| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
26/03/2008 16:07 - (SA)
Fliekvlooi: Kyk nou net vir Unbearable Lightness se Tomas!
In 1989 het ek my twee tienerdogters by ‘n vertoning van The Unbearable Lightness Of Being ingesmokkel omdat ek gedink het dis die heel beste prent wat ek in my ganse lewe gesien het. (En ek was oortuig dat die lyflikheid daarin net goed kan wees vir ‘n jong verstand, maar dis nou weer ‘n ander storie vir ‘n ander dag.) Ek dink steeds dit is een die beste flieks wat ek van weet. Deel van die aantrekkingskrag vir my is daardie kyk van Tomas, die man wat so sukkel om getrou te bly aan sy Tereza (ook voortreflik vertolk deur die nimlike Juliette Binoche). Geen wonder dat al daardie ander vroue-karakters in die fliek soos was in sy teenwoordigheid smelt nie... Dit was Daniel Day-Lewis. Hy het soveel lewe (en lyf) aan Milan Kundera se onvergeetlike karakter gegee, want hy is net een van daardie akteurs wat enige rol optimaal professioneel benader. So sien ons hom later totaal gestroop van die sexy persona van Tomas in My Left Foot as die ernstig gestremde Christy Brown - ‘n rol waarvoor hy sy eerste welverdiende Oscar sou losslaan. In die bedryf staan Day-Lewis bekend as ‘n akteur wat niks terughou wanneer hy vir ‘n rol voorberei nie. Só het hy byvoorbeeld geleer Tsjeggies praat vir The Unbearable Lightness Of Being, sy spiere opgepomp vir The Last Of The Mohicans, uitgeteer van maerte geraak vir In The Name Of The Father, geleer plankhuise bou vir The Crucible, en homself opgelei het as slagter vir die bloedige Gangs Of New York. Dis dié dat ek ‘n paar dae vol verwagting regskuif in die fliekstoel om There Will Be Blood te besigtig. En sjoe, wat ‘n ervaring! Daniel Day-Lewis oortref hom só in dié fliek, dat ek hom seker nooit weer as ‘n seks-objek sal kan beskou nie. Wat aan die een kant jammer is, want op my jare hou ‘n vrou daarvan om nog bietjie lambene te kry vir ‘n mooi man -- maar sowaar, Day-Lewis het my op ‘n vreemde manier heel van my voete af ge-act as die nare Daniel Plainview: olieman by uitstek, ‘n hartelose man met ‘n gekwetsde ego, wraaksugtig en wreed - ook teenoor dié wat mens gehoop het hy voor sal omgee. Wat die fliek ook verder aangrypend maak is die historiese inhoud. Om te sien hoe die oliemanne in Amerika in die beginjare ge-wheel en ge-deal het om hul dollar-empires te bou laat mens met nuwe oë kyk na die stygende olieprys waaronder ons tans so erg gebuk gaan. Olie was van die begin af geen gewone kommoditeit nie. Geen wonder dit so verpolitiseer is, en dat die olieryke lande ‘n dolk teen die ganse mensdom se kele hou nie. Dit het my ook weer laat wonder: wat van Sasol en die beloftes wat brandstof-uit-steenkool vir ons ingehou het? O ja, maar dan onthou ek weer: steenkool kan ook opraak. Soos elektrisiteit, vars water, skoon lug, vrugbare grond, mense se geduld en goeie onderlinge gesindhede. Laat ons bewaar wat ons nog oorhet. En hoewel jy daarna dalk 'n stywe dop sal nodig hê, gaan sien dié fliek gerus.
|
||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|