Search SA Web  
New Holland gaan rock op Die Sterrefees

Net ’n paar weke is oor voordat Die Sterrefees begin.

Dié fees vind van 28 tot 30 November by Karnmelkspruit, Lady Grey, plaas en gaan saam met lekker musiek allerhande interessanthede hê soos onder meer kuns- en kostalletjies, abseiling en paintball. Boonop is ’n hele paar Vrystaatse bands hier te hoor, soos onder meer InAsense, BeFallen en Aspris. Aspris gaan ook hul EP op die fees bekend stel.

Nog op die fees te sien, is die gewilde New Holland. Dié Stellenbosse rockers se debuut-album, 01, is onlangs uitgereik.

Kyk ook uit vir The Magic of Pegasus, ’n electro dance band van Kaapstad wat op die fees te hoor is.

Belangstellendes wat nog op die fees wil optree, kan Marnus Strydom by 079-506-5798 bel. Besoek ook die fees se groep op Facebook. Soek met die soekwoord “Die Sterrefees”.

  • Kaartjiepryse vir Die Sterrefees is soos volg:
  • Naweektoegang: R165 (by Computicket) en R190 (by die hekke). Kinders jonger as 16 jaar: R80 (by Computicket) en R100 (by die hekke).
  • Kinders jonger as 10 jaar: Gratis vir die hele naweek.


  •