Dis lekker mal Oppikoppi
Paul Marais
Een plaas, vier dae, 2 500 mense, genoeg talent op stage om ’n leeftyd te hou en party, party, party tot jy omval. Die Not quite Easter Oppikoppi is een van die musiekfeeste waar mense van oor die hele land kom om hulself te verloor en ’n fantastiese tyd te hê. Rondstrompel en val en ou liedjies se woorde met ’n slurrrr uitspreek, is volop.
’n Paar feesgangers is nader gehark:
Richardt Skhosona sê die natuurlike prag van Oppikoppi-plaas en om saam met vriende te kuier, is hoekom hy al agt keer by Oppikoppi was. “Hierdie is die enigste plek waar jy vir drie volle dae dit kan geniet om net jouself te wees,” sê hy.
Sy vriend Werner Hardwood gebruik Oppikoppi as verskoning om uit die stad en fast pace-leefstyl te ontsnap. “Dis baie lekker in die bos saam met my vriende. Dis ’n plek om te chill en ’n goeie wegbreek uit die stad, waar jy kan ontspan en na great Suid- Afrikaanse bands kan luister.” “Jy hoef vir vier dae nie te bad nie. Hoe meer jy stink, hoe meer manly is dit,” sê Jacques Malan.
Warren Frost, wat al tien jaar lank in Engeland woon, sê hy onthou Oppikoppi as ’n goeie musiekfees en hy het spesiaal van die land sonder baie son gekom om hier te kom baljaar. “Ek werk vir ’n rehearsal studio en Oppikoppi is een van daardie geleenthede waar jy deel voel van iets groters” sê hy.
Heel filosofies sê Melani Rossouw: “Die lewe gaan oor hoendervleis-experiences en die ’Koppi is ’n vier-dae-hoendervleis-experience.”
Boerboona en sy groep vriende die Crazy Mutters sê: “Daar is ’n goeie vibe vir mal mense soos ons, so ons voel vreeslik tuis daar.”
|