| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
18/03/2008 18:19 - (SA)
Blog: My liewe land (19/03/08)
ANC of Z.A.R - alkant selfkant
“My liewe land is weer besig om ’n baie vreemde plek te word om in te woon,” skryf ek verlede week aan my vriendin, Y, ’n mede-teatermaker en vredesaktivis in Israel. ”Hoe gaan dit met jou? Maak jy nog teater? En hoe gaan dit met die vredesbeweging?” “Ja ek maak nog teater,” skryf sy terug. “En ek is nog betrokke by die politiek, maar om in hierdie dae ’n vredesbeweging aan die gang te probeer hou, maak nie meer regtig sin nie.”
Ek het lanklaas nuus gekyk, maar hoef net ’n paar minute lank na CNN oor te skakel om te sien dat dit weer rof gaan in Israel en omstreke. Vir my as buitestaander is die gebeure wat op die TV skerm afspeel onlogies, onverstaanbaar en ontstellend. Maar nog meer ontstellend is die wanhoop agter Y se woorde “Maar om in hierdie omstandighede ’n vredesbeweging aan die gang te probeer hou, maak nie meer regtig sin nie.” Natuurlik is haar wanhoop verstaanbaar. In die afgelope paar jaar versleg dinge in die Midde-Ooste amper daagliks. Die onverdraagsaamheid raak al hoe erger en die prys wat gewone mense vir politieke vergrype moet betaal word al hoe groter. Oslo is ’n vae herinnering. Die “padkaart na vrede” so te sê vergete. Ek het haar jammer gekry. Want om sulke wanhoop oor jou eie land te voel is verskriklik. Elke denkende Suid-Afrikaner het sekerlik al op een of ander stadium in hulle lewe so oor ons land gevoel. Die afgelope paar maande se kragonderbrekings en politieke woelinge het mens maar net weer laat besef, Bernoldus Niemand was reg, ons woon inderdaad in ’n vreemde plek. Ek is besig om ’n boek oor prostitusie, alkohol en die werkersklas in Johannesburg te lees. Die skrywer gebruik woorde soos “proletariaat” en “petty bourgoisie”. Woorde wat ek laas in die 1980’s gehoor het, toe dit gebruik is deur mense wat gerekte, tuisgebreide rooi truie gedra het en handgerolde (tabak-) sigarette gerook het. Hulle oë het geblink soos dié van wedergeborenes en hulle was 110% oortuig dat hulle reg was. In oomblikke van swakheid het hulle met simpatie na die res van ons gekyk wat nog nie die lig gesien het nie. Om hulle linkergewrigte kon hulle net sowel rooi bandjies gedra het met die letters “W.W.K.M.D?” (“What would Karl Marx do?”) Dus is dit hoogs waarskynlik dat die onironiese gebruik van woorde soos “proletariaat” en “petty bourgoisie” in ’n boek my sal laat ophou lees. Maar ’n paar weke gelede het ek hierdie einste woorde in ’n boek teëgekom en nie ophou lees nie. Daar was twee redes hiervoor. Die eerste was dat ek alleen laat op ’n Donderdagaand in Bloemfontein was. Die tweede was dat die skrywer Charles van Onselen was. ’n Man wat ’n storie kan vertel soos wat Oom Schalk Lourens kan. Onderhoudend. Dis waar die ooreenkoms eindig, want anders as Oom Schalk glo van Onselen dat feite koning is. Stelling word, van alle kante belig, bevestig, beredeneer en geboekstaaf. Sonder om ooit vervelig te raak. En hoe verder jy lees aan “New Babylon, New Nineveh” , hoe meer wonder jy; “Wat de donner is verkeerd met ons Suid-Afrikaners?” Dele van die boek klink of dit in die Suid-Afrika van 2008 afspeel. Die gemak waarmee die lede van die Z.A.R.P (die polisie van die Zuid-Afrikaanse Republiek) omgekoop kon word deur kriminele. Die manier waarop die verskoning van “slegte salarisse” voorgehou word vir hierdie korrupsie. Die teenwoordigheid van internasionale misdaadsindikate. Voeg daarby ’n hoofspeurder wat afgedank word weens korrupsie en op aandrang van die Staatspresident heraangestel word. Dan praat ons nie eers van ’n Johannesburg oorstroom deur onwettige immigrante en aanklaers wat ongemaklike dossiere laat verdwyn het nie. Die tronke was oorvol en beheer deur bendes, openbare vervoer was pateties, die paaie was vrot, die strate was onveilig na donker, huisbraak ’n alledaagsheid en die “cabbies” (destydse taxibestuurders) was berug vir hulle ongeskiktheid en “furious driving.” Maar daar is ook ander vorme van bestuur wat dieselfde klink. Die verhoudings tussen politici soos Paul Kruger en sakemanne soos Sammy Marks gebaseer op wedersydse bevoordeling klink gevaarlik baie soos bewerings uit gister se koerant.
As ek Frans kon praat kon ek seker sug en “Plus ca change, plus ce la meme chose” sê. As ek kitaar kon speel, sou ek seker saam met The Who “Meet the new boss. Same as the old boss” kon sing. Maar ek kan nie een van die twee doen nie. Daarom doen ek maar wat mense in hierdie deel van die wêreld nog altyd doen sedert hulle uitgevind het Jan van Riebeeck is ’n skelm; hou maar ons kop laag en hoop vir die beste. Want diep in ons harte weet ons. Gewone Suid-Afrikaners het nog altyd meer ruggraat as hulle politici gehad. (Harry Kalmer se blog, My Liewe Land, sal voortaan elke Woensdag verskyn)
|
||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|