie stats: 64 % van alle ouens wil eerder saam met hul meisies in die huis bly as buite wees.
♥ SMS “Hot” na 0 39970 en kry Avril se song op jou foon.
Help ‘Seventeen’ en wen
Dis herfs en ’n goeie rede om jouself te bederf met a Red Earth Beauty-geskenkpak ter waarde van R2 000.
As jy die wenner wil wees, luister hier:
Seventeen wil graag hê jy moet hulle van jou gunstelingpizzaplek in jou stad of dorp vertel. Hulle soek name, plekke en die naam van die beste pizza wat jy al geëet het.
Verder kan jy vertel van al die weird koskombinasies wat jy al ingewurg en saamgeflans het.
Stem ook vir jou gunstelingfliekoomblikke:
Die beste chick-fliek?
Die beste rolprentsoen?
Die beste chemistry in ’n fliek?
Jou gunstelingmusical?
E-pos jou antwoorde na carmen@seventeen.co.za.
|