| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
02/04/2008 10:50 - (SA)
My Liewe Land: Ons eerste besoek aan die buiteland
('n Rollcall van herinneringe) Onthou jy nog; Die sonsondergange wat jou laat vergeet het waar jy was? Die swart palmbome teen die rooi horison? Die briewe huistoe? Die briewe van die huis af? Die girlfriend wat jou gelos het? Die brief wat jy stukkend gelees het?Die klank van die sand in die koevert? Die Swapo roof in sy tiger suit op sy fiets in die middel van die groot sjona oppad huistoe vir sy eerste naweekpas? Die ou AK vasgeklem in die drarak van sy fiets? Die kortdienskorporaal se besluit om hom nie te skiet nie? Die verligting op die Swapo roof se gesig toe hy dit besef? Die comms na Oshakati; "Wat maak mens met 'n Swapo roof in 'n tiger suit op sy bicycle oppad huistoe vir sy eerste naweekpas"? Die tjopper wat die Swapo roof kom haal het? Die Nadine Gordimer boek in die VTB biblioteek op Oshakati? Die dwelm van jou keuse - boeke, dagga, drank of (as jy 'n medic was) morfien? Die week of twee wat David Kramer se "Hak Hom Blokkies" nommer een op Radio Owambo se hit parade was? Die seiner op Oshivello wat homself aspris met 'n handgranaat opgeblaas het en wie se lyksdele 'n dag lank agter op 'n buffel voor die HK gelê het? Die DP luitenant wat die woord guerilla bo die woord terroris verkies het? Die uitgebrande Ratels in Tsumeb? Die sersant wat nie kon ophou praat oor die ouens wat in daardie Ratels doodgebrand het nie? Fosfor - het hy gesê - Fosfor - sonder ophou.
Dieselfde kasset maande lank in die kassetspeler voor jou bed - Paul Simon se "One trick pony"? Die musiek in die kroeg - Jo Jo Zep & The Falcons, UB 40 en Phil Collins? (I can feel it in the air tonight.)? 'n Digter in die tronk? Die digter se kommandantbroer wat eenkeer die menasie met sy rangtekens onderstebo ingestap het? Die geluid van stampblokke in die middel van die nag? Die Sondagmiddag-poker in die seingat wat onderbreek is toe 'n klomp onervare kampers vlak anderkant die kaplyn vodde geskiet is? Oshakati wat hulle nie kon hoor nie en julle wat die boodskappe deur moes gee? Die gesmeek oor die radio, Stuur los vlerke,stuur los vlerke, stuur los vlerke? Ten minste tien van daardie boodskappe? Stuur los vlerke, stuur los vlerke? Die woedende woorde; "Los maar dis te laat."?
RPG 7 bomme in die lug afgevuur uit frustrasie en verveling? 'n Midderdag toe die termometer voor die medic se rondawel 48C◦ gelees het? Die brunch in die HK en Mattie die sjef se vuil voete in plakkies? Die bokse Bullbrand Steaks uit Krugersdorp in die HK se instapyskas wat deur die PF's huistoe gedra is? Die rooigesig Engelse RSM wat Afrikapatroonhemde gedra het en geweier het om Brink pas te gee toe sy vrou besig was om hom te verneuk? Die recce sersant wat van jou verjaarsdagbraai af weg geglip om iemand gou te gaan doodskiet? (En terug was voor die laaste vleis gaar was.) Die vriendskappe wat op geen ander plek sou onstaan het nie? Die drie liedjies wat al die kitaarspelers in die SAW gespeel het, Locomotive Breath, Where do you go to my lovely en Billy Joel se Piano Man? Die laatmiddagdraf van die basis na die groot pad? Die gemak waarmee die enkele R1 tussen die vyf of ses hardlopers in die hardloop roteer is? 'n Dodelik-gesinchroniseerde aflosspan? Die vrouens met kaal borste wat water skep? Andrews se fluistergrappie; "Absence make the blacks grow blonder."? Die majoor wat doodgeskok is deur die generator? Sy sesjarige dogtertjie in sy arm? Die vlug op die Flossie saam met die majoor se lyk? ('n Onverwagte en welkom besoek aan die States.)
Die slegte malariapille wat niemand gedrink het nie? Jou kapasiteit van agtien biere op 'n aand? Jou drankmisbruik wat jy jare lank as 'n stokperdjie afgemaak het? Onthou jy jou hangover op uitklaaroggend?
Gebruik ook gerus die kommentaar-fasiliteit om herinneringe aan jou tyd op die grens, of jy dienspligdae, met ons te deel!
|
||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|