Sugababes in die kollig
Clarissa Grobler
 Die groep was bloedjonk toe hulle begin musiek maak het, van die lede het deur die jare geskommel (met Keisha die enigste oorspronklike lid tussen die huidge drie saam met Amelle en Heidi), daar was al allerhande rumours, maar steeds staan die Sugababes sterk.
Die groep het al menige hits gehad. Dink maar aan Overload, Round Round, Ugly, About You Now . . .
Jy sal nie sommer maklik iemand raakloop wat nog nie van die groep gehoor het nie.
Catfights and Spotlights is die groep se nuwe, sesde album en het steeds daardie Sugababes-aansteeklikheid wat die groep so gewild maak.
Met natuurlik ’n bietjie ekstra om die album nie ’n kloon van die meisies se vorige musiek te maak nie.
Plus: ’n Lekker showbiz-gevoel op party snitte gee dit ’n lekker vibe om jou regtig aan die dans te kry.
Die album is groovy en veral Girls, Side Chick en You On A Good Day staan uit.
Dan is daar ook ’n cool akoestiese weergawe van About You Now op die album.
Beslis ene vir die fans.
En nog ene vir die versameling.
Die Sugababes het ’n wenformule wat ná ses albums nog nie afgewater het nie.
|