| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 4 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
26/03/2008 14:01 - (SA)
Blog: My liewe land (26/03/08)
Outopsie van 'n vriendskap (Parodie) Vir die eerste keer in 'n lang tyd is jy in my gedagtes. Vandat ek eergister jou nuwe boek opgetel het. Al jou bundels in een band. Byeengebring deur jou literêre eksekuteur. Jy sou trots gewees het. 'n Pragtige omslag met een van Hentie van der Merwe se uniformfoto?s. Ek het gewonder of ek nie 'n kopie vir jou peetdogter moet koop nie, maar ook besef dat haar Afrikaans heel moontlik nie goed genoeg was om jou stories te waardeer nie. (Sy word 21 vanjaar as ek nou reg tel.) Ek het na 'n storie geblaai waarin ek 'n hoofrol speel en dit weer probeer lees. Na 'n bladsy het ek opgehou. Dit was nogal vervelig. Nie naastenby so lekker soos die aand waaroor jy skryf nie. Dit wat vir ander mense net 'n gewone aand se jol was, was vir jou stof vir 'n storie. Party mense was gevly. Ander nie. Dis 'n boere "Jim goes to Joburg" het iemand gespot, met die lees van die eerste weergawe. Jy het bleek geword en by die deur uitgestorm. Iets wat ons nog baie oor die volgende 13 of wat jare sou beleef.
Jy was die eerste Afrikaanse skrywer wat ek leer ken het. Jou boeke was nog net drome maar jy het al 'n hele lêer vol knap, voltooide stories gehad en het al in "Vlieg", "The Bloody Horse" en "Tydskrif vir Letterkunde" gepubliseer. Nogtans was dit nie einde van ons vriendskap nie. Ek onthou jare van etes, verjaarsdae, lang kuiers, die oor en weer lees van stories, entoesiastiese poskaarte van oorsee af en die uitruil van boeke. Maar iewers langs die pad het jou ouer vriende jou al hoe minder begin geniet en verstaan. As dit nie vir S. was nie, sou my en jou paaie heel moontlik nog vroeër geskei het. Dalk was dit omdat julle 'n sterreteken gedeel het dat sy meer verdraagsaam was. Dalk was dit omdat sy min belang gestel het in die Afrikaanse Letterkunde en die klein wêreldjie waaroor jy so graag geskinder het. Julle kon lang gesprekke voer. Toe H. van die perd afgeval het en dood is, het S geluister. As dinge nogmaals verkeerd geloop het in jou versplinterde liefdeslewe was dit soms haar skouer waarop gehuil is. Dit was sy wat my saamgeneem het na jou al-groterwordende verjaardontbytte vol beroemde en belangrike mense.Dit was in haar ateljee wat jy die laaste keer vir Neil Goedhals gesien het voordat hy van La Contessa gespring het en jou van materiaal vir nog 'n nuwe kortverhaal verskaf het. Dit was sy wat langs my gesit het op die klipharde houtbankie in die klipkrematorium in Braamfontein. Sy wat geweet het hoe dit met wyle A gaan terwyl hy nog gelewe het. Want lank voor jou dood, het ek en jy mekaar plegtig afgesweer oor 'n bottel sjampanje. (Soet Grand Mousseuax met 'n geel Checkers prysetiket.) Die goedkoop sjampanje was 'n halfhartige poging tot ironie van jou kant af. Ons het gelag. Maar ons altwee het geweet; Koos Prinsloo en Harry Kalmer se vriendskap was verby. Ek het nie probeer om sake reg te stel toe jy siek word nie. Ek het jou weliswaar nog 'n paar maal gesien maar nooit weer met jou gesels nie. Die laaste maal wat ek jou gesien het, was op 'n roltrap. Jy was oppad af en ek oppad op. Ons was minder as 'n armlengte van mekaar af. Naby genoeg om myself 'n melkerigheid oor jou oë te verbeel. Nogtans het nie een van ons, ons hande uitgesteek nie. Net beleef geknik.Ek het nie omgedraai en jou agterna gekyk nie. En jy sou beslis ook nie. Dit was 'n perfekte slot gelaai met kitsch en melancholiese simboliek. Indien jy langer geleef het, sou jy dalk 'n storie daarvan kon gemaak het.
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|