News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Tinarie gooi balle in die lug
Sy is gebore om op die verhoog te wees, meen Tinarie van Wyk Loots wat tans in kykNET se Transito te sien is.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 4 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
    Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  25°C
Kpstd  14°C  18°C
Dbn  13°C  25°C
Jhb  7°C  25°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

25/03/2008 14:16  - (SA)  
Spoorlangs na die KKNK
Andries Vrey    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Verwante Berigte
  • Daar's pêre in Oudtshoorn
  • Video: In sy KKNK in!

  • Die Fees

    Vrydag 29 Februarie

    Dis (genadiglik) my laaste dag by die fees en al wat nou tussen my en my geliefde Gauteng lê is 'n byna 18-uur-lange treinrit. Waar ek gewoonlik erg opsien na die rit huistoe na afloop van 'n reis, moet ek erken dat ek nogal opgewonde is om vanaand weer op die trein te wees. Ek's miskien stapelgek maar daar is iets romanties aan 'n treinrit (selfs in Suid Afrika) - net jammer dat ek dit op eie houtjie moet geniet!

    Ewenwel, my indrukke van vanjaar se fees.

    Die kunste is gelukkig om tweede viool hier te speel - op heelwat ander feeste is dit dikwels geheel afwesig. Wat meer kommer is die middelmatigheid waaraan Afrikaanse toneel 'n stadige dood sterf. Dis werklik jammer dat gehalte nie die maatstaf is nie - en juis om hierdie rede moet niemand aan my probeer verkoop dat "gehalte" gaan ly onder pogings om die feeste te transformeer nie. Gehalte was nog nooit 'n issue op ons feeste nie.

    Hier is produksies, met gedugte, bekende kunstenaars op die verhoog wat met min moeite deur laerskool-toneelgroepe geëwenaar sal kan word.

    Wat die feesgangers betref: die gedrag was vanjaar werklik soveel beter. Minder dronkenskap, minder verstokte siele. Selfs die plaaslike sekswerkers sê daar is vanjaar minder spandeer by hulle "kasregisters".

    So, tot volgende jaar (hoewel ek myself belowe het dis die laaste keer, weet ek ook dat jy nie sommer kan wegbly as die fees-gogga eers gebyt het nie), wanneer ons dalk weer so maak!

    Groete

    NS. As die geskud op die trein dit toelaat stuur ek vanaand so laaste - ek hoop ek kry toestemming om met die treindrywer te gesels.

    Donderdag 28 Februarie

    As die hemp jou pas...'n Mielie-gooiery op KKNK

    Die vonke spat weer op Oudtshoorn rondom die kop van die t-hemp baas, Mnr. Shane Sam, maar hierdie keer is dit nie die omstrede slagspreuke op sy t-hemde wat die tonge los het nie.

    Die Krit-feeskoerant het vanoggend berig dat die werknemers (meestal tieners) in Sam se drie Gooi Mielies-stalletjies ongelukkig is oor die swak betaling wat hul ontvang vir die werkdae van tot 16 uur. Daarbenewens voer die werknemers ook aan dat hulle slegs sowat R 120 per dag ontvang, en dat hulle bykans geen ruskans gegun word.

    Volgens die berig het 'n ontstoke ouer (wat verkies om anoniem te bly) die koerant gekontak. Die ouer het die koerant ook ingelig dat Sam die studente energie-doepas (o.a. inspuitings) injaag sodat hul die pas kan volhou.

    In 'n onderhoud met Rapport ontken Shane Sam dié bewerings ten sterkste. Volgens hom is die klaagster een van 'n groep deeltydse werknemers wat in die pad gesteek is a.g.v. hul swak prestasie. Hy voer verder aan dat, benewens die R 120 per dag, hy ook bonusse betaal na gelang van die werkers se prestasie. Om alles te kroon, sê hy, het hy spesiaal twee kokke van Gauteng gebring om daagliks drie etes aan sy sowat 45 werkers te gee.

    "Hoeveel ander stalletjiehouers doen dieselfde", vra hy.

    Oor die vitamien-aanvullings is Sam ontstoke.

    "Hierdie vitamiene word op 'n vrywillige-basis aan die werkers gebied. Die apteek langs Pick n Pay (in Oudtshoorn) doen dit vir my - dit kos die kinders nie 'n sent nie. Hulle kan self kies of hulle 'n inspuiting of 'n tablet wil hê, en as hulle niks wil vat nie is dit ook reg."

    Volgens Sam word Gooi Mielies dikwels onregverdig aanspreeklik gehou vir onvanpaste t-hemde op feeste omdat hulle stalletjies so sigbaar is.

    "Maar daar is baie erger t-hemde op hierdie fees beskikbaar as wat jy in my stalletjie sal kry."

    Rapport het ondersoek ingestel, na beide Gooi Mielies-produkte, asook die van ander verkopers. Hoewel die meeste t-hemde wat te koop is ooreenstem met die handelsware in Gooi Mielies-stalletjies, is feesgangers dit eens dat die mees gewaagde t-hemp te sien is in die stalletjie van Laugh it Off - dieselfde groep wat twee jaar gelede in 'n regsgeding met SABMiller gewikkel was.

    Die betrokke t-hemp sinspeel op die logo van 'n bekende privaat posdiens, maar 'n kru-woord vervang die naam daarvan.

    Volgens die persoon aan diens by die stalletjie het nog niemand by hulle gekla oor die hemp nie, maar is dit ook nie hul topverkoper nie.

    In 'n verrassende aankondiging het Sam bekend gemaak dat Gooi Mielies voortaan ook 'n Christelike t-hempreeks te koop sal bied, hoewel dit onder 'n ander handelsnaam bemark sal word. Volgens Shane Sam is hyself 'n toegewyde Christen en, hoewel dié nuwe reeks ander mag verbaas is dit bloot die uitlewing van sy waardes.

    Kyk gerus na hierdie video-greep en besluit self of die t-hemde op die fees jou goedkeuring kry.

    Dis darem ook nie net drama nie! Rapport het 'n klompie feesgangers genader om hulle indrukke van die kosaanbod op vanjaar se fees te kry.

    Woensdag 26 Maart 2008

    So baie en tog so min! Dis 'n raak beskrywing van die fees vandag. Terwyl daar heelwat rondom my aan die gang is (soos verwag kan word - dis immers die KKNK), gebeur daar werklik min waaroor 'n mens "huistoe wil skryf".

    Die grootste nuus van die dag was dat die Binnelanders-akteur en Eish-man, Neels van Jaarsveld, in die vroeë-oggendure vir dronkbestuur in hegtenis geneem is, nadat hy blykbaar oor 'n rooi verkeerslig gery het. Van Jaarsveld (wat nie vanjaar op die verhoog te sien is nie) het hom vandag skaars gehou, en wou nie met die media praat nie. Ek het darem vanaand agtergekom dat ons in dieselfde plek tuisgaan, so, hopelik het ek teen môre meer nuus!

    Ek woon ook môre-oggend en middag besprekings rondom transformasie by en sal terugvoer gee. Brett Pyper, die nuwe bestuurder van die fees, het reeds aangedui dat sy nuwe besem die transformasie-stof wat steeds rondwaai as prioriteit beskou, en die gesprekke behoort dus insiggewend te wees.

    Die volgende is my indrukke van Steve Hofmeyr se Waarmaker-konsert wat ek gister bygewoon het.

    Steve Hofmeyr het niks om voor verskoning te vra nie - nie vir die publiek nie, en verál nie vir die media nie. Só sê sy aanhangers, byna uit een mond, na die Pampoen-sanger se laaste vertoning by vanjaar se KKNK.
    In 'n volgepakte ABSA-plein het Hofmeyr sy gehoor trakteer op dit waarvoor hulle gekom het: sy liedjies (so handvol) en dan sy opruiende uitlatings, wat by tye herinner aan die politieke vergaderings van ouds.

    Hoewel Hofmeyr in die verlede aangevoer het dat hy sy voete nie weer by die kunstefees sal sit nie, was sy bewonderaars duidelik verlig dat hul held intussen van plan verander het. Buite die venue het groepies mense reeds meer as 'n uur voor die vertoning by die deur saamgedrom. En, met die aanbreek van die optrede was dit duidelik dat Steve steeds bo-aan die gewildheidsleer is.

    Soos gewoonlik was dit 'n foutlose optrede (die sang). Hofmeyr is bekend vir die hoë gehalte van sy vertonings en dit was duidelik dat die produksiewaardes hemelhoog is. Sy vertoning was, in kontras met wat normaalweg op 'n fees te sien is, veral uitmuntend op tegniese vlak. Geen moeite is ontsien om die klank en beligting in lyn te bring met die kaartjiesprys van R 120 (heelwat meer as die gemiddelde feesprys), en die produksiespan het grootliks daarin geslaag om aan die gehoor 'n skouspel te bied - en uit die reaksie van die gehoor is dit duidelik dat hulle niks minder van Steve verwag nie.

    Waar die aand skeefgeloop het, is met Steve se uitlatings, asook die vraag-en-antwoord-sessie wat deel van die "vertoning" vorm.

    Hofmeyr is duidelik lus vir die politiek en, ofskoon hy noem dat sy humeur te kort is daarvoor, bly die indruk dat hy homself in die toekoms in die politieke-arena gaan bevind. En sou hy dié stap neem, was dit duidelik dat sy aanhangers soos een man sal volg - soos hulle reeds dekades lank na musiekwinkels stroom om sy CD's op te raap. Wat pla is dat sommige uitlatings ongewenste reaksie van sy gehoor uitlok: Steve sing nou maar eenmaal vir 'n gehoor wat reeds erg negatief (lees ontevrede) is met die huidige politieke bestel, en dus geen aansporing nodig het om sy uitlatings in rassistiese grepe te vertaal nie.

    Veral sy gevoel jeens die beskerming van Afrikaans, Afrikaanse plekname, en gedenkwaardighede het ondeurdagte (maar steeds ongewenste) reaksies van gehoorlede rondom my uitgelok.

    Ook in die vraag-en-antwoord-sessie het Hofmeyr se uitlatings dikwels óf die politieke óf sy vele kinders (en die onlangse berigte omtrent sy verhouding met Janine van de Vyfer) aangeraak. Sy stelling dat sy vele kinders sy bydrae was tot blanke-aanwas, terwyl die res van "ons" 7de Laan gekyk het, spreek immers van swak smaak - ongeag hoe die gehoor lyk, en waartoe hulle redeneringsvermoë hul in staat stel. Ook die media het sleg onder sy tong deurgeloop - en dít terwyl hy aanvoer dat hy nie vir 'n "taal" baklei nie, maar vir die taal se "hoër fakulteite", waaronder die media.

    In geheel, 'n pluimpie dus vir een van die min vertonings wat ek tot dusver bygewoon het waar die gehoor gewis waarde vir geld gekry het. My probleem is bloot dat die gehoor híér dalk meer gekry het as waarvoor hulle betaal het (of wat goed is vir hulle) - en te meet aan die reaksie rondom my is dit 'n gevaarlike dinge om aan hierdie mense te bied.

    Hier 'n paar van die vrae wat tydens die vraag-en-antwoord-sessie aan Steve gestel is, asook sy antwoord daarop:

    V: In watter gastehuis slaap jy vanaand? (komende van 'n blonde dame in die gehoor) A: Duidelik kry julle nie koerante daar waar jy bly nie!

    V: Op 'n vraag omtrent sy vleisbraai (in 2007) saam met Jacob Zuma? A: Ek hou nie van sy beleid nie, maar hy's die enigste ou wat die afgelope twee maande vir my SMSe gestuur het. Hy sê hy verstaan waardeur ek gaan.

    V: Of hy jammer is oor sy buite-egtelike verhouding wat op die lappe gekom het? A: Ja, maar ek voel dat ek te min jammer sê vir die mens wat dit die meeste verdien. Daar is ook net twee soorte ouens: die met wie dit al gebeur het ('n buite-egtelike verhouding) en dié met wie dit nog nie gebeur het nie. En dis ook laasgenoemde wat die meeste oor my te sê het, terwyl hulle nie weet waarvan hulle praat nie.

    V: (Van nog 'n dame) Steve, ek wil graag 'n drukkie hê. Maar nét 'n drukkie, nie jou kind nie! A: Jy onderskat my. Met my is dit al wat dit vat!

    Dinsdag 25 Maart 2008

    Indien jy nog twyfel in Steve Hofmeyr se gewildheid, dink wéér! Die gewilde Pampoen-sanger het gister (Dinsdag 25 Maart) aanhangers gaande gehad toe hy by die Boekeloer-venue 'n draai gemaak het om sy boek, Jêmbekseep, te onderteken.

    'n Vurige aanhanger (geklee in 'n pienk t-hemp met die woorde: "Gesoek: Trouman" was duidelik opgewonde oor die vooruitsig om haar held in lewende lywe te sien. Toe Steve sy opwagting maak, was sy ook voor in die ry om haar boek, t-hemp en linkerarm te laat teken. Tot haar telleurstelling moes sy egter sien hoe Steve 'n hartjie op 'n ander feesganger se boek teken - terwyl dié gebaar haar blykbaar nie beskore was nie. Sy het haarself later as Steve se grootste bewonderaar beskryf.

    Rapport was daar om die petalje vas te vang.

    Later die aand het Steve sy aanhangers op hul voete gehad by die laaste vertoning van sy Waarmaker-konsert.

    Dis warm en besig in Oudtshoorn! En , soos altyd, is daar baie te sien en doen. Hier is 'n video-greep van die aktiwiteite op die feesterrein.

    Die Treinrit

    Maandag 24 Maart 2008

    Die laaste keer wat ek trein gery het was op die modeltreintjie by die Fonteinedal in Pretoria - ek dink ek was sewe. Om die waarheid te sê, dié sin moes eerder begin het as: die laaste keer wat ek in Suid Afrika trein gery het... Ons ry mos nie hier trein nie - maar ons gryp die geleentheid aan in Europa, Amerika en ander wêreldstede, want hier is dit nie veilig nie, en dis nie skoon nie.

    Of die modeltreintjie by die fonteinedal steeds loop weet ek nie, maar dat ek beslis weer in Suid Afrika sal trein ry is verseker!

    Of ek weer sal probeer om 'n treinrit, so in die ry, aanlyn te dokumenteer is egter te betwyfel - het jy al probeer om video en klank, laat staan nog tik, so in die skud aan te pak? Ek's skoon dronk, en ek was nog nie eers by die kroeg nie.

    In elk geval: selfs al wil jy nie 'n trein aandurf nie, doen jouself die moeite en besoek Johannesburg-stasie. Dat die Gautengse regering se planne om die middestad op te knap werk is duidelik hier sigbaar. Hierdie stasie is heelwat vriendeliker as O.R. Tambo Internasionale lughawe - en bygesê, ek het steeds al my bagasie by my. Dit was, sover, die hoogtepunt van die reis.

    Daarbenewens is treinry seker die beste wyse waarop integrasie in die samelewing aangehelp kan word - ek wens die Reitz-lummels kan gedwing word om 'n treinrit te onderneem. Hier ry almal saam, almal eet saam, en almal kuier saam. Op die perron in Johannesburg het Godfrey Mashega en sy mede-reisigers doodluiters hulle middagete, bestaande uit polonie en vrugtesap, geëet op 'n bankie langs Louis en Mathilde van Jaarsveld van Naboomspruit - dié het besluit op meer tradisionele botterbroodjies, gekookte eiers en tamatie.

    EK word nou, danksy 'n rekenaar-battery wat die gees wil gee, gedwing om vir eers te groet: daar is hoeka vanaand om nege 'n dans in die eetwa, en ek wil nog gaan spit en polish (miskien selfs my trein-tuxedo uithaal) voor ek die geskoffel aandurf!

    Hou gerus die webblad dop oor die volgende klompie dae. Daar gaan nog baie wees om te vertel en wys!

    Hieronder 'n paar video-grepe van die treinrit. Dis beslis aan te beveel - indien jy meer inligting verlang, kyk gerus na www.jbtours.co.za!


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    trein rit, 29/03/2008, OLIVIA NIEMANDT
    die trein was 4 uure laat en toe nog baie vuil! kunste wees was great maar ons het truge gevlieg!
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
        Stem
    Is die "afskaffing" van beurtkrag te goed om waar te wees?
    Ja
    Nee
    Eskom is nie te vertrou nie

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo