News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
    Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  22°C
Kpstd  16°C  18°C
Dbn  17°C  21°C
Jhb  6°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

23/04/2008 15:39  - (SA)  
Fliekvlooi: Belydenis van 'n dobbelslaaf
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Fliekvlooi: Debbie doen 2008 (19/03/08)
  • Fliekvlooi: Kyk nou net vir Unbearable Lightness se Tomas! (26/03/08)
  • Blog: Fliekvlooi - Hoe om weer goed te word (12/03/08)

  • In ons samelewing bestaan daar glad te veel ongegronde stereotiperings. Soos dat verslaafdes noodwendig swakkelinge is. En dat alle Moslemvroue onderdanige, onderdrukte slagoffers is van ‘n patriargale stelsel. Nie dat ek nou die burka vir alle vroue wil aantrek nie, ek reken maar net dat daar soms leeuharte onder die doeke en sluiers van dié vroue klop.

    Confessions of a Gambler vertel die verhaal van só ‘n vrou. En dit bevestig sommer ook weer die ou waarheid dat niemand te sterk, te gelowig of sommer kortweg net te goed is om verslaaf te raak nie.

    Die hoofkarakter - interessant genoeg vertolk deur Rayda Jacobs, die skrywer van die oorspronklike (én bekroonde) boek - is ‘n dinamiese enkelma wat meestal selfgeldend en suksesvol is.

    Abeeda is ‘n aantreklike, suksesvolle ma van twee volwasse seuns. Sy is diep gelowig, kniel elke dag 5 keer op haar gebedematjie, besoek gereeld die moskee - eerbiedig in haar dubbele kopdoek - maar kan ‘n lekker knoop los en diep aan haar sigaret teug as sy met haar vriendinne kaartspeel en sit en redekawel om die kombuistafel oor die alledaagse dinge wat deel is van die menslike toestand.

    Dan ontdek sy ná ‘n tragiese voorval die plesiere van dobbel en sy beland op ‘n pad waar sy naderhand nie meer kan briek aandraai nie. Later kan sy - wat sltyd so getrou was in die uitlewing van haar godsdiens - nie eens meer bid nie. Sy lees die verse in die Koran waar die profeet dit duidelik maak dat dobbel ‘n gruwel in oë van God is, maar sy word kompulsief voortgedryf - met amper vernietigende gevolge.

    In dié onafwendbare afwaartse spiraal beland sy in sulke diep finansiële waters dat sy haar seun uitbuit, geld van haar huiswerker leen, vervreemd raak van haar suster ‘n jarelange vriendin - en haar uiteindelik tot misdaad wend.

    Nie dat dié fliek net vol gloom en doom is nie - inteendeel, daar is baie snaakse oomblikke, kleurvolle karakters en spitsvondige dialoog. Een van die snaaksste tonele is wanneer Abeeda met twee vriendinne afsit casino toe, stigtelik geklee met kopdoeke en al - maar met ontwerper gangster-donkerbrille op die neuse: vroue op ‘n mission...

    Soos Laetitia Pople, kunsredakteur van Die Burger van Rayda Jacobs se spel skryf: “Dié skrywer en dokumentêre rolprentmaker het ‘n natuurlike aanleg vir toneelspeel. Haar Abeeda is ongekunsteld, ‘n vertolking wat die kyker só tuis laat voel asof jy saam met haar om haar kombuistafel kuier. Dié aanslag geld al die spelers... wat sommer so inval by Abeeda se huis - daar is nie oordadige grimering, kostuums of stelontwerp nie.”

    Confessions of a Gambler is ‘n eerlike blik op meer as een tema. Buiten Abeeda se dobbelverslawing word daar ook geraak aan kwessies soos homoseksualiteit, die vigs-endemie, familie-intriges, vriendskap, gewetenskwellings oor die verloëning van haar eie integriteit sowel as haar geloofsoortuigings, en uiteindelik die moeisame pad terug na ‘n sinvolle lewe.

    Vraag: is alle verslawings gelyk, of is party meer sielsvernietigend as ander? Ek sou graag ‘n paar opinies wou hoor...


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    fantasies, 24/04/2008, katarina
    dankie vir jou fantastiese behandeling van films hier op jou blog - jy kry dit altyd reg om 'n bree blik op die temas van flieks in te bring wat wyer kring as net die gewone passiewe ontvlugting waaraan ons almal onsself maar skulding maak. Dis interressant die vloed van verslawing-flieks wat mens in die afgelope paar jaar uit Hollywood uit sien kom. Miskien juis omdat verslawing so 'n groot deel van ons samelewing se leefwyse is. Nog 'n uitstekende een oor spesifiek dobbelary is 'two for the money' met Al Pacino. nog 'n goeie portret van 'n dobbel-verslaafde is die meer onlangse 'Lucky You' met Eric Bana. My gevoel is dat verslaafdes altyd besig is om 'n "deal with god" te probeer maak - om hoeke te sny en die gode aan hulle kant probeer kry. 'n vriend wat self 'n dobbel-probleem gehad het, het aan my beskryf dat daardie oomblikke by die tafel voel soos 'n touloop op die mespunt van die noodlot - dat sy meer lewendig gevoel het in daardie oomblikke as ooit. dit kan enige kant toe gaan, en die dobbelverslaafde lees betekenis in die uitkoms en glo dat daar wel 'n manier is om dit te beheer. fasinerend!
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
        Stem
    Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
    Ja
    Nee

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo