Search SA Web  
Kragdraad-energie
Paul Marais



Die Kempton Parkse rock-punk band, HiKaToRi, het met vanjaar se Oppikoppi-musiekfees die stage op die laaste dag met ’n rocking stage performance in hul matching T-shirts “verwoes”.

Die vyfstuk-band HiKaToRi het in 2005 die lig gesien. Hulle is tans besig om die jeug van die land se harte te steel met hul great elektriese energie-performance, positiewe lirieke en obsessie met hulle sound.

Sien HiKaToRi live vir die stage en gigs. “Die meeste musikante lewe vir live performances, want ’n band klim op stage om jou musiek vir mense te display. Dit kom natuurlik vir ons en daar is niks ter wêreld wat kan beskryf hoe great dit is as iemand na ons toe kom en sê dat ons hul dag gemaak het nie,” sê dié band sonder dat iemand uitgesonder word.

Vir hulle is die belangrikste element van live speel dat jy dit met gemak doen en vir mense wys jy geniet dit. “Hulle sal dan volg.”

“Musiek ’n proses. Elke lid bring sy eie styl van musiek, gooi dit in ’n blender, wys mekaar wat werk en dan kry ’n mens die sound van HiKaToRi.”

“Ons skryf oor die lewe soos gesien deur ons oë en probeer ’n positiewe boodskap oordra aan mense wat na ons luister. Ons werk met konsepte van bands waarna ons luister en dan werk ons daarop tot dit HiKaToRi klink,” sê die band.

Baie laat nagte, ekstra werk en geen sosiale lewe behalwe gigs, is wat HiKaToRi op MK laat feature en Battle For Woodstock in 2006 laat wen het. Hulle voeg by: “Deursettingsvermoë is essential om in dié industrie met sy vele talentvolle kunstenaars te kompeteer. “Mense het ’n groot wanpersepsie van wat dit beteken om in ’n band te speel. Soms kry jy daai houe wat jou terugsit en laat voel dat jy niks regkry nie, maar jy byt vas tot dit weer goed gaan.”