| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
23/04/2008 12:21 - (SA)
Hollikaans: Die mooiste stad in Europa
Vorige jaar was ek in Budapest, Hongarye, op vakansie met my ouers, en was ek dus baie bly toe ek ‘n uitnodiging kry vir ons jaarlikse konferensie vorige week in Budapest. My herinneringe van die stad is nog skerp: Die pragtige Danube (uitgespreek Duna deur die locals); die goulash; die winkelstraatjies wat my herinner aan die Indiese plaza in Johannesburg, en die asemrowende uitsigte. Budapest word nie vir niks die mooiste stad in Europe genoem nie (in strawwe kompetisie met Praag en Wenen), en my asem was weer weggeslaan toe ons in die taxi van die lughawe af ry. Aan die een kant kan jy Europa voel en sien. Maar aan die ander kant gee die taal, die feit dat kommunisme eers in 1989 afgeskaf is, en die gelaatstrekke van die mense ook bietjie ‘n Russiese gevoel. Op my eerste middag by die konferensie het ek 'n stukkie deur die stad gaan loop, en kom toe op honderde mense af. Min of meer soos 'n optog, maar dan stil. Vreedsaam en doodstil. Dit was die eienaardigste ding wat ek nog ooit meegemaak het. In stilte, met brandende fakkels, loop hulle deur die besige strate van Budapest. Na nadere ondersoek het ek uitgevind dat dit die “Day of the Living” was, en die slagoffers van die Holocaust word herdenk. Met ‘n vreemde gevoel is ek terug na die hotel. Die Hongare hou van eet. Baie en lekker eet. Gunstelinge sluit in: ganslever, verskeie pepers, iets wat bietje lyk soos Eisbein van die Duitsers, en ‘n soet wyn – soeter as Hanepoot! Die Oostenrykers het ook hulle merk op Hongarye gelaat – en vandag kan jy die beste koek, terte en allerhande klein nageregte daar kry. Ontbyt lyk meer soos ‘n goeie Pretoria-ooievaarstee dan as ‘n regte ontbyt! Oor die Hongare self kan ek nie veel skryf nie, maar my algemene indruk is ‘n verontregde nasie, wat die verlede verwyt, en die toekoms nog nie verstaan nie. In vergelyking met andere Europese lande, is hulle nie die vriendelikste mense nie, maar lever aan die ander kant goeie diens. Ek is amper twee keer om die bos gelei met die prys van kristalglase en ‘n taxirit, maar teen die tyd kan ek gelukkig al die truuks herken! Prakties gesien is Budapest ‘n goeie vakansiestad. Die Euro is nog nie ingevoer nie, wat dinge relatief goedkoper maak as Duitsland, Frankryk of Italië. Dit is ook vanaf Januarie deel van die Schengen lande, wat beteken dat jy met ‘n groen paspoort alleen maar een visa hoef te hê. Op my laaste dag het ons die heuwel uitgeklim by die Citadel en Liberty standbeeld, bietjie in die winkels rondgeloop, nog gebak geëet en die kultuur ingeneem. Ek het veel moeite gedoen om die mense goed waar te neem, en te kyk of ek ‘n Hongaar kan herken voor hy begin praat. Op die lughawe nog met ‘n laaste koffie en croissant in die hand, sit ek om my rond te kyk. Daar sit ‘n man by die tafel langsaan, en ek dink nog: Dit is ‘n tipiese Hongaar. Alle gelaatstrekke, sy manier van sit en die ewige frons. En net toe ek myself op die skouer wil klop oor my goeie kultuurkennis, sê hy op sy telefoon: “Okay, boet... ek check jou later. Ta-ra.”
|
||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|