| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
23/04/2008 11:47 - (SA)
De Blog-sem In
Dis ’n amper poëtiese vraag: op hoeveel maniere hou ek glad nie van Australië nie? Kyk, dis ’n effense skande om so te voel. Mense is mense en ek hét Aussie-vriende, hoewel nie baie nie, en voor ek verder polities korrek probeer wees: ek wens heimlik hulle was iets anders en, is ek bevrees om te sê, ek is taamlik seker hulle wens dit heimlik ook. ’n Tiental besoeke aan “Down Under” het aanvanklike verwondering (hei, dis net so mooi soos by die huis! En hier’s ’n Spur! En jy kan jou beursie in die kar vergeet!) omgetower tot intense irritasie. (Daar is 31 aangetekende dinge wat jy nie op ‘n trein mag doen nie, die obvious goed soos moord en verkragting uitgesluit. Hulle het ‘n probleem met ’n oop hamburger en ’n sjokolade-melkie in die openbaar: ek is al deur ’n sekuriteitswag teen ’n muur geslinger en, met ’n kind in my arms, deur ’n polisieman rondgeruk omdat ek ’n hamburger op ’n ongeoorloofde plek gedra het.) Maar ag, laat ons nie te erg begin jansalie nie. Want had ek ’n geel jersey wat AUSTRALIA sê, het ek dit laasweek aangetrek en hier in Obs waar ek woon ’n gemeenskaplike kreet van Ocker! Ocker! Ocker! Oi! Oi! Oi! probeer organiseer. Alles, oor die blêrrie Olimpiese vlam. Kyk, die meeste van ons beginne skepties raak oor hierdie watwafferse wêreldbyeenkomste en wat dit als kwansuis vir die plaaslike ekonomie beteken. En ons het vir meer as ’n kwarteeu op dit alles uitgemis. Ons kon verlede jaar sien hoe krieket se wêreldbekertoernooi dadels vir die Wes-Indiese Eilande beteken het – of dit eens enige wafferse gevolge vir bloot hul krieket gehad het, is self ’n ope vraag. Plaaslike smouse is uitgesit sodat skatryk internasionale maatskappye hul ware kon verkoop. Daar’s ‘n raps meer as twee jaar oor vóór sokker se wêreldbekertoernooi hierheen kom en verskoon die naïwiteit, maar die uwe het tog iewers diep in sy binneste gereken ons sou teen dié tyd ’n hele klomp positiewe gevolge hiervan kon voel. Dit het ons egter tot dusver net nóg rede gegee om suur te raak asof ons nie al genoeg had nie. Nou het my hare omtrent gerys toe Chinese soldate hul Olimpiese fakkel hardhandig beskerm teen betogers in lande waar China waaragtig nie die reg het om sy gewig rond te gooi nie. Die Britse en Franse regerings was stom, maar einde verlede week het Australië darem die Rooi Leër-troepe vroegtydig gewaarsku om hul hande tuis te hou wanneer Aussies teen die vlam – en China se besetting van Tibet – betoog. En dis goed om te hoor daar is nog ‘n regering wat homself verbind om sy burgers te beskerm. Al is dit dan nou ook die Aussies s’n. Tibet is ver van China se ergste vergryp, maar dis ’n sexy onderwerp. Fakkeldraers soos die gevierde Britse oud-atleet Steve Cram het steen en been gekla dat mense die Spele só verpolitiseer. Wel, wat wil Cram dan hê moet Tibettane doen om te protesteer teen die onwettige besetting van hul land? Vliegtuie skaak en in geboue vasvlieg? China gebruik die vlam as pure propaganda vir sy nuwe status in die wêreld en as iemand dié aandag wil gebruik om die Chinese in die skande te steek, is dit niks minder as regverdig nie. Soos dit is, het die fakkelloop ’n propaganda-nagmerrie geword vir ‘n klomp perde wat maar al te seker weet hulle kan maak en breek nes hulle lus is. Die Olimpiese vlam dateer uit 1928; die aflos waartydens dit via ’n rits ander stede gedra word om propaganda vir die gasheer te maak, is met ons sedert die nimlike Hitler in ’36 besluit het dis ’n skitterende plan. As beskermingswaardige tradisie maak dit derhalwe nie veel sin nie. Dis in elk geval vreemd hoedat “tradisie” altyd aangehaal word as dit iemand pas. Ek het nog nooit iemand, byvoorbeeld, hoor agiteer daarvoor dat sportmanne, soos in die ou dae, poedelkaal aan die Spele deelneem nie. Dis óók tradisie. Maar nes die uwe, sal die meeste kykers stellig betaal om nié na ’n klomp kaal kêrels in ’n hekkiesloop te hoef te kyk nie. Tradisie of te nie. Die Chinese en hul apologete se gesanik oor ‘n handjievol betogers laat ’n man net aan een ou stukkie Boereraad dink: As jy jou lyf kom staan en polonie hou, moet jy verwag om gesny te word.
|
|||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|