Search SA Web  
Welkom terug, Bond

In Quantum of Solace begin die verhaal net na Casino Royale.

’n Hartseer James Bond (Daniel Craig) probeer uitpluis wat die dood van sy geliefde Vesper Lynd (vertolk deur Eva Green in Casino Royale) veroorsaak het en wie hom verloën het.

Sy soektog lei hom na Dominic Greene (Mathieu Amalric), die hoof van ’n organisasie genaamd Quantum wat in die geheim probeer beheer kry oor van die ontwikkelende wêreld se waardevolste natuurlike hulpbronne.

Bond probeer Quantum keer, maar sy baas, M (Judi Dench), vrees dié spesiale agent is buite beheer.

Bond ontdek hy kan niemand vertrou nie – en dat Quantum se invloed wyd strek en hy nou vyande in die CIA en Britse regering het.

Bond vind ’n bondgenoot in die geheimsinnige Camille (Olga Kurylenko) – wat ook ’n missie van haar eie het . . . ) Quantum of Solace begin Woensdag in teaters draai.

Meer oor Gemma

Nog ’n nuwe Bond babe, Gemma Arterton, is te sien as agent Strawberry Fields (ja, jy het reg gelees) in Quantum of Solace.

Sy is in 1986 in Gravesend, Kent, Engeland, gebore – met ses vingers aan elke hand. (Die ekstra vingers is kort ná haar geboorte verwyder.)

Daniel Craig is egter nie al aantreklike man teenoor wie Gemma ’n rol vertolk het nie – sy is ook te sien teenoor Jake Gyllenhaal in Prince of Persia: The Sands of Time. – imdb.com, wikipedia