| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
23/04/2008 12:21 - (SA)
My Liewe Land: Sersant Peper se orkes
Toe sy suster die eerste maal ‘n Beatles plaat koop, het sy baie meer as net ‘n seven single huistoe gebring.. Dit was 1964 en jy kon Beatles kougom koop by die kafee op die hoek. In die OK Bazaars in Eloffstraat kon jy klein plastiekpoppies van John, Paul, George en Ringo koop. Sy twee ouer broers het hul ma omgepraat om stad toe te vat sodat hulle “Beatle-booties” (Chelsea Boots) kon kry. Hy en sy tweede oudste broer het polo necks gekry omdat die Beatles dit gedra het. Daar was Beatles langspeelplate, rolprente, tydskrifte en borsspelde. Daar was selfs harde plastiekpruike in die styl van die vier Beatles se haarstyle beskikbaar. Dit het jou kop seergemaak, jou laat sweet en jou hare getrek wanneer jy dit afgehaal het. Toe John Lennon in 1966 sê dat die Beatles gewilder as Jesus was, het die SAUK besluit om hulle musiek te verban. Die plaaslike skoolhoof het die kinders aangemoedig om hulle Beatles plate skool toe te bring en te verbrand. Die kinders het die geleentheid gebruik om hulle pate uit te ruil eeerder as om dit op die vuur te gooi. Niemand het hulle aan die onderwysers, dominees en die SAUK gesteur nie Die Beatles was koning. Op die speelgronde was daar drie vrae wat jy sonder huiwering moes antwoord. Wie’s jou span? Transvaal of die WP? Wat’s jou kar? Ford of Chevrolet? Wie’s jou band? Die Beatles of die Rolling Stones? Hierdie drie antwoorde kon jou in binnekringe inlaat of na die buitenste duisternis van lang speeltye op jou eie verban. Vir die bietjie wat hy belang gestel het in rugby was Transvaal sy span. Omdat sy pa ‘n Ford Falcon gehad het, was sy antwoord op die tweede vraag, Ford. Maar oor sy antwoord op die derde vraag is daar tot vandag geen twyfel nie. Die Beatles! Die opening riff van Jumping Jack Flash laat sekerlik selfs die rystoelgekluiterdes tussen 50 en 65 jaar opspring en dans, en elke man van daardie geslag het ure voor die spieël met ‘n besemstok deurgebring en homself verbeel hy is Mick Jagger. Maar hy was en is nog steeds ‘n Beatles-man. Hy besit geen Beatles CD nie, maar kan steeds sy eerste Beatles LP onthou. Dit was “Sgt Pepper’s Lonely Heart. Club Band” gekoop by die Top 20 Record Bar , 51 A Kruisstraat, Johannesburg, volgens die geel en rooi en Sellotape wat nog steeds agter op die plaatomslag is. Dit was die Desember-vakansie van 1967. Sy oudste broer het hom die mense uitgewys wat hy in collage op die omslag herken het. Johhny Weismuller, Shirley Temple, Bob Dylan, Stan Laurel en Marlon Brando. En as hyself vandag weer na die omslag kyk, is hy verstom hoeveel mense wat later in sy lewe ‘n invloed op hom sou hê, ook op daardie collage is. Lenny Bruce, William Burroughs, Bob Dylan, KarlHeinz Stockhausen, Karl Marx en Carl Gustav Jung. Maar die omslag was maar net die begin. Die musiek was wonderlik. Hy het nie geweet wat “Picture yourself on a boat on a river with tangerine trees and marmalade skies” presies beteken nie, maar hy het geweet dat hy daarvan hou. Hy het nie die woorde ironie, pastiche of parodie geken nie, maar het besef dat die sirkusagtige “Being for the benefit for Mister Kite” baie snaaks is en dat die woorde “And of course Henry the Horse dances the waltz” magic in aksie was. Daardie plaat het ‘n deur geword na ‘n ander wêreld, ver weg van die voorstedelike verveling waarin hy gewoond was. ‘n Wêreld waar popsterre pienk en lemmetjiegroen satyn millitêre uniforms kon aantrek en hulle eie begrafnis saam met ander beroemdes kon bywoon. ‘n Wêreld waar verbeelding koning was. En nou, na meer as veertig jaar, voer daardie einste omslag hom terug na daardie voorstedelike wêreld waarvan hy destyds ten alle koste wou ontsnap. Hy is elf jaar oud en woon in ‘n huis waar daar baie gelag word en die inwoners mekaar graag terg. Hy is omring deur mense wat hom lief het. Die jongste en domste kind van ‘n redelik normale gesin waarin hy al klaar ‘n reputasie het dat hy weird en anders is. Maar dis olraait, want die res van die gesin aanvaar hom presies vir wie en wat hy is. En dis ‘n aanvaarding wat hom vir die res van sy lewe sal by bly. En hom in staat sal stel om dinge en om paadjies te kies wat hy nie andersins sou nie.‘n Aanvaarding wat hom sal help om die lewe te waardeer, te probeer verstaan en om dit te geniet. Op ‘n manier wat hopelik die lede van Sersant Peper se orkes se goedkeuring sou weggedra het.
|
||||||||||||
|
||||||||||||
![]() |
||||||||||||
|
|
||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|