| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
16/04/2008 07:28 - (SA)
Hollikaans: Ek kan nie tou daaraan vasknoop nie!
Om bietjie by die naam van die blog te hou, Hollikaans (met dank aan my vriende in Utrecht!), skryf ek hierdie week oor die taal. Die soete taal... As ‘n gretige leerder van die Nederlandse taal, het ek nou agter die kap van die byl gekom met betrekking tot die probleem tussen Afrikaans en Nederlands: Jy dínk jy verstaan. In my begindae in Nederland het ek baie vir mense gesê: ek verstaan jou nie, en was telkens verbaas om dieselfde sin weer te hore te kry, maar dié keer harder. Na ‘n paar verleë oomblikke, en ‘n aanstaardery uit ‘n ander wêreld, het ek besef dat “verstaan” dieselfde as ons “hoor” beteken. Nou gebruik ek liewer “ek begryp jou nie”, met so ‘n mooie ik aan die begin! My Nederlandse vriende en kollegas moet dink dat ek al die vreeslikste dinge oorgekom het in Amsterdam. Ek is al amper deur ‘n fiets of tram omgery (ok, meer as een keer), ek verpas amper elke dag die trein, en ek was amper dood met ‘n vreemde garnale-insident. Dit is seker nie so skrikwekkend nie, behalwe vir die feit dat “amper” in Nederlands beteken dat dit wél het gebeur! Dus ‘n student kan sê, ek het amper deurgekom, en dit het ‘n punt van 51% tot gevolg. Nogal ‘n verskil. In Utrecht (en eintlik in elke stad) is van die wonderlikste “kringloopwinkels”. Min of meer soos ‘n tweedehandse winkel, behalwe dat mense goed kom aflaai en nie geld daarvoor kry nie. Ek is deur ‘n goeie vriend voorgestel aan die nuwe wêreld, en het vandag die “Groot Spreekwoordenboek” vir 3 euro gekoop. Om die taal, die werkwoorde, die verbuigings en die “slang” te verstaan is een ding.. maar die spreekwoorde, verseker ‘n ander. Hoewel ek vandag by die werk daarvan oortuig is deur my kollegas dat die boek heel oud is, wil ek tog ‘n paar goeies hier opskryf: (losweg vertaal) Wie ‘n dikke boud het, moet ‘n wye broek dra ’n Kat in ‘n stegie maak vreemde spronge Wie sy agterkant verbrand, moet op die blase sit (of meer bekend... wie sy agterkant verbrand, moet bly wees dat hy nie andersom staan nie!) Moenie jou perd met ‘n knuppel doodslaan voor jy by die huis is nie Ek laat dit aan julle om die betekenis uit te dink! Nog ‘n mooi ding van die Nederlandse taal is die feit dat jy van omtrent enige selfstandige naamwoord ‘n werkwoord kan maak deur ‘n “en” aan die einde by te sit. So kan jy telefoneren, fietsen, en computeren. Grappig, he?! Nog erger is die twee voorbeelde (wat ek ken), met die gedrag van diere: As jy dinge gaan opgaar (dink aan voor die 1994 verkiesings met al die blikkieskos en gas...) dan gaan jy “hamsteren”! En as jy baie senuweeagtig op en af loop dan “ysberen” jy. Ek moet nog elke keer daarom laggen! Vir al die taalreëls het ek hier definitief nie genoeg plek nie, maar vir my is dit meer soos Engels as soos Afrikaans: meer “am, is” en “are” as die Afrikaanse “is”. Natuurlik verbuig die werkwoord ook nog en vinnig sit jy met onverstaanbare sinne vir die gevoelige Afrikaanse oor. Ek begin dink dat Jan van Riebeeck miskien bietjie lui was en nie al die Nederlandse taalreëls kon of wou verstaan nie - maar aan die ander kant wonder ek ook: miskien was hy juis slim, en het dit as sy kans gesien om vir ewig en altyd ‘n nuwe nasie daarvan te verlos! Ek wens ek het geweet... Volgende week skryf ek oor my blitsbesoek aan Budapest, Hongarye, so hou die blog dop!
|
|||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|