| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
09/04/2008 13:18 - (SA)
Fliekvlooi: Debbie doen 2008 (19/03/08) Alida van der Westhuizen
In 1965 het Elmo de Witt ‘n roman van Tryna du Toit, Groen Koring, verfilm. Dit het gehandel oor twee studente wat “oor die tou trap” -- ‘n uitdrukking wat deesdae selde gebruik word, maar wat jare gelede dikwels agter die bak hand gefluister is wanneer daar na ongetroude seksueel aktiewe jong mense verwys is. Dié buite-egtelike plesiertjie het helaas ingrypende gevolge vir die twee verliefdes, veral vir die 18-jarige Debbie wat swanger word en ná bittere trane en wroeging die baba laat aanneem. Die arme plaasmeisie is heeltemal uitgelewer aan die ergste vooroordele. Haar ouers wil niks met haar te doen hê nie en haar kêrel se ouers stel voor dat sy ‘n aborsie ondergaan, iets wat destyds verbode was in Suid-Afrika. Sy sou dus landuit moes gaan daarvoor, of ‘n agterstraatse praktisyn opspoor. Tussen die verwerping en die dwangbuis deur besluit sy op aanneming. En die trane vloei. Dié fliek, Debbie, is terstond deur die sedebewakers van daardie tyd verbied omdat dit as “te gewaag” beskou is en “’n slegte invloed op die jeug sou hê”. Terugskouend klink dit vandag ongelooflik: dit was tog immers die sestigerjare, die tyd van hippies en vrye liefde - maar dit was Suid-Afrika hierdie en die bewindhebbers het die kom en gaan, die swart en wit, die kunste én al die sondes van die burgers (selfs dié sonder stemreg) onder streng beheer gehou. Ná ‘n yslike polemiek in die koerante en vertoë vanuit kunskringe is die fliek tog deurgelaat, maar met ‘n ouderdomsperk van 21 - wat beteken het dat Susanne van Oudtshoorn, wat die naamrol vertolk het, te jonk was om daarna te gaan kyk. In skrille kontras hiermee staan Juno, wat dié week hier begin draai het. Die sestienjarige Juno is ‘n vrye gees wat haar nie laat afsit deur enige iets of iemand nie. Sy is swanger, maar haar pragmatiese geaardheid lei haar om te doen wat sy as reg beskou vir haar en haar omstandighede. Sy kies téén aborsie, sy kies die ouers wat sy vir haar kind wil hê, sy bly in beheer van haar eie lewe. Nie eers die jong pa, ‘n skoolmaat, se formidabele ma kan haar stuit nie of intimideer nie. Hoewel haar ouers sou verkies het dat sy eerder geskors was of aan dwelms verslaaf geraak het, aanvaar hulle haar toestand. Sy gaan steeds skool toe, al steier sy onder die grote eiermaag. Sy bly vriende met die pa, én sy leer wat liefde beteken. Dit is ‘n bemagtigde jong vrou hierdie. Gaan kyk, en word geïnspireer. Los maar die tissues by die huis, die lagtrane kan jy sommer met die rugkant van jou hand afvee. Gaan dan huis toe en sê ‘n dankie-gebedjie op dat 1965 verby is.
|
|||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|