| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
16/04/2008 07:28 - (SA)
My Liewe Land: Aande so stil soos die Zimbabwiese verkiesingskomitee
Alhoewel dit skaars ‘n blok van sy huis af is, is die Zola Budd Bar nie regtig die tipe plek waar hy graag drink nie. En dit is nie omdat hy nie ‘n taxibestuurder is nie, of omdat hy sy bier in glase eerder as in quarts verkies nie. Dis net dat hy nog nooit gemaklik was op plekke waar mense mekaar met bottels gesteek het nie, selfs al is hulle familie en vriende. Hy is al in drie wêreldstede (Amsterdam, Tangiers en Johannesburg) en op die platteland van Texas met ‘n mes gedreig. Nie eenmaal is hy beroof of gesteek nie. Die enigste maal wat hy wel gesteek is, was met ‘n gebreekte bottel. Maar dit was al meer as dertig jaar gelede en al wat hy oorgehou het, is ‘n skaars sigbare litteken aan sy regterwysvinger. Buitendien, dit was in die ou Suid-Afrika en hy was wit en sy aanvaller swart. Dit was halfeen in die oggend op ‘n “Slegs Blankes” voorstedelike trein. Party mense sal sê hy het daai steek in sy hand verdien. Nietemin is hy nog steeds maar ligvoet vir ‘n gebreekte bottel in ‘n driftige vreemdeling se hande.En die manne van die Zola Budd Bar het ‘n slag met ‘n gebreekte bottel. Dit het hy besef toe hy een oujaarsaand by Big Joe se kafee oorkant die straat stop om melk te koop. Die sypaadjie voor die kroeg het gelyk soos op enige ander aand. Te veel dronk mense wat te hard praat. In die straat het ‘n man op sy rug gelê met sy voete in die rigting van die aankomende verkeer. “Hulle beter hom optel,” het hy aan Big Joe gesê “Iemand gaan hom raakry.” “Hy’s klaar dood,” het Big Joe geantwoord. “Iemand het hom met ‘n bottel gesteek.” Hy het in die motor geklim en die enjin aangeskakel.Sy kinders wou weet hoekom die oom in die straat lê en slaap. Hy het hulle nie geantwoord nie. Vir die eerste keer in jare het die amper onsigbare litteken aan sy regterwysvinger gejeuk. Maar die meeste van die tyd raak die manne en die vroue by die Zola Budd Bar eerder opgewek as geweldadig. So nou en dan dring hulle geskree en musiek deur die middelklasborswering van sy toegetrekte linnegordyne. Maar dit gebeur hoogstens een maal elke paar maande en kan maklik ignoreer word deur die TV harder te sit. Twee weke gelede moes hy egter die TV gereeld harder stel. Die joligheid uit die Zola Budd Bar het elke aand hard en aanhoudend opgeklink. So hard dat hy elke aand verlig was as die verrigtinge nie afgesluit is met bloedstollende gille of geweerskote nie. Maar daar was nie sprake van een van die twee nie. Net harde musiek en vrolike stemme wat jou ‘n blok verder laat voel het dat jy besig is om iets mis te loop. Iets aan die stemme het hom aan die twee keer laat dink wat Suid-Afrika die Rugby Wêreldbeker gewen het. Skielik het hy verstaan hoekom daar die afgelope paar jaar al hoe meer Oliver Mtukudzi en al hoe minder Brenda Fassie uit die Zola Bud Bar klink. Die mense wat deesdae daar drink is Zimbawiërs. Hulle was besig om die einde van Robert Mugabe se regering te vier. Hoe duideliker dit geword het, dat die regering gaan verloor, hoe harder het hulle partytjie gehou. Maar na ‘n paar dae het die musiek uit die kroeg en die stemme in die straat, al hoe sagter geword. Dit was duidelik dat Robert Magube en sy party nie maklik gaan handdoek ingooi nie. En een aand was beide stemme en musiek doodstil. Tevergeefs het hy in die aande sy TV se klank sagter gestel in die hoop dat hy musiek of ‘n gelukkige uitroep sou hoor uit die rigting van die Zola Budd Bar. Maar dit was alles tevergeefs. Die aande was so stil soos die Zimbabwiese verkiesingskomitee. En toe een aand het hy sy TV aangeskakel en gesien hoe die Staatspresident van Suid-Afrika die wêreld verseker dat daar geen krisis in Zimbabwe is nie. Hy het opgeruimd bed toe gegaan, vas daarvan oortuig dat die musiek en gelag weer die volgende aand hard uit die Zola Budd Bar gaan opklink . Maar sy hoop het hom beskaam. Die drinkers van die Zola Budd Bar het steeds stil gebly. Hy het begin wonder of sy Staatspesident nie dalk die kat aan die stert beet het nie.
|
||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|