| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
09/04/2008 14:16 - (SA)
Hollikaans: Nóú wys Nederland haar ware kleure!
Die afgelope weke in Nederland was sonnig, wit van sneeu en bakke vol reën. Die weer hier is so onvoorspelbaar soos die Zimbabwe verkiesings. Ons algemene reël hier is: As jy nie van die weer hou nie, wag vyf minute! By Amsterdam Centraal stap jy van die trein af, en alles lyk so bietjie Pleasantville. Mense op fietsies, tulpies orals en poskaart-agtige kanale. Stoele buite (selfs by 5 grade) en duisende mense in die strate. Dit is ’n vakansie stad. Goed genoeg vir ’n wittebrood! ‘n Jaar en ’n half terug, en met die gedagte dat Nederland die groter sussie van Suid-Afrika is, het ek die onbekende aangedurf en hier kom bly. Of “woon” soos die Nederlanders sal sê. Hoe moeilik kan die taal nou wees? Hoe vreemd die kultuur? En hoe koud die winter? Ek het vinnig agtergekom dat Nederland vir ’n Suid-Afrikaner eintlik hemels is: die taal is amper dieselfde (met bietjie ’n platte “a” uitspraak), die mense het ’n sekere soort simpatie met ons, en die wisselkoers is gunstig. So het ek al geleer om probleme “aan te vlieg”, te sê dat ek nog nie daarvan “kaas geëet het nie” (geen ervaring), en om my “poot styf te hou” by vergaderings (by jou standpunt te bly). Tram lyn 1 ry voor my deur verby. Altyd oppad na, of weg van Amsterdam Centraal. Elke dag ry ek die tram werk toe en terug. Elke dag sit ek langs vreemde mense, of staan vasgedruk teen ’n bekende oggend-spits lyf. Die trein is nie veel anders nie, en Utrecht Centraal sien elke dag duisende bekendes, vreemdes, buitelanders, kinders en eensames. Dit is nogal ’n verandering om so tussen mense te leef. Johannesburg is eintlik ’n afgeslote gemeenskap met gevormde groepe. Dus was die aanpassing vir my nogal groot. So het ek al ’n 16-jarige meisie op ’n trein gesien, wat ’n halwe bottel Amaretto uitgedrink het in ’n halfuur rit. Agter haar ’n sit ’n 30-jarige met rooi-gehuilde oë, weggesteek agter ’n dik serp en hoed. So eet ek elke dag ’n “broodje kaas”, drink ’n halwe liter melk, en gaan die oorlog teen burokrasie aan. Vir elke kleine dingetjie is daar ’n vorm. Vir elke verandering ’n vergunning. En vir elke probleem, ’n komitee. Aan die een kant hou dit die land georganiseerd, en (ook miskien aan dieselfde kant) hou dit alle mense in lyn! Volgens die huidige reëls is dit heel waarskynlik dat ek ’n Nederlandse paspoort sal hê voordat ek in Amsterdam mag parkeer. Maar só Pleasantville is dit ook nie hier nie. Geert Wilders maak groot internasionale nuus met sy anti-Islam film- ek kyk maar bietjie rond vir verdagte pakkies in die tram... Integrasie is die gonswoord van die dag, en rassisme is algemeen. Vryheid van spraak word ver gevoer, en almal weet dat dagga en prostitusie wettig is hier. Sonder om verder te vergelyk, is dit ’n goeie land. In eie reg. Hier gebeur nie veel nie, en die joernaliste het hulle hande vol om die koerante vol te kry met noemenswaardige nuus. Ons het in Suid-Afrika bietjie van die kultuur ge-erf, die taal self aangepas, en gasvryheid vervolmaak. Die Nederlanders smag na ’n Suid-Afrikaanse braai by my huis, mis die sonskyn en gaan selfs saam op vakansie na Kaapstad. Ek kyk hier by die venster uit – op ’n straat wat jy kan vergelyk (t.o.v. verkeersdruk) met Witkoppen of Hans Strydom – en dink: Die tyd het Sondag ’n uur vorentoe geskuif, en nou is dit somer in Nederland. Nou laat sy haar ware kleure sien.
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|