News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
    Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  6°C  24°C
Kpstd  14°C  16°C
Dbn  16°C  27°C
Jhb  6°C  21°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

09/04/2008 13:38  - (SA)  
My Liewe Land: Op ’n voorstoep in Afrika
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Verwante Berigte
  • My Liewe Land (02/04/08)
  • Blog: My liewe land (26/03/08)
  • Blog: My liewe land (19/03/08)



  • ’n Haan het gekraai.

    Hy het in die vroegoggendlig lê en wag vir die tweede en die derde kraai. Maar al wat hy gehoor het, was die skril geroep van hadidas. Die lawaaierige voëls wat elke jaar al hoe meer word in sy voorstad. Net soos die kwêvoëls, die slaggate in die strate en die stukkende verkeersligte. Dit was nog te vroeg om op te staan. Hy het deur die oop gordyne lê en kyk hoe die dag breek. Die hadidas het nog twee maal geroep.

    “Raai hoekom gil hulle so?” het sy vriend Japie op Paassondag gevra toe daar twee hadidas in die helder blou lug bo sy huis skree.

    “Hoogtevrees,” het Japie sy eie vraag beantwoord toe niemand anders iets sê nie.

    Die res van die mense aan die tafel het gelag.

    Dit was een van daardie dae wat elke maal wat jy dit ervaar jou asem wegslaan. Maak nie saak hoeveel maal jy dit al belewe het nie. Die tipe dag wat jou huistoe laat verlang, as jy dit onthou, maak nie saak of jy in Florence, New York of die hemel self is nie.

    Die lug was diep en blou en sonder wolke. Die son was helder en die grasperk blou-groen van die goeie reëns. Maar in die skaduwee en aan die windjie wat elke nou en dan halfhartig geroer het, kon jy voel winter was oppad..

    Die tafel op Japie se huis se groot opstalagtige voorstoep was vol mense en halfleë bottels. Party van die mense het wit wyn gedrink. Die ander rooi.

    Op die stoeptrappe het tieners, twintigers en laerskoolkinders sit en paaseiers eet.

    Die meeste van die paaseiereters het voor die mense by die lang tafel groot geword.

    Die meeste huwelike en verhoudings aan die tafel het reeds die tweedekade-merk verbygesteek. Die gaste is gemaklik in mekaar se geselskap. Niemand het meer nodig om die ander aan die tafel te beïndruk nie. Hulle ken mekaar meestal deur hulle kinders. Party van die kindervriendskappe het opgedroog maar die ouers bly steeds vriende.

    Party van hulle maak genoeg geld om ’n klein Afrikastaat aan die gang te hou. (Dit is nou as jy staat se Staatspresident se salaris en die verdedigingsbegroting uitsluit.) Ander weet nie hoe hulle die volgende maand se rekeninge gaan betaal nie.

    Party van hulle se voorsate het saam met Jan van Riebeeck arriveer. Ander is in die buiteland gebore. Adolf Hitler was sommige van hulle ouers se reisagent.

    In die oorlogsjare het party se pa’s in Italië en in die Noord-Afrika gaan veg. Ander pa’s was Ossewabrandwag.

    Amper almal van hulle huur mense om hulle klere te stryk, hulle huise skoon te maak en om hulle skottelgoed te was.

    In die dienspligjare was party van die mans op die grens en ander in 1 Mil. se psigiatriese saal. Sommiges het geweier om diensplig te doen en die prys daarvoor betaal.

    Hulle almal is gatvol vir Eskom.

    Party is al (meer as een keer) met ’n vuurwapen teen die kop uit hulle luukse motors geboender. Ander het al wakker geword met indringers in hulle huis. Sommiges was nog nooit nader as ’n koerantberig aan ernstige misdaad nie.

    Hulle is almal lesers en lees almal Suid-Afrikaanse boeke en kan lang argumente voer of Zakes Mda ’n goeie skrywers is of nie. Iemand sal vra of dit waar is dat Marita van der Vyver besig is om ’n nuwe boek oor Provence te skryf.

    Hulle luister graag na goeie Suid-Afrikaanse musiek.

    Hulle is professors en laerskoolonderwysers. Regsgeleerdes en amper-werkloses. Kleremakers en navorsers. Kunstenaars en korporatiewes wat na wêreldstede pendel. Hulle beskuldig mekaar maklik van rassisme of politieke korrektheid.

    Party is teleurgesteld oor die korrupsie wat hoogty vier. Ander haal hulle skouers op en vra; “Nou wat het julle dan verwag? ”

    Lateraan sal hulle almal huistoe gaan en in die bed lê en hulleself heel moontlik bekommer oor die petrolprys, die rentekoerse en misdaad.

    Maar op hierdie hemelse Paassondag-middag is dit alles vergete. En met die amper-warm son op hulle kaal arms en omring deur vriende, kinders en goeie musiek, weet hulle dat hulle nêrens ander wil wees nie. Dat dit hier is waar hulle hoort. Op ’n voorstoep in Afrika met ’n uitsig op ’n pers bougainvillea teen ’n witgeverfde baksteenmuur.

    En ’n grasperk waarop twee hadidas stywe been na wurms pik.


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    my liewe land: op die agterste stoep in Nederland, 13/04/2008, andri nieuwoudt
    Ek sit nou maar hier op die agterstoep in my alleenigheid en luister na die geklets vanuit die voorstoep. Die Hadida roep hoor ek nie, maar lees ek wel van. Hier, ge-emigreert, ver van die hoogste geboue en so aan is die letters en nie die geluid van die Hadida wel nog sigbaar. Toe ek nog ook op die voorstoep in Kaapstad gesit het, ook maar ge-emigreert -maar toe sonder dat ek my tas gepak het-, was die geraas van die Hadida by my en voor my en om my en moes ek vlug voordat dit in my kom sit het. byna soos die paddatjie in die voordurend verhitte water wat nie wou gaar raak nie, spring ek toe maar uit. Met 'n herkenning aan myself- en diegene om my- : ek hoort nie meer hier nie. Dit wat van die Hadida geword het wil ek nie meer deel van wees nie. Ek oef nie sy geluide te vertaal nie. Ek sien dit elke keer anderswordend as ek weer "huis"toe gaan. So verander dat mens wonder of jy oor 'n paar jaar nog wil gaan luister na die geluid wat alhoemeer onduidelik en moeilik verduidelikbaar word. Wag daar 'n brug waaroor jy later moet gaan, waar jy gedwing sal word om te herken: hier hoort ek nie meer tuis nie. Hierdie norme van menswees (beurt krag onder brekings, kapings, 'n president wat Mugabe vergoeilik, en noem maar op, dis daar)) is nie vir my nie: hou op oor die Hadida lees. Jy wil hom nie meer hoor nie. Dan maar liewers in Nederland sit. Na jou taal se oorsprong luister en die tweede beste aanvaar. Dis tog byna dieselfde waaraan jy gewoond was voor jou eerste emigrasie. as jy goed luister hoor jy tog klanke van die Hadida wat jy wil hoor. Al is die lig nie altyd helder blou nie, is daar darem altyd gewaarborgde krag.
    Blog, 10/04/2008, Nelmarie
    Ek raak nou stadigaan gewoond daaraan om Woensdae te kom loer na wat jy skryf. Verlede week het die "skynbare gemak" waarmee jy gruwel-dinge weergee my nogal geruk - ek wonder hoeveel gewonde siele loop daar buite rond a.g.v. n oorlog wat nooit moes wees nie. Vandeesweek pla jy so effe: ja, dis ook waar ek wil bly, maar hoekom mag ek nie negatief wees oor my land nie. Hoekom mag ek nie magteloos voel (soms lus om pad te gee) oor misdaad en beurtkrag en ander dinge nie. Omdat ek lief is vir SA beteken nie dat ek blind is, en nie ook vir myself n beter lewe elder kan soek nie. In elk geval. Ek geniet jou blogs vreeslik. Dit geen my weekliks moed wanneer die week begin lank raak.
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
        Stem
    Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
    Ja
    Nee

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo