News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
    Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  6°C  24°C
Kpstd  14°C  16°C
Dbn  16°C  27°C
Jhb  6°C  21°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

18/04/2008 13:31  - (SA)  
Tim Gesels (18/04)
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend


Hier by Rapport het ons die sage van David Bullard se afdanking as ’n rubriekskrywer van die Sunday Times met meer as verbygaande belangstelling gevolg. Ek is verlede jaar, as julle my die skerp taal sal verskoon, hel toe en terug oor die afdanking van Deon Maas as ’n rubriekskrywer van Rapport.

Bullard is afgedank nadat hy voorverlede Sondag ’n rubriek geskryf het wat die rassegevoelens van ’n belangrike seksie van die Sunday Times se lesers erge aanstoot gegee het.

Sy satiriese tema was hoe Suid-Afrika sou gelyk het as die wit koloniste nie destyds die gebied kom beset en oorheers het nie. Die “stamme” sou in vrede geleef het, ongesteur deur die uitvindings van die Europeërs, wat in elk geval net die lewe gekompliseer het.

Die ergste wat met hulle in hul welsalige bestaan gebeur het, is dat ’n leeu of ’n krokodil ’n kind sou vang. In welke geval hulle ’n week sou treur en dan ’n nuwe kind in die wêreld bring.

Eendag sou die Chinese in “Suid-Afrika” opdaag in vlieënde metaal-voëls om die land se minerale te vat. Dit sou die pre-moderne mense iemand gee om te blameer, aldus Bullard.

Dié speelse, maar kwetsende tipering van swart Afrikane het sekere lesers van die Sunday Times laat ontplof. Die Donderdag, vier dae nadat die rubriek verskyn het, het die rubriekskrywers Xolela Mangcu en Max du Preez hewig geprotesteer. Donderdagaand het die SMS’e e-posse deur Suid-Afrika se mediagemeenskappie geblits: Mondli Makhanya, redakteur van die Times, het Bullard in die pad gesteek.

Later het dit geblyk Mondli en ander senior redakteurs het nie die rubriek gesien voor dit geplaas is nie. Mondli het die Dinsdag reeds met Bullard gepraat, maar hom eers twee dae later in die pad gesteek - nadat die druk opgelaai het.

Bullard het dieselfde verweer as Deon Maas opgewerp: ek is gehuur om omstrede te wees. En dis nie asof ek reputasieloos hier opgedaag het nie. Pleks van my af te dank, moes julle die rubriek uitgegooi of teruggestuur het. Bullard het 14 jaar vir die Times geskryf.

Soos destyds met die Maas-gebeure, het mediavryheid se wagters op Sionsmure dadelik begin uitsaai.

Dit was erge versuim dat niemand by die Times die Bullard-rubriek vooraf gesien het nie, het die koor gesing.

Minstens is ek nie destyds afgeslag oor ek nie die Maas-rubriek vooraf gesien het nie, maar omdat ek dit wel gesien het, gepubliseer het en toe gereageer het op ’n siedend negatiewe teen-reaksie.

Maar daar is een opvallende verskil tussen die Bullard-sage en die Maas-sage: min van die hoë priesters van mediavryheid het die redakteur van die Sunday Times bevaagteken omdat hy ’n rubriekskrywer afgedank het wat aanstoot gegee het aan rasse-oortuigings. Terwyl Rapport se redakteur afgeslag is oor hy ’n rubriekskrywer laat loop het wat ’n belangrike seksie van sy lesers se religieuse oortuigings gekwets het. Só erg dat ’n boikot teen die koerant uitgeroep is en verspreiders gedreig is.

Gevolgtrekking: dis in die haak om te kwets met godsdiens, maar dis strafbaar met die dood om te kwets met ras.

Ek sal baie meer gerus slaap as almal saamstem albei is onaanvaarbaar.

Mediavryheid, heilig soos dit is, is nie absoluut nie en word nie in ’n vakuum uitgeoefen nie. Dit het wetlike en kommersiële beperkings.

Selfs die onhebbelikste rubriekskrywer moet iewers tot verantwoording geroep word. Bullard het vandag in Business Day ’n ietwat oordrewe mea culpa en apologie vir sy rubriek geskryf. Maar wat geskryf is, is geskryf.

Hy en Maas het albei hul trekpasse verdien.

* * * * *

Verlede jaar het een van Amerika se voorste historici (sy naam het my nou ontgaan) geskryf George W. Bush sal in die geskiedenis afgaan as die swakste Amerikaanse president ooit.

Nou sien ek in Time of Newsweek die meeste Amerikaners aanvaar steeds Bush sal die “titel” kry van “worst president in US history”.

’n Mening waarmee ek moeilik kan verskil, soos Hercule Poirot gesê het toe hulle vir hom sê sommige mense sê hy is die beste speurder in die wêreld.

Ek gaan ook sukkel om te verskil van enigiemand wat nou reeds sy of haar nek uitsteek en sê Thabo Mbeki is die vrotste president wat Suid-Afrika nog gehad het.

En ek gaan in goeie geselskap wees. Dinsdag het mev. (dr.) Annemarie Esterhuyse in ’n lesersbrief aan Die Burger geskryf sy “het nog nooit so in die steek gelaat gevoel deur ’n president van ons land nie”. Dit na aanleiding van Mbeki se handjies-vashouery met Bob Mugabe verlede Saterdag in Harare en sy verklaring agterna dat daar geen krisis in Zimbabwe is nie.

Nou is mev. Esterhuyse nie sommer net nog ’n Stellenbosser nie. Haar man is prof. Willie Esterhuyse, afgetrede filosofie-prof aan Maties. In dié land is net Essop Pahad getrouer aan Thabo Mbeki as prof. Esterhuyse.

As in dáárdie huishouding gesê word Mbeki is ’n kolossale teleurstelling, wie is ek om te stry?

Mbeki projekteer hom graag as ’n internasionale staatsman, tuis op die wêreldverhoë. Daardie beeld lê vandag aan skerwe, grootliks deur Mbeki sélf stukkend gekap.

Mbeki laat Jacob Zuma, die beeswagter van Nkandla met vier vroue en ’n laerskool-opvoeding, soos ’n ware president lyk.

Tim du Plessis


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Mbeki/Zuma vraag, 21/04/2008, Johann Eksteen
Albei is ewe nutteloos! Daar is 'n paar verskille, bv. Mbeki dra westerse pakke en sien homself as 'n vernuftige staatsman. Zuma dans, sing en teel laat die biesies bewe en bemark homself as 'n messias vir die gepeupel. Afrika-lande het egter al voorheen soortgelyke karakters as staatspresidente gehad...met 'n 100% mislukkings syfer. Beide die MIV (Mbeki) en Ebola (Zuma) virusse lei tot 'n onaangename einde vir die gasheer (arme SA), dit is net die meganisme wat verskil. Vigs is stadig en uitmergelend, terwyl Ebola vinnig en morsig is. So terloops Tim, net na die Polokwane-slagting het jy vir jou arme broer volgende raad gegee - "Kom maar terug, Skalla". Ek wil sal bitter graag by jou wil uitvind of jy nog steeds dink dat dit goeie raad was? Doen bietjie 'n opvolg stuk oor jou langtermyn siening oor SA. Byvoorbaat dank en geniet die res van die week. Eksteen
Die Maas sweer, 21/04/2008, Gewete
Kan ek weer so bietjie krap in daardie wond? Ek wonder hoevee van die mense wat so ywerig aan die SMS petisie destyds deelgeneem het het ooit die artikel gaan lees...My skatting is so 10%. Die enigste wenners van daardie patalje was Vodacom, MTN en Cell C.
pateties, 21/04/2008, Groover
Nee wat Tim. Thabo slegter as PW of John Voster? Klim maar uit jou ivory tower en word wakker. Ek gee toe dat Mbeki groot foute gemaak het - veral met Zim en HIV/Vigs - maar kyk byvoorbeeld die ekonomiese toestand wat ons land in was in '94. Jy probeer gelykmatig lyk, maar jou rassistiese rok hang uit.
Mbeki en Zuma, 20/04/2008, Essy Estruis
Tim,is dit regtig nodig om na Zuma se verlede te verwys en sy hoeveelheid vrouens het mos niks met jou te make nie.Of miskien mis ek jou punt of stelling wat jy probeer tuis te bring.Kyk hier ou Tim, Bullard het gedink dat hy 'n ware Afrikaner is toe hy probeer uit die heup te skiet na swartmense wat 'n landregeer en bewoon, miskien het die ou niks slegs bedoel nie, maar watter engelsman het ooit die waarheid gepraat of geskryf oor iets wat nie wit is nie. Dit is eintlik jammer dat hy die trekpas gekry het, dit wys ook weer dat politiek nie uit sport of uit die inkpen van joernaliste kan bly sonder om in te meng!
Rasisme, 20/04/2008, L Smit
Snaaks hoe die wittes op alle vlakke uit gekryt word vir rasisme.Vat advertensies soos Kentucky( die ou wat elke dag toebroodjies kry)CTM (die dom wit ou wat advertensies opskeur)en Vodacom met ook sy dom witte.Ruil bietjie die rolle om en dit spat weer.
Zuma is ten minste eerlik en opreg, 20/04/2008, Sanmarie
Mnr Jacob Zuma het nou wel nie 'n string grade soos party koerantmense nie, maar hy praat reguit en direk met Afrikaners. Ek is aangenaam verras en ek dink hy SAL ons ook nog aangenaam verras as staatshoof. Zuma PRAAT met mense en ek hou van sy politiese beginsels. Ek wil he my staatspresident moet versoening kan teweeg bring en mense se harte op alle vlakke kan verstaan. Hy't nie nodig om 'n wiskundesom te kan uitwerk nie. Hy moet net kan leiding neem met 'n sterk visie. Sover doen hy juis dit - of jy nou van hom hou of nie. Zuma het al eienaardige goed gese wat ek nie noodwendig as Afrikaner self sou doen nie. Hy kan in vrede dinge op sy Zoeloe-manier doen, want hy het nog nooit my kultuur beledig nie en hy het nog nooit vir die volk gelieg nie. Ek wens soms ons redakteurs was so vedraagsaam en wys soos "die onogevoede Zoeloe". Ten minste weet ons wie sy vrouens is - nie soos soveel Afrikanermans wat die dorp (of kantoor vol le) en ons weet net met wie hulle getroud is, nie.
Tim: die Mbeki hanswors, 20/04/2008, ou boet
Ek vind dit ongelooflik amusant hoe Mnr. Du Plessis sy hande in onskuld wil was van die "Maas Affaire". As redakteur van Rapport moet hy en nie die rubriekskrywers aanspreeklik gehou word vir wat in sy koerant gepubliseer word. Hy en nie Maas moes dus in die pad gesteek geword het. Ongelukkig het ou Tim al voorheen gewys dat hy sy eie siel en beginsels aan Mammon en die ANC sal verkoop vir 'n pensioen en mediese voordele. Die feit dat hy nou ook Mbeki wil kritiseer terwyl hy vir jare voorgehou het dat Thabo die beste ding sedert die ontdekking van brood is, vind ek skynheilig en rugraatloos. Hopenlik is sy dae ook getel by Naspes
Vryheid van Spraak, 20/04/2008, SirPass
Die kwessie op die tafel blyk vryheid van spraak te wees. Dit sou baie sinvoller wees om dit eers te betwis nadat almal eens is oor wat presies, per definisie, dit beteken. Noam Chomsky het ges?at as ons nie in die vryheid van spraak glo van diegene wat ons verafsku nie, dan glo ons glad nie daarin nie.
Tim Gesels, 20/04/2008, Pieter
Die ding met Mbeki is 'n Afrika ding. Ons beoordeel hom vanuit ons westerse perspektief en dan maak dit nie sin nie. Indien ons in Afrika wil bly moet ons ophou om teen die prikkels te skop en daarmee vrede maak. George Bush die swakste president wat die VSA nog gehad het - westerse perspektief! Mbeki wat hande vashou met Mugabe - Afrika perspektief!
deon maas, 20/04/2008, pottie
dis pateties dat n groot koerant soos rapport bedreig voel deur n klompie sms"se van mense wat nie eers die koerant gelees of gekoop het nie.maas se storie was omstede maar dis sy mening en elkeen met gesonde verstand sou hom ignoreer het
Tim Gesels, 20/04/2008, frikkie botes
vryheid van spraak is net vryheid as dit vanaf die skadukant kom. mense wil gepamperlang word met fee verhale,die waarheid is nie meer polities korrek nie
Stoute Tim, orige Maas en die eensame pateet Mbeki, 20/04/2008, Johann Eksteen
Tim, jammer ou maat...jy moet ook maar sak vir drie van die bestes. Hoekom het jy 'n swaap soos Maas aanstel het in die eerste plek is moeilik om te begryp...is Rapport is Sondagkoerant of die gedrukte weergawe van die Jerry Springer show? Ek besef Rapport is 'n instansie wat moet geld maak, maar dit kan gedoen word sonder om "common" te wees! Oor Bullard, so baie graag daardie artikel wil lees...kan iemand dalk die link hier plaas? Miskien is die Afrikane so fyngevoelig oor die ou artikeltjie omdat daar waarheid in steek. Onthou, nie eers die wiel is in Afrika ontdek nie....dis nie rassisme, dis die waarheid!!! Oor Mbeki, almal (behalwe die swart elite) weet hy's half-gebakte politikus! Al dra hy ontwerpersklere en al praat hy allerhande mooi "Afrika Renaissance" praatjies is hy niks meer as jou "run of the mill" Afrika president nie! Almal weet dit nou al vir jare. Tim, as ek reg onthou het jy die afgelope paar jare al baie oor hom ge"flip-flop". Die een week is hy hierdie briljante strateeg en die volgende week is hy 'n swakkeling...stout, stout...sak sommer vir nog drie!!
Bullard / Tim, 20/04/2008, Jakes Niemand
Bravo Bullard jammer jy is jou joppie kwyt maar jy is 'n mens met visie. Jy het seker al oor Afrika gevlieg en ook gesien daar gaan niks aan nie , geen Landerye nie, geen ontwikkeling nie daar gaan net mooi niks aan nie . Dit wat daar was is geskep deur Wit kolonialiste , Franse, Portugese ens. En die ergste, gaan kyk toe hulle verjaag is, is alles afgebreek tot bouvalle deur die Afrikane . Nou as jy nie eers iets wat daar was 'n muur en 'n dak in stand kan hou nie hoe wil jy 'n muur en dak bou . Jy is reg Afrika sou nog net primitiewe statte gehad het met 'n bees om die kaaia en Ta wat in die son sit en bak as die weste nie opgedaag het nie .Ek meen nou maar gaan kyk na een van hulle stakings alles word afgebreek en net so gelaat en dan tjank hy as hy dit nie meer het nie. En wie gee maar weer, die wit kolonialis. Timmie jy moet wakker word ou seun haal die skille van jou Liberalle ogies af Jakes
Mbeki, 20/04/2008, Gerard
Ek sou darem nie se hy's die swakste president nie. Die man is net heeltemal uit gevoel met land en wereld sentiment. Hy is gekies om die wil van die mense uit te voer. Dit doen hy beslis nie in die Zim geval nie. Mens wonder maar net of daar nie iewers 'n paar Mbeki geraamtes iewers in 'n kas rondle in Harare nie............
Nou maar hoe sou dit dan gelyk het?, 20/04/2008, Frikkie van Brits
Alle respekte teenoor die beledigdes en benadeeldes en ouens met af arms en krom vingers, maar gegewe die Bullard-artikel: As almal dan so opgesweep is oor sy uitlatings, kan hulle nie dan 'n soortgelyke artikel skryf van hoe hulle dan nou sou reken Suid Afrika sou gelyk het sonder westerse inmenging nie? Ek kan geen fout vind met Bullard se artikel nie, maar somtyds sny die waarheid seer. En moet my nou nie 'n rassis staan en noem nie - wys vir my nou mooi waar Bullard fout gemaak het in sy beskrywing.
Sien die verskil, 20/04/2008, Reggie
Die verskil, Tim, tussen jou optrede en die van Mondli is juis dat Mondli die kwetstende rassisme in Bullard kon raaksien en daarop standputn inneem, terwyl Maas se rassitiese artikel oor bruinmense die week daarna, as 'onskuldig' deurgegaan het: dit is OK om rassities oor bruin mense te skryf. Tweede verskil: Mondli het sy besluit gegrond op die tipe van oortuigings en etos waarop Sunday Times gegrond is, terwyl die Rapport gereageer het op die finansiele verlies. Hier l?n groot ideologiese verskil of miskien se dit juis iets oor die Rapport se waardes en etos.
Nie vir sissies nie, 20/04/2008, Anne-Marie Potgieter
Ek dink dit is nou tyd vir 'n koerant wat dinge publiseer soos dit is. Ons het so bang geraak vir al die waghonde wat alles dophou dat ons nie meer ons ware opinie wil lig nie en meeste van die tyd 'n afgewaterde weergawe lees. Satire verkeer duidelik in gevaar deesdae. In plaas van 'n ouderdomsbeperking of 'n SNVL DSTV waarskuwing moet die koerant net 'n "nie vir sissies nie" waarskuwing plaas - of iets soos "lees binne in die konteks". Irwin Khoza en Minister Bhulwana het mos die weg gebaan hiervoor.....
ZUMA -KWESSIE, 20/04/2008, Kobus Esterhuizen
TIM Al die ander kwessies tersyde gestel... HOE ironies is dit nie..."STAATSHOOF" EN VOLGENDE PRESIDENT VAN SA SE CV....beeswagter met vier vroue en n laerskool-opvoeding. Sekerlik is dit nie moeilik om "te sien" WAARHEEN hierdie "STAATSHOOF" n land soos SA kan/GAAN "LEI" nie....Zim, Mosambiek...of gaan die "SLIM LIBERALISTE" ook na 10 of 15 jaar van SA skryf as "THE ONCE BREADBASKET OF AFRICA"...DANKIE TOG ander "wit" lande se Staarshoofde se CV's lei nie SO nie. Miskien maak Bullard se skrywe TOG "sin" vir sommiges....DIE WAARHEID MAAK SEER !!
Tim en Mondli is albei verkeerd, 20/04/2008, Jon
Tim, beide jy en Mondli het groot drooggemaak en julle is beide toe as julle weier om dit te agterkom. Vry spraak beteken net iets as die spreker iets mag se wat jou irriteer -- of selfs walg. En as Maas die bybeldwepers irriteer is dit goed so. Hulle het lankal 'n goeie wakkerklap nodig, nes die etnies Afrikane wat so naarstig glo dat die witman hul net ellende gebring het.
Ou Timmie, 20/04/2008, Deon Ersamus
Verskoon die neerhalendheid,dit is wat dit verdien..Waar is die Tim du Plessis wat nie lank gelede ons afrikaanssprekendes aangeval het omdat ons nie wil of kan verander nie?Maar soos hulle se "What is a mind if you cannot change it.Pateties.
Bullard,Maas en Mbeki, 20/04/2008, Dewald
Wat Maas betref ek dink hy is 'n besig om ons suurstof te steel, hy tree so op soos hy doen om doelbewus omstredede wees en dan publisiteit te verkry, dit opsigself maak hom nie 'n skrywer nie en die feit dat hy dit durf waag om kwyt te raak wat hy het in daardie rubriek maak hom slegs dom onnosel.Die Bullard persoon ken ek nie maar ek glo wat hy geskryf het was in die kol omrede iemand aan die einde van die dag geblammeer moes word en die racist whities is maar altyd 'n maklike teiken plus ek dink hy's moeg gewerk want jy doen nie so iets en verwag jy gaan bevorder word nie, nag ou grote! Mbeki ag nee man! Jy is inderdaad 'n teleurstelling en ja ek is nie landuit a.g.v jou nie maar liewer omrede werks ondervinding maar ek is al hoe meer bly ek is nie nou daar nie.
Rubriekskrywers, 19/04/2008, John
Tim, ag nee, jy is besig om jouself te verondkuldig. Maas het geskryf, maar as dit nie vir jou was nie, was die rubriek nooit in die koerant nie. Daar is vlakke van verantwoording. Die landdros is nie skuldig omdat die misdadiger op straat loop omdat die polisie hom nie gevang het nie. Ek glo nie Maas moes waai nie, maar dit ter syde: jy het jou plig as redakteur versuim. Mbeki - ja hier het jy n punt beet. Maar was daar ooit sprake dat hy 'n goeie president kon wees?
Bullard die sondebok gemaak, 19/04/2008, Chris
Bullard moes sy rubriek behou het. Alhoewel dit skerp is, is dit steeds satire. Satire sny per definisie diep. Dit laat jou lag juis omdat dit so oordrewe is ("over the top.") 'n Groot deel van Bullard se kritiek is gemik teen voortgesettte kolonialisme, soos die Chinese dit tans beoefen. Die Chinese moet waarskynlik meer beledig voel as swartes. Ek lees in elk geval dikwels swart rubriekskrywers wat enige dag net so "beledigend" is as Bullard. Net laas week is blankes beskryf as "marauding invaders." Bullard het 'n harde les geleer: Met sekere groepe spot jy nie -- hulle rasnerfies is dun. Oor Mbebki is jy in die kol. Dis net jammer hierdie gelate insig kom eers in 2008. Reeds as adjunk-president in die 90s het hy verbluffende uitsprake gemaak, en het ons gevra: "Wat het geword van die slim, pyprokende diplomaat wat eens die aanvaarbare gesig van die ANC was?" Mbeki was een van die hoofredes waarom ek uit SA gevlug het.
Selfsensuur , 19/04/2008, Deon Basson
Daar is 'n derde en minder beroemde voorbeeld van 'n rubriek wat gesneuwel het. In die geval het ek in 2004 uit protes my rubriek Trapskrum in Beeld be?dig omdat die koerant se redaksionele burokrasie nie 'n rubriek wat gevra het vir die bedanking van Brian van Rooyen wou publiseer nie. Wat daarna gebeur het is geskiedenis. Beeld het Van Rooyen se manewales verdoesel terwyl Rapport op 'n gele?omblik in Mei 2005 die sinkende Van Rooyen-skip verlaat het nadat sy eertydse sportredakteur Bokkie Gerber in Februarie 2004 in gloeiende taal die Van Rooyen-bestuursfilosofie gesteun het (sien http://www.deonbasson.co.za/Blog/tabid/54/EntryID/2/Default.aspx ). Nie een van die twee koerante het op enige stadium destyds Naspers se kommersi? belang in die Supersport-uitsaaikontrak vir rugby verklaar nie. Deon Maas se rubriek was weinig meer as net nog een van Naspers se kommersi? sinergieprojekte met min redaksionele meriete. Hy is immers 'n "TV-ster". Dit verbaas my dus min dat die redakteur so swak gelees het het en nie gedink het voor die rubriek gepubliseer het nie. Het dit nooit by hom opgekom dat verdraagsaamheid jeens Satanisme per definisie ook verdraagsaamheid jeens misdaad impliseer nie? Of is dit hoe kommersi? sinergieprojekte 'n koerant se oordeel aantas?
Tim onwyk redaksionele verantwoordelikheid, 19/04/2008, Jaco Botha
Tim ontduik steeds die beginsel van: the buck stops here. As redakteur dra jy die finale verantwoordelikheid. Deur enige stuk te plaas, onderskryf jy dit en dra die verantwoordelikheid daarvan. Dis wat ek wil noem die De Klerk sindroom. Bullard en Maas het bloot hulle werk gedoen. Deur daardie stukke te plaas het die twee onderskeie redakteurs NIE hulle werk gedoen nie. So die 'soldate' dra die straf terwyl die vergevrete leiers hul huigelende hande in onskuld was.
Mbeki,Zuma en Maas., 19/04/2008, Jan
Tim,dit was wyse woorde!,net die skip met al die probleme het toe ook nog in Durban kom vasmeer!
Koerante almal gewetenlose manipuleerders, 19/04/2008, Pieter
Omdat Mammon die finale se het in enige saak by'n koerant kan jy geen koerant ernstig opneem nie. Hulle is kunstige akteurs wat 'n leuen as die waarheid verkoop en mense manipuleer deur mense se nuuskierigheid te prikkel,hulle die leuen klein bietjies op 'n slag te voer en hulle soms net so 'n bietjie kwaad maak,alles ter wille van Mammon. Ek vermy koerante so ver moontlik omdat niks daarin eties is,baie min waar is en dit geensins strook met'n Goddelike roeping om heilig te lewe nie. Ek wonder net wanneer word Naspers se srooipop(Tim du Plessis)"gefire".Hy kan fouteer soos hy wil,net solank Mammon se sakke vol word sal hy bly,maar wanneer hy ophou akteur speel,dan is hy "gefire". Sterkte ou Tim jy het nog 'n paar hase om uit die hoed te trek,maar die lat wat jy pluk om ander te slaan word een of ander tyd gebruik vir jouself.Die nuwe SA wat jy propageer se wiele kom nou vinnig af en jy sal een of ander tyd 'n ander deuntjie moet sing.Daar is 'n engelse gesegde wat se:"You can fool all the people sometimes and you can fool some people all the time but you can't fool all the people all the time." Mense praat met hulle voete en die werklikhede laat hulle land uit vlug.Die res se omstandighede is net so'n bietjie moeilik maar hul het dit in gedagte en die gedagte verkoop dag na dag al meer en meer.Daarom voorspel ek meer van die tipe "Tim'se keelskoonmake" want voete praat reeds by die Rapport anders is Timmie "gefire".
Dis te maklik, 18/04/2008, Jason
Met respek: om te wil aanvoer dat rubriekskrywers tot verantwoording geroep moet word is absurd - in beide Bullard en Maas se geval. In eersgenoemde geval doen meneer die redakteur nie die moeite om te lees wat die rubriekskrywer neerpen nie, ten spyte daarvan dat hy bekend is vir sy omstrede standpunte. In Maas se geval het jy dit gelees en goedgedink om dit te plaas. Jy het dus die verantwoordelikheid oorgeneem - die rubriekskrywer is slegs verantwoordelik om sy skrywes betyds in te handig. Jy besluit tog wat geplaas moet word. Is dit nie so nie? Jy't Maas gepos omdat jou reeds dalende sirkulasie, nog slegter sou vertoon as 'n groot groep lesers jou koerant boikot. Maar jy het Deon Maas in die eerste plek aangestel omdat jy gehoop het sy omstredenheid sal die sirkulasie positief beinvloed. Ek's nie seker ek verkwalik jou vir jy uiteindelike besluit nie, maar jy moes erken dat jy verkeerd was om die berig te plaas, en nie nou wil kom vertel dat die rubriekskrywer tot verantwoording geroep is nie. Ek kan saamstem, Mbeki is moontlik die swakste "nuwe" leier wat SA nog gehad het, maar...dank die vader 'n koerantredakteur se besluite (of onvermoe om besluite te neem) kan nie n nasionale krisis ontketen nie, want jy sal nie juis onthou word as een van die bestes in jou veld nie.
Bullard en Maas, 18/04/2008, Gerrie af Stilbaai
Alex, verskoon my die wals, maar dis jy wat snert verkoop. Maas het met ons Godsdiens geneuk en Bullard het swartmense verkleineer. Hulle hoort nie op die koerante se rubriekblaaie nie!
Bullard, Maas en Mbeki, 18/04/2008, Alex
Tim, ek dink jy probeer bietjie jou eie gewete sus. Nie een van die twee moes gefire gewees het nie! Deur hulle te fire laat julle toe dat onverdraagsames van ons samelewing die agenda bepaal. Snert het die twee here weliswaar kwytgeraak, maar dis ook waarvoor julle koerante hulle betaal - om te skok. Oor Mbeki slaan jy die spyker op sy kop. Die man is 'n verleentheid vir Suid-Afrika en Afrika. Groete Alex
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo