| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
16/04/2008 13:54 - (SA)
De Blog-sem In
Die gemor oor die werwing van buitelandse rugbyspelers wat ‘n paar rand in Suid-Afrika kom verdien, sal nie in ons leeftyd verdwyn nie - tensy, natuurlik, die rand só bedroewend raak dat nie eens die mees avontuurlustige buitelander sy heil meer hier wil kom beproef nie. Twee argumente word hieroor aangevoer. Die eerste lui dat enige buitelander wat ‘n SA streekspan verteenwoordig, sy plek ten koste van ‘n Suid-Afrikaner verdien en derhalwe die poel Springbok-spelers dramaties gaan verklein as die situasie nie vasgevat word nie. Die teenargument lui dat die buitelander ‘n bietjie kundigheid bring wat gevolglik die gehalte van jong Suid-Afrikaners kan verbeter. Dis moeilik om enige van dié argumente voor die voet af te lag. Drie buitelanders is tans in Super-14-rugby vir SA streke in aksie: die Haan-losskakel Fred Michalak by die Sharks en die Stormers se Fidjiaanse vleuel, Sireli Naqelevuki en oud-All Black-losskakel, Tony Brown. Dis ook die twee streke wat vanjaar loshande die beste in dié toernooi vaar, hoewel jy moeilik sou kon redeneer dat dit as gevolg van die buitelanders is. Enersyds is daar dalk goeie SA spelers wat kanse ontbeer, maar as enigiemand wil redeneer dat hier tans vyf Suid-Afrikaanse losskakels van Super-14-gehalte in ons land iewers rondwandel, sou ek - en veral die Springbok-keurders - graag dié spelers se name wou hê. Feit is dat ervaring in ons land yl word soos die roepstem van die pond en die euro harder word. Wie kan spelers soos Butch James of Willem de Waal of Marius Goosen werklik blameer as hulle in hul laat-twintigerjare ‘n pensioen wil gaan verdien met wat hulle goed doen? Jy kan jaarliks só ‘n uittog verwag en daar is werklik niks aan te doen nie. Natuurlik kan jy spelers met Bok-kontrakte hier hou, maar daar is net sóveel plekke in ‘n Springbok-span en dit bring mee dat ‘n ou hand soos De Waal sy kennis tans met jong Franse deel. Wie gaan dit dan met ons jong spelers doen? Geldrugby is maar nog in sy kinderskoene, maar jy kan net na ander beroepsporte kyk om ‘n paar dinge af te lei. In krieket kon ons in die 90’s sien hoedat ‘n geslag skitterende naatboulers in Durban grootgeword het en hul gelyke as kolwers in die Kaap. Dit was nie toevallig nie: die Wes-Indiese baasbouler Malcolm Marshall het die Piesangboere kom help in die skemer van sy loopbaan en sy gewese spanmaat die kolflegende Desmond Haynes het sy kennis aan Jacques Kallis en Herschelle Gibbs kom oordra. Die ryk lande vat nou maar een maal by die arm lande. Londen is nie net vol SA rugbyspelers nie, dit wemel ook van SA dokters en jy sal verbaas wees hoeveel uitsmyters jou in die West End vriendelik in Afrikaans groet - hulle is daar om presies dieselfde redes. Ander sporte eweneens: en dit het vir albei lande gevolge op sowel toets- as streeksvlak. Engeland se Premier-sokkerliga is nou die beste in die wêreld, moet selfs ‘n geswore volgeling van die Spaanse weergawe - soos die uwe - op die oomblik erken. Die pond is sterk en die klubs is ryk: Engelse klubs vul drie van die vier plekke in die halfeindronde van die Kampioene-toernooi en dis omdat hulle weekliks moet speel teen klubs met genoeg geld om mededingende spelers te koop. Maar drie klubs in die kontinentale klubkompetisie se laaste vier is ook maar skraal troos as jou nasionale sokkerspan lyk soos dié van Engeland. Dié het nie eens die Europese Beker-toernooi later vanjaar gehaal nie, onder andere omdat daar deesdae so min Engelse op die topvlak in Engeland speel en daar in sekere posisies - selfs doelwagter, tradisioneel ‘n Engelse sterkpunt! - amper niks is om te kies sonder jou hart in jou keel nie. Basketbal is selfs meer Amerikaans as wat sokker Engels is en ons wat nie eintlik dié sport volg nie, aanvaar seker maar almal dat Amerika steeds die toonaangewende basketbal-moondheid is. Maar dié sport se internasionale groei het die Yanks begin inhaal: daar is oorgenoeg Amerikaners soos Lebron James en Kobe Bryant om te kies, maar die hongerder spelers van Oos-Europa en elders slaan die kitaar. Die kampioen, San Antonio Spurs, het ‘n oorgrote meerderheid oorsese spelers en die jaar se Waardevolste Speler was ‘n Duitser, Dirk Nowitzki. Die Amerikaners is bang vir die Olimpiese toernooi in Beijing ná ‘n brons in Athene, waar hulle teen Puerto Rico, Italië en Argentinië verloor het. ‘n Loesing twee jaar gelede teen Griekeland was egter hul laagtepunt. Selfs al wen die Yanks goud in China, lui die klok klaar vir sy oorheersing van die sport. Nes Engelse sokker, maak die sukses van sy basketbalklubs dat sy nasionale span in die hek duik. Oorsese spelers kom leer by die sport se moederland, sit hul eie spin op die bal en eensklaps is die Engelse sokkerspan en Amerikaanse basketbal-span hopeloos verouder in hul benadering, met min kans om die situasie te beredder. Dié twee voorbeelde - en daar is hope - laat jou dink dat ‘n man eerder moet hokaai oor buitelanders in jou sport, maar dis nie so eenvoudig nie. Nou ja, Michalak vat losskakel in die Sharks-span, waar twee moontlike Bok-losskakels van die toekoms, Ruan Pienaar en Frans Steyn, ook speel. Maar die statistiek bedreig: Pienaar wil werklik eerder skrumskakel speel en sukkel waarskynlik juis tans met vorm omdat hy soveel rondgeskuif is in Groen en Goud. Steyn is waarskynlik nog te wispelturig om voltyds in die nommer tien-trui te kan speel en die konsensus is dat ‘n seisoen of twee op binnesenter of heelagter hom in elk geval op die lang duur ‘n beter losskakel kan maak. Brown is eerder in die Kaap as losskakel-afrigter as wat hy hier is om te speel en met ‘n toekomstige Bok-kandidaat soos Peter Grant wat nog ‘n paar dinge moet leer, is dit moeilik om hieroor te kla. Die Fidjiaan se posisie is meer problematies, want daar is trosse goeie vleuels in die Kaap. Maar sy twee drieë teen die Cheetahs was asemrowende pogings en jy sou kon redeneer dat nét ‘n Fidjiaan daai besondere mengsel van krag, vernuf en oënskynlike ongeërgdheid in sy mondering het. Dit het Nuweland se kollektiewe tone laat krul en dis seker, vir eers, genoeg. Ons kyk tog hopelik sport eerstens vir die lekker, met patriotiese borsslanery ‘n entjie af op ons lys prioriteite, of hoe? Want dat ons eendag op ons knieë sal gaan vir enige buitelander wat eerder hiernatoe sal kom vir die sports as Europa toe vir die geld. Die klubs in Frankryk en Engeland gaan net ryker raak en Suid-Afrika en Nieu-Seeland sal hul winkel wees. Nes Brasilië en Argentinië dit vir die Europese sokkerklubs is. Dit sal waarskynlik binne ‘n dekade ewe onmoontlik wees om Springbok- of All Black-spanne te kies sonder oorsee-gebaseerde spelers as wat dit tans vir Brasili ë en Argentinië in sokker is. Hul nasionale spanne oorheers, maar hul klubs is nie ‘n skadu van wat dit maar ‘n enkele dekade terug was nie. Dis, helaas, ons voorland ook, tensy ‘n globale ramp beteken dat niemand meer nêrens gaan nie. Vergeet van twalap-die-bos politici wat in die parlement gal braak en vergeet van die klomp kleinlike rugbymafia’s wat mekaar om elke hoek en draai bedonner ter wille van self-bevordering. Europa se geld-eenhede en groeiende TV-gehoor vir rugby is die grootste probleem waarmee ons te kampe het. Daar is werklik min sin daarin om te stry oor drie buitelanders tussen 150 SA Super-14-spelers. Ons sal eersdaags dalk maar alte bly wees enigiets ouer as 25 wil nog hier speel.
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|