News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
    Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  24°C
Kpstd  15°C  24°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  7°C  23°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

24/04/2008 09:49  - (SA)  
Tim Gesels
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Greytown kreun
  • 'God se werk is groot'
  • 60 000 mans ruk op
  • Tim Gesels (18/04)

  • Van Sondag af dink ek elke nou en dan oor Angus Buchan en die 60 000 mans wat verlede week na Greytown in KZN opgetrek vir die Mighty Men-saamtrek.

    Die mense kan maar net nie uitgepraat raak daaroor nie.

    Sondag was dit reeds duidelik daar is ’n omvangryke reaksie op Rapport se hoofberig oor die saamtrek.

    Die web-koerant het ongekende verkeer beleef die eerste paar dae - net ’n kortkop agter die onderwerp wat tot dusver vanjaar die meeste gelees is, dié oor Jurie Els en Robbie Klay se, sal ons maar sê, interaksies.

    Geouditeerde verkoopsyfers van die afgelope Sondag se gedrukte koerant is nog nie bekend nie, maar ons verspreidingsmense sê Rapport is Sondag landwyd opgeraap.

    En dit oor ’n geestelike naweek, die soort ding wat talle kerke dwarsoor die land gereeld hou. Om te luister na die maklik verstaanbare predikasies van ’n onopgesmukte boer, geen briljante teoloog of ’n vurige orator nie.

    ’n Volle 60 000 van hulle bymekaar, sonder ’n enkele radio- of TV-advertensie vooraf, sonder een volblad-advertensie in ’n koerant of sonder noemenswaardige beriggewing in die nasionale media.

    Die reklamering van die MM-saamtrek het duidelik onder die radar van die tradisionele media gevlieg. Internet, SMS, oorvertel van mond tot mond, gebedskringe, gemeentenuusbriewe, daardie soort van ding, het die taak verrig.

    Groot dele van die SA media is verlede naweek onkant betrap. Dié keer gelukkig nie Rapport nie.

    Is daar ’n kerkgroep in Suid-Afrika vandag, of ’n prediker, selfs een met die lokkrag van ’n rock-superster, iemand soos Billy Graham, wat dit kan regkry?

    Kwalik.

    Sê hierdie gebeurtenis iets van die tydsgees wat ons tans deurmaak? Van die dinge waaroor die mense mense praat, waaroor hulle wonder en dit wat hulle kwel? Indien wel, wat sê dit? Dis vrae wat ons nuusmense nou behoort te beantwoord.

    Marshall McLuhan, die Kanadese media-ghoeroe van die jare sestig, het die idee gemunt van die “die medium is die boodskap”. Bedoelende, die manier waarop ons inligting/boodskappe kry, is eintlik belangriker as die inhoud daarvan.

    “Oom Angus”, soos baie briefskrywers aan Rapport hom liefderyk genoem het, het die afgelope naweek streng gesproke maar net gesê wat duisende predikante en pastore alle jare lank verkondig. Maar vir 60 000 mense het hy ’n unieke, vars boodskap gehad wat hulle op ’n besondere manier besiel het.

    Is dit omdat hulle die boodskappe deur ’n ander “medium”, naamlik Angus Buchan, gekry het? Of is dit die tye, wat baie mense as beklemmend beleef, wat hulle so geraak het?

    Lesers kan gerus van hulle laat hoor. Dis boeiend.

    Rapport gaan bly by die storie van Faith Like Potatoes, Angus Buchan, die 60 000 mans op Greytown asook die verdere saamtrekke wat beplan word.

    Dis groot nuus. Teen gister het twee redakteur-kollegas, een van ’n mededingende titel, ruiterlik erken hulle het die storie van die Greytown-saamtrek totaal misgelees.

    Ons het vir Hanlie Retief gestuur om vir Sondag se koerant, soos net sy kan, ’n woordskets te maak van Angus Buchan. Moenie dit misloop nie.

    * * * * *

    Sedert die koms van die blog probeer ek agterkom wat is die verskil tussen ’n blog en ’n rubriek. Behalwe dat die platforms verskil. Met my eerste blog-inskrywing agter die rug, dink ek ek weet nou.

    Dis ’n bietjie soos ’n antwoord in ’n Afrikaans-vraestel. Vraag: wat is die verskil tussen konveks en konkaaf? Leerling: konveks is presies dieselfde as konkaaf, dis net heeltemal anders.

    So is dit met blog vs rubriek. Dieselfde én heeltemal anders. Die deel van “ontleed, opinie gee en betoog”, dit is dieselfde. Die verskil lê in die reaksie.

    Dié is blitsvinnig. En soms geniepsig. Iets om aan gewoond te raak. Minstens weet rubriekskrywers, wat die hand aan ’n blog waag, nou hoe word daar by die huis op hul skryfsels gereageer!

    Nie alle “pêrels van wysheid” word reikhalsend opgetel nie, my maat. Glo my.

    Die proses waarin die internet die ou media-hierargieë platdruk, storm meedoënloos voort. En dis goed. Krimpende mag vir ’n klein groepie mense en instellings is beter as stygende mag vir hulle.

    Die populêre, dikwels geykte opvatting is dat die mag van die media net groter word en dat die media al hoe moeiliker verantwoordbaar gehou word. Die teendeel is waar, veral weens die koms van die internet.

    Daar’s ’n grappie wat die vergane era van media-invloed nogal mooi saamvat. Dit lui so: ’n Man het besluit om sy hond Redakteur te noem. Want die hond het heeldag op sy agterent gesit en blaf.

    Deesdae blaf hulle terug. En “redakteur” moet sy eie medisyne sluk.

    As die nuustydskrif Time in 2099 nog as ’n media-entiteit bestaan, sal daar een groot aanspraakmaker wees op die titel “mens” van die 21 ste eeu: die internet.


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    MMC 2008, 01/05/2008, dirk le roux
    Op Tim se vraag oor "die tye" of "die medium" - Die tye dalk in die sin dat die kinders van die Here (en die wat na Hom soek) in SA besef dat niks anders nie as terugdraai na die Here dinge reg kan kry, en dat hul bereid is dat daardie verandering by hulself mag begin, vanuit hul eie huise. Die medium dalk in die sin dat Oom Angus reguit praat oor wat die Heilige Gees hom op die hart le. Predikers en pastore is dalk te bang dat hul inkomste geraak sal word as hul onder andere bv. sou se "reg, almal wat 'n probleem het met verslawing aan pornografie, staan op, dan maak ons dit hier en nou met die Here reg" en dan saam met hul bid en 'n commitment maak om by daardie onderneming te bly met die hulp van Bo. Ek self het na MMC 08 gegaan omdat ek oortuig was dit gaan 'n belewenis wees in gees en in skaal. Omdat ek vir die Here en almal in my land baie lief is en so begeer dat Sy wil hier sal oorneem, en deel wou he/neem aan enigiets wat dit kan naderbring.
    Mighty Men Konferensie, 30/04/2008, Louis Marneweck
    Baie dankie vir Rapport se objektiewe beriggewing oor een van die aangrypendste geleenthede wat ek nog ooit bygewoon het.Om die nabyheid van die Heilige Gees so te kon ervaar en die liefde wat daar tussen almal posgevat het, kan nie aan enigiemand wat nie self daar was werklik in woorde weergegee word nie. Ek is Leier van n'politieke party,lid van n' wetgewer en kan met groot vrymoedigheid verklaar dat die politiek nie die moraliteitskrisis in ons gemeenskappe kan herstel nie.Politiek kan nie die oplossing vir ons probleme verskaf nie slegs God kan. Angus het nooit vir enigeen gevra om hom te volg nie,enige geldelike bydraes te lewer nie maar inteendeel het hy vir elkeen baie duidelik gese dat slegs Christus gevolg moet word.Die enigste weg en waarheid,goeie mense gaan nie Hemel toe nie slegs gelowiges. Ek was die groepleier van 143 mans en seuns wat vanaf ons gemeente in Standerton die konferensie bygewoon het.Die Maandag tydens Saalopening in die skool het n skaam jong seun op die verhoog getuig oor sy liefde vir Christus en kon hy op sy kniee gaan en vir die hele skool voorbidding doen.Die hele skool het hom daarna toegejuig- Afrikaanse sowel as Engelse leerlinge.Die Donderdagaand het n' groot groep mans byeengekom en in die openbaar voor hulle vrouens en kinders getuig oor wat die konferensie vir hulle beteken het.Harte is aangeraak,gesindhede is verander.Waarom? Omdat sondes bely is,die Here is aangeroep en mans het hulle op hulle kniee verootmoedig voor die Here. In my dorp wat polities redelik onstabiel is,is daar n' herlewing onder alle gemeenskappe,alle rasse.Vanaf 1 Mei 2008 tot 11 Mei 2008 verootmoedig Standerton hulle voor die Here vir 10 dae word daar 24 uur aanmekaar gebid vir ons dorp.Alle rasse kom byeen in n' tent wat op een van die kerke se terrein opgeslaan is. Vir die skeptici onder ons weet dat die Here Jesus Christus ons almal liefhet en reeds die prys vir ons betaal het. Angus is slegs n' boodskapper,n' instrument in God se hand.Terloops alle uitgawes vir die Konferensie was voor Saterdag reeds ten volle betaal - die bedrag is veel meer as die R6 miljoen wat deur iemand genoem was.Verder het dagbesoekers nie R100 betaal nie,dit was slegs vir kampering.Hulle het hul kos net soos ons kampeerders ook verniet ontvang.Die mans van SA het vir die 1ste keer weer n' gelofte afgele,dat hulle elke dag tyd sal afsonder om met die Here in gebed en bestudering van Sy Woord deur te bring. Dit was nie n' gryp na strooihalms vir oplossing van SA se probleme nie,daar is geen ander verklaring vir wat gebeur het as dat mans deur die Heilige Gees van dwarsoor SA en ook ander lande geroep is om hulle opnuut toe te wy aan God.Verskeie mans het op hierdie Konferensie vir die 1ste keer hulle harte vir die Here gegee.Soos Angus gese het as elkeen teruggaan en niks gebeur verder nie dan was die Konferensie tevergeefs,soos die koringkorrel moet ons in die grond val sterf en baie vrug dra,vir Christus.Hy het ook elkeen aangemoedig om by n' kerk betrokke te raak as jy nie reeds is nie. Seenwense aan almal ook die skeptici.
    MMC, 30/04/2008, Saai die goeie saad
    In antwoord op Paul 27/4/2008 ....ek wonder of Oom Angus jou die mandaat gegee het om in die positiewe gees van wat op Greytown gebeur het jou self die reg toe te eien om te veroordeel en selfs af te dreig. Jou growwe veralgemening en verwysing na n bekende saadmaatskappy in Greytown is onvanpas en waarskynlik nie verteenwoordigend van die besoekers wat hier weg is met n positiewe boodskap en nie een van veroordeling nie. Laat dit gerus vir die Koning na wie jy verwys. Asseblief kry jou feite korrek die bydrae van werknemers van die saadmaatskappy om van die geleentheid die sukses te maak was enorm en verdien nie jou kommentaar om almal oor dieselfde kam te skeer nie. Die reg kom jou nie toe nie.
    MMC 2008, 29/04/2008, Danie Theron
    Ek wil net byvoeg... as Rapport meer sulke positiewe berigte skryf sal ek weer begin koerant lees.
    MMC 2008, 29/04/2008, Danie Theron
    Ek lees al baie lank nie meer die koerant nie. Dit is vol van roof,moord en dood. Ja ek was by MMC 2008 en dit het my HELE LEWE verander. As jy nie daar was nie, hou asb jou negatiewe kommentaar, want wat daar gebeur het kan 'n mens nie in woorde beskryf nie. Ek weet nie wat om verder vir die mense te se wat negatief is nie behalwe - Hallelujah die HERE lewe in my.
    MM konferensie, 29/04/2008, Willie Pretorius
    Mens lees al die kommentaar en dis moeilik om te verstaan dat soveel mense vinger wys,negatief teenoor die mm is.Dit is tog so n eenvoudige,maklik verstaanbare boodskap.Dat ek,jy,alle mans hul huishouding sal lei in die Here se wil.Dis al.Die uitvloei daarvan is dat n man sy vrou sal waardeer,respekteer en met liefde aan hul verhouding sal werk,een word.Dat n man sy kinders sal oppas,beskerm,groot maak in die Here se wil(onthou jy jou kinders se doop belofte),hul sal liefhe,dissipline en respek sal leer.Waarom die boodskap probeer verander in iets negatiefs,dit probeer verdraai?Vir die wat nie in die Here glo nie,haal geloof daaruit en die boodskap bly tog presies dieselfde.Een van herbevestiging en van bemoediging,dat n man die verantwoordelik van sy huishouding in alle omstandighede moet dra.En dis net n boodskap,"Use it, Loose it" soos die Engelse sal se,dis vir jou om te besluit of jy dit wil gebriuk of nie.Waarom die bohaai en teen kanting?
    Elsie Beneke, wou nie hierdie onderwerp ophaal voordat iemand anders dit doen nie!!, 29/04/2008, My name is Botha (As in Earl)
    Maar jy is heeltemal korrek..........God is daar vir almal.....ongeag velkleur, ras, geslag of geloof..........Maar dis die DUIWEL wat die verskille tussen mense gebruik om sekere groepe af te baken.......DIE DUIWEL gebruik JUIS vekleur, ras, geslag en geloof om kunsmatige groepe daar te stel......en gebruik dan die groepe om mense teen mekaar af te speel......Met bostaande in gedagte, hoop ek dat jy sal besef dat jy eintlik niks gemis het deur nie by Angus te wees nie!!!.....Voorbeelde van hoe suksesvol die duiwel is met sy afbakening:.....Godsdiens oorloee ......Spaanse Christen Moorde......Amerikaanse oorlog ten Moslems en andersom.......Aparthate.....Wit NG kerke.........Maar hierdie lys is eintlik oneindig lank!....Op die heel basiese vlak is dit altyd ONS en HULLE......(Ja, sommige van ONS is sleg, maar daar is meer van JULLE wat sleg is is!!! :)
    Oom Angus, 29/04/2008, Wynand
    Hoe kan 'n joernalis skryf oor 'n gebeurtenis as hy nie self daar was nie? So voor jy jouself die reg toe eien om mense te veroordeel, gaan kyk eerder maar self en skryf dan. Daar is tans reg oor die land saamtreke gere?vir hierdie jaar. Vind uit wanneer een in jou omgewing is en kyk of daar dalk nog vir jou plek is. As dit in my area is sal ek met liefde vir jou my kaartjie afstaan. As jy nie R20 kan bekostig nie sal ek dit ook met liefde vir jou gee. Wanneer ek hier lees en sien hoe mede Afrikaners dink, verstaan ek nou waaroor die Here vir Oom Angus die opdrag gegee het dat die herlewenis moet begin by die mans van die land. Dit is omdat die Duiwel geslaag het daarin om mans wys te maak dat God nie bestaan nie. Die rede hoekom hulle so dink is soos die Bybel tereg opmerk is omdat die groot vloed misken word (Vir die wat nie weet nie dit is die vorige keer toe die mensdom vernietig is oor hoe sleg hulle was). As daar dan nie 'n God is of 'n veroordeling is nie, kan elkeen mos maak wat hy wil (moord, verkragting diefstal) en s?at hy wil (onder die vaandel van die sogenaamde vryheid van spraak) en is aan niemand verantwoordelik nie. Dit is nou tyd dat ons terugkeer na die basiese riglyne wat deur die Bybel daar gestel word.
    Olivia, Geen Gosdiens is verhewe bo kritiek nie, 29/04/2008, My name is Botha (As in Earl)
    Niemand hier het God kritiseer nie, maar wel die mens gemaakte godsdienste........Ons weet TWEE DINGE vir seker: Ons SAL doodgaan eendag en ons SAL TAX betaal.........Ek glo ook in God......maar ek glo nie in godsdiens en kerke nie......my posts gaan oor misleiding en my vrae gaan oor wat van die geld word......As enige iemand dink hy kan vir die TAX-MAN se "God het voorsien", dan maak julle 'n groot fout.....Ek bevraagteken nie die liefde en toewyding wat ingaan by die reelings van enige byeenkoms ter ere van God nie, maar ek bevraagteken die MOTIEWE indien die finansies nie TOTAAL DEARSIGTIG IS NIE.
    vroue en swartes nie welkom ? hoekom?, 28/04/2008, Elsie Beneke
    Ek ht jaloers gekyk hoe my susters en vriendinne se mans klaarmaak vir die MM conference. Dit was weereens die uitgesoekte en bevoorregte groep waarvan die res uitgesluit was - ons vroue was onwelkom daar, al is baie van ons weduwees die broodwinners wat net soveel seen en krag benodig as die mans wat op grond van hul geslag "mighty men" word, terwyl die wat nie in daardie bevoorregte posisies is nie, maar weer net uitgesluit word van die seen wat daar uitgestort is, en dit terwyl ons almal ewe hard werk en swoeg om te oorleef. Ons is op grond van ons siele, tog veronderstel om almal gelyk voor God te wees. Ek is al 5 jaar 'n weduwee en het nie 'n man wat van die Conference kon terugkeer om my met nuwe moed te vervul nie, self mag ek nie gegaan het nie, is dit nou maar "my loss?"
    kritiek is onvanpas, 28/04/2008, Olivia Steyn
    My man was by die MMC. Daarvoor dank ek God. Baie lus was hy nie want hy was siek. Ek is so dankbar om te getuig dat my man geestelik gegroei het en dat hy kans sien vir die w?ld daar buite. God het ingegryp! Wonderlik! Daarvoor prys ek God. As jy `n persoon is wat kritiek lewer, getuig jy dat die Gees van God nie in jou woon nie en dat jy nie daar was nie. Mans is honger na God se teenwoordigheid in hulle lewens. Die mans besef dat hulle elke dag stilte- tyd met God moet h?odat hulle krag van God kan ontvang vir elke dag. As jy kritiek lewer dan is dit teen God. Gaan liewer volgende jaar en kyk of jou lewe ook nie aangeraak kan word nie.
    angus buchan, 28/04/2008, jacques
    Vir dawid johannes wil ek graag se dat die 1 koerant wat jy minder koop sal GEEN duik maak nie. Die Here se boodskap is beslis nie oordrewe nie. ons christene weet wat ons in Greytown gemaak het. jy het 'n BAIE groot gebeurtenis gemis. ek is verseker weer daar wees volgende jaar. Ook ter inligting: daar was verskeie swart mense ook by die konferensie saam met wie ek met vreugde in my hart saam die Here aanbid het. Die mense wat so kritiek lewer oor die naweek was verseker nie daar nie en kon dus nie die Heilige Gees beleef by die byeenkoms nie. Ons Christene sal ons nie laat onderkry deur neerhalige kritiek nie. Gee eerder julle lewens vir die Here en julle sal 'n eislike verandering in julle lewens waarneem.
    Buchan, 28/04/2008, Johan
    Ek sien iemand spog oor hoe 'magt?christene is(Deon Maas) Jy moet weer dink,klink vir my meer na onverdraagsaamheid,dieselfde met Paul wat dreig om die kunsmis verspreider n "les" te leer.
    MMC, Hoe en hoekom?, 28/04/2008, Minnaar Fullard
    Hoekom is my kommentaar van gister gesensor, bied dit nie ook relevante antwoorde op Tim se vrae nie? Groete Minnaar Fullard
    Mighty Mens Conference, 28/04/2008, George
    Ek was daar. Daar is nie woorde om te beskryf wat ons Here daar aan my gedoen het nie. Die Here werk beslis. As ons Godsdiens dan so sleg is, hoekom reageer die ongelowiges dan met soveel passie. Ek weet hoekom. Hulle is jaloers op wat Gelowiges het en beleef en wil ook graag van die Genade van ons Here he. Dat hulle al hierdie "geleerde" verduidelikings gee bevestig net dat hulle hulself probeer oortuig dat hulle nie die Here nodig het nie. Dit is so jammer, want Jesus is reeds besig om in jou te werk. Jesus is besig om jou hart sag te maak. En dit gaan jou soos 'n groot maagpyn tref, skielik en beslis. Ek wil vra dat almal wat die naweek saam my die Here geloof het, hierdie mense wat so skop teen wat die Here laat gebeur het by Jesus se voete te le en saam vir hulle bid. Dink net as hulle die Here met dieselfde passie kan loof soos wat hulle nou teen die Here is. Ek glo dat God ons wat hom aanbid sal seen en dat Hy die mense wat so teestribbel sal vergewe en aan hulle die Blye Boodskap en Evangelie sal gee uit Sy Groot Genade en omdat Hy lief is vir almal.Die Here is Groot en Liefdevol.
    Loftus vir Jesus, 28/04/2008, Paul
    Loftus se R20 is sodat mense n sitplek no kan he om sodoende skadebeheer toe te pas.Die R20 raak nie kante om Loftus se kostes te dek nie, so 35% daarvan. Dit is die organiseerders wat die koste gehef het en die verdere kostes aangaan, nie Angus nie ,hy is die gasspreker.
    Oppas manne!!!, 28/04/2008, My name is Botha (As in Earl)
    Oppas manme.....hierdie is 'n tipiese geld-maak-storie.......dit is die doel van enige godsdiens......vra maar net 'n paar regte vrae.......1. Is daar geld betrokke by hierdie byeenkomste?.....2. Wie word almal betaal?.....3. Word daar rekord gehou van alle donasies?....4. Hoekom praat God net met sekere enkelinge?.....5. Watter bewyse het JY dat dit wel God is wat met Angus gepraat het?.....6. Wat is Angus se finansiele geskiedenis?......7. Hoeveel is Angus se finansiele voordele, indien enige, uit hierdie byeenkomste?.......8. Wat is Angus se beroep en hoeveel verdien hy daaruit, indien enige iets?
    Godsdiens in die algemeen..., 28/04/2008, francois williams
    As mens in ag neem dat godsdiens in die algemeen 'n massa-histerie is, nou ja, wat was dan so wonderlik aan die 'saamtrekkie' ? 60 000 huh ! Die ZCC trek maklik miljoene mens elke jaar bymekaar, maar o ja, 'hulle' is mos swart...dus tel dit nie...never maaind dat daai mense hul lewens werklik ingrypend verander nie, bv deur nie te drink of te rook nie... Hierdie is net white-tribe-wetdreaming en 'n reuse-rassisties-ge-inspireerde doktrine, presies soos die xtendom trouens nog altyd was, en is...geen wonder Rapport is so hoog-voor op sy perdjie nie, maar as jy siele by die honderduisend kan verkoop dan bly koerante getalle seker nie agter nie...Blanke Suid Afrikaners bly pateties finish en klaar !
    BUCHAN DEKKING DEUR RAPPORT, 28/04/2008, H J
    Tim du Plessis klink opgewonde oor die saamtrek by Angus Buchan se plaas. Ek is ook. En Rapport se verslaggewing was in hierdie geval gebalanseerd en hoflik, 'n plesier om te lees. Hopelik sal mnr du Plessis in die toekoms ook verseker dat beriggewing oor Christelike sake aan kenners (akademies of andersins) oorgelaat word, wat 'n praktiese, lewende verhouding met die God van die Bybel het. In die verlede was daar ongelukkig berigte wat weens onkunde, oordrewe intellektualisme en bitterheid die bal baie ver misgeskop het. So onvanpas soos Hillary Clinton in 'n voetbalwedstryd. Mog dit nooit weer gebeur nie.
    60 000?, 27/04/2008, Reinier
    As baie mense 'n dwase ding glo bly dit 'n dwase ding
    Herlewing?, 27/04/2008, Reinier
    Hoe meer onseker hoe meer fundamenteel
    Die grootheid van God, 27/04/2008, Stefaan
    `n Seuntjie het op `n dag vir sy pa gevra hoe groot God dan is. Sy pa se hy sal hom gaan wys. So tien kilometer van die Hertzogtoring stop hy sy kar en vra sy kind hoe groot die toring is? Die seun kry die beeld van die toring tussen sy duim en wysvinger beet en beduie vir sy pa dat dit is hoe groot God is. Hulle ry toe tot teenaan die toring en sy pa vra dieselfde vraag. Die seun kyk met verbystering op na die toring en erken met verwondering dat hy die toring nie kan meet nie want dit is te groot! So is dit met God ook. Hoe verder jy van Jesus af leef, hoe kleiner is God vir jou en hoe nader jy aan ons Here Jesus leef hoe groter word God vir jou. Dis hierdie soort verwondering waarvan die postmodernisme niks van verstaan nie want daar bestaan mos nie vir hulle absolute waarhede nie, en die grootheid van God is `n absolute waarheid.
    Mediadekking van die MMC, 27/04/2008, Nathan Bond
    Die pad na ?n beter lewe is nie uitgel?et ongeregverdigde oortuiginge nie. Die 60 000 is volkome onder die invloed van geliefde volksverhaaltjies oor gode; van mite; van veronderstellings waarvoor daar nie ?n grieseltjie bewys bestaan nie; van veronderstellings waarvoor bewys nie eens denkbaar is nie. D?is ?n verregaande vergrype van menslike breinkrag wat ?n soort perverse kulturele eienaardigheid tot gevolg het: dat rasionele diskoers onmoontlik word. En as die geskiedenis ons een ding leer dan is dit dat ?n gebrek aan smaak vir bewys gereeld die ergste in die mensdom uitbring. Wanneer oortuiging ? hoe edel ook al ? deur iets anders as bewyse geregverdig word, laat dit ons magteloos om een van die mees deurdringende oorsake van konflik in ons samelewing te identifiseer en aan te spreek: Blinde Geloof. Byvoorbeeld, as die idee dat jy vir ewig gaan leef eers posgevat het, verander die uitkyk op die lewe op ?n manier wat andersins ondenkbaar sou wees. Wanneer die idee dat ?n bepaalde versameling antieke geskrifte die onfeilbare woorde van ?n ?God? is eers posgevat het, word Sjibbolet-vergrype (Sien Rigters 12.v,vi) die norm. Ons het ni?ie r?om goed te glo sonder bewyse nie!* Die idee dat daar ?n Perfekte, Almagtige, Alwetende, Alomteenwoordige Bonatuurlike Skepper en Beskikker is, is onsinnig. Daar is nie ?n grieseltjie bewys dat s? ?n Wese bestaan nie. Om in verwagting van hierdie ?God? se ingrype te leef is om waardevolle tyd te mors, tyd wat met dink en werk tot onmiddellike en volhoubare voordeel van die ganse planeet en alle lewe aangewend kan word; aangewend m??word. Ek meen dit is ?n kwade dag as dit ?n wolhaarstorie kos om mense te motiveer om te doen wat hulle in elk geval behoort te doen. Ek is nie be?ruk met ?n nuwe! gemotiveerde! man (met herwonne manlikheid!) wat sy brein in die grootste tent op aarde neffens Greytown gelos het nie. Ek dink ?n boodskap wat hoop gee, maar ook waansinnighede insluit soos 'gay seks in onaanvaarbaar' en 'dis goed om jou kind sporadies te slaan' en 'God sal jou wys waar om vir water te boor' is ?n boodskap wat maar ge?oreer kan word. ?n Boodskap wat gewortel is in lewende dooies en maagdelike geboortes en ?n heen-en-weer gereisery deur die buitenste ruimte is ?n onsinnige boodskap, ongeag hoe oulik jy dit opmaak. Die Mighty Men Conference is sleg vir Suid Afrika. Die Mighty Men Conference is sleg vir mans en vir hulle vrouens en vir hulle kinders en vir hulle werknemers en vir hulle werkgewers. En die Afrikaanse koerante wat die Mighty Men Conference so ophemel is onverantwoordelik en l?ulle plig op die altaar van tydelike verhoogde omset. Op die lange duur is valse hoop altyd erger as wanhoop. * Harris, Sam. 2005. The End of Faith. Free Press. London.
    Vir Dawid Johannes, 27/04/2008, Abraham
    Dawid, ek was daar en wat op Greytown gebeur het WAS nuuswaardig. Meer nuuswaardig as meeste ander stories wat ooit deur die Afrikaanse pers gedek word. Ek skat omtrent 40 000 van die manne daar was Afrikaans. As jy die som gaan maak is dit 'n wesenlike persentasie van die Afrikaanse manne in die land - dis nie een of ander komma nul nul nul iets wat 'n klein belwenissie gehad het nie; daar het lewensveradering plaasgevind onder duisende manne wat van oral deur die land gekom het. Verandering - wat as ek luister na die wat daar was - aanhou selfs meer as 'n week later... DIT is nie iets wat 'n mens kan doen nie. Wel gedaan Rapport met julle dekking van hierdie gebeurtenis van nasionale belang.
    60 000 , 27/04/2008, thys erasmus
    eendrag maak mak
    greytown se 60k, 27/04/2008, johan
    Hierdie lot laat my dink aan die yankee tipe kultus waar honderse aan die einde "mal" raak onder vaandel van die Skrif en gif drink of iets dergeliks doen.
    God skuld ons niks, 27/04/2008, Charl
    Soos met enige ander kommentator, gaan my stuiwer in die armbeurs ook gebuk onder gebrekkige kennis en persoonlike opinie. Met dit in gedagte wil ek die "Buchan-fenomeen" verklaar in terme van die vuisvoos en verpletterde moraal wat veral die afgelope ses maande onder wit Afrikaners posgevat het (ek hou in gedagte dat die land se probleme nie net wit Afrikaners raak nie.). Iets wat ook op 'n meer pessimistiese manier kop uitsteek in die feit dat "emmigrasie-seminare" se getalle vanaf einde verlede astronomies toegeneem het. Die 60 000 sterk groep mans wat na Buchan gaan luister het, gryp na hierdie reddingsbooi, want dit lyk regtig nie asof enige ander redder homself sigbaar maak op die horison nie. As mens by 'n rots afgly en iemand roep uit dat jy sy hand moet gryp, gaan jy nie vra: "maar dink jy jy's sterk genoeg nie!?" Afrikaners is desperaat. Al daai "vaste" dinge waarmee ons onsself in die verlede mee gedefinieer het, le aan skerwe. Ons lewens en sekuriteit word op elke denkbare manier bedreig. Buchan sien dit raak, en voed die lewenshonger Afrikaners met die "brood van hoop" - "God sal uitkoms gee..." Wat die uiteinde van die "Buchan-fenomeen" gaan wees, weet ek nie, maar ek hoop dit bring heling. Ek hoop dit bring herstel. Ek hoop dit speel 'n rol in die totstandkoming van 'n gesonde samelewing in SA. Maar laat ons nie onsself blindstaar nie: Herlewings kom en gaan, emosies ry rondomtalie met 'n mens, godsdienstige massa-opsweping plat ook af met tyd. As jy glo God is die antwoord vir die land se probleme, respekteer ek jou opinie. Maar nie almal voel so nie. Party van ons glo nie in die bestaan van God nie. Party van ons glo dat SA se antwoord op meer aardse en praktiese vlakke te vinde is - die daadwerklike aanspreek van die regering om verantwoordelikheid vir ons land te neem en regtig erns te maak met al die brandende kwessies. Ek glo die ANC-regering is die enkele groot oorsaak vir die gemors waarin ons nou sit! (ja, selfs inaggenome die erfstuk van apartheid waarmee hulle opgesaal is) Dis hulle wat my onveilig laat voel, weens hul pap houding teenoor misdadigers. Demokrasie is seker die beste politieke sisteem, maar 'n demokrasie wat ontaard in 'n "free for all"-speelpark (insluitend gierige en kleptomaniese leiers), is 'n verloening van die basiese waardes van ons demokrasie. Dus, bid tot God as jy wil, maar laat ons nie dink dat God aanspreeklik is of enigsins verantwoordelikheid gehou kan word vir ons herstel nie. Nee, God skuld ons niks. Laat ons besef die verantwoordelikheid le by elke SA'ner (en veral by die owerhede wat moet lei met hul voorbeeld!) om hand in eie boesem te steek, terwyl hy met die ander hand aan die ploeg slaan! Voordat daai kollektiewe gesindheid nie posvat nie, is ek bevrees, gaan nie 'n duisend Buchan-saamtrekke 'n duik maak nie. Ek wens Buchan alle sterkte toe. Ek glo sy hart is suiwer en opreg. En ek hoop hy lewer 'n broodnodige bydrae tot die vestiging van bogenoemde kollektiewe gesindheid - God of te not.
    Buchan , 27/04/2008, Eksteens, Engeland
    Ons bid hier in Engeland al maande vir ons geliefde land vir herlewing. Toe dit begin (of God nou Angus Buchan gebruik of wie ook al) het ons juis gewonder hoeveel mense vuurwarm gaan kritiseer omdat die gemakstoele waarop hulle sit so brand? Mag God verheerlik word en Christinne (swart, wit, bruin, en alle ander nationaliteite in ons 'reenboognasie') wakker skrik en saamstaan sodat ons land genees kan word!! Prys God vir Sy getrouheid en liefde aan 'n nasie wat baie afvallig en materialisties geword het.
    Les vir die liberaliste, 27/04/2008, Ben Bravoland
    Rapport en die NG kerk kry 'n boodskap wat hulle net nie wil hoor nie. Niemand is so doof soos hy wat nie wil hoor nie, of hoe? Voor 1994 het Rapport en die NG-kerk die boodskap van die liberale NP verkondig. Dit het hulle magtig gemaak. Met die koms van die Regime in 1994, het hulle gehoop om op hierdie resep voort te bou. Die NG kerk het die regime se boodskap van die kansel verkondig en Rapport het vertel hoe wonderlik is die Nuwe Suid-Afrika. Die Afrikaners is geluk nie almal blind nie en het agter gekom die mense lieg vir ons, die Nuwe Suid-Afrika is nie so wonderlike plek nie, veral nie as jy 'n Afrikaner is nie. Daar is geen verskoning vir die rassistiese wetgewing van die Regime nie, al probeer Rapport en die NG kerk ook "Affirmative action" regverdig. So ook BEE en "kwota-spelers". Hulle is egter nie die enigste "blindes" nie. Die lys is lank en sluit die ATKV in. Nou is hierdie fossiele met hulle NP-Mentaliteit verbaas dat die Afrikaner besig is om sy rug op hulle te draai? Die ATKV het getransformeer toe hulle die skrif aan die muur sien, het selfs gepoog om die definisie van Afrikaner verander. Die NG ook....Gaan Rapport se redding wees om in Xhosa te skryf eerder as in Afrikaans? Die boodskap wat hulle bring pas tog eerder die Xhosanostra as die Afrikaner....is dit dalk ook hoekom daar 'n glimps is van weerstand van Rapport teen die Zulu Zuma?? Rapport (en sy sussie Beeld) het nou vir lank die gedrukte media beheer, die internet plaas ons almal egter op gelyke voet..hehehehe
    Ai tog! , 27/04/2008, Jax
    Die klem l?p die verkeerde Persoon. Hou asseblief op om van God en Sy Woord so 'n gemors te maak! Vat jou Bybel en begin 'n persoonlike verhouding met God! Volg Hom! Dis al wat Hy vra = niks van hierdie ander twak wat nou weer kop-uit-steek nie! Dis so eenvoudig soos dit - Here, ek is volkome afhanklik van U! Lei my asseblief om te doen wat U van my verwag! Lei my sodat U wil ook deur my kan geskied! Is dit so moeilik om lief te h?Daar is so baie mense in SA - nie net Afrikaner mans nie - daar is ook ander kulture wat die Here net so lief het en natuurlik is daar 'n ander geslag wat God ook baie lief het. Mans is geensin verhewe nie! Hulle wil so graag wees maar hulle is nie! Ons is ALMAL gelyk in God se o?
    RAAK STIL EN HOOR WAT GOD NOU EINTLIK Se..., 27/04/2008, CORNEL VENTER
    Date: Sat, 26 Apr 2008 13:05:23 +0100 (BST) From: "cornel venter" Add to Address Book Subject: FAITH LIKE POTATOES...KOS GELD EN IS NIE VIR DIE ARMES BESKORE NIE...vanaf Sjina. To: webvoet@litnet.co.za So DEON, daar het jy dit en was ons nie verkeerd oor die afgelope naweek nie...! R 100 toe vir n tent en moet nie vir my vertel kos was verniet nie...100 X 60 000= R 6 000 000,00!!!!!!!! En in Die Burger van 70 000 kaartjies binne een dag op Loftus in Pretoria uitverkoop...jare terug het ek ook sulke MASSA HISTERIESE plekke besoek...dit kon nie my depressie, brein disfunksie wegvat nie en ek was bevriend met mense wat my n geleentheid gegee het...my persoonlike ervaring bly persoonlik en wil ek nie vandag te veel uitwei nie, maar glo my vry, ek is vandag gelukkiger as ooit en dit is SONDER DAARDIE GOD WAT SONDAARS IN N HELSE VUUR LAAT BRAND. As ek toe nie die geld gehad het en mense van daar geken het nie, sou ek nooit die ervaring gehad het nie. Wat my vir die mense wat nou weer moet herleef wil toevoeg: As julle brandarm was/ is is die KONINGRYK nie vir julle nie. En my twee en n half jaar in kar...EK HET SURVIVE EN KAN NIE GOD DIE SKULD OF DANK DAARVOOR GEE NIE...! NIEMAND IS OP MY PAD GEPLAAS NIE, DAAR WAS GEEN UITKOMS...GOD HET WEL MY WESE BESKERM...EK HET MENSE LEER KEN, BV. HIS ROY HIGHNESS, MARLENE, EN VANDAG JARE LATER IS MY OMSTANDIGHEDE 100% BETER...EK WIL GRAAG DIE "COURSE IN MIRACLES" AAN DIE MILJOENE WANHOPIGES IN DIE WERELD VOORSTEL",WANT DAAR VERANDER ELKEEN EN DIT WAS N GROOT BEHOUD IN MY, DAT EK NET MYSELF HET AS EK WIL BLAMEER...EN AL WAT EK KIES IS VREDE...AS DAAR ONRUSTIGHEID IS, BEWEEG EK MAAR NET TERUG OP MY VREDESPAD EN NOOIT WORD DAAR VOOR MY DEUR GELE HOE SLEG EN N SONDAAR EK IS NIE en sal ek in my menswees wat maar altyd neig na kritieklewer, onrus ervaar en dan maar net weer terugbeweeg op my vredespad. Ter afsluiting, BIDDENDE SPRINGKAAN en KOBUS DE KLERK, julle is darem voorwaar baie uitgesproke...hoe kan julle vrede he wat ALLE MENSLIKE VERSTAND TE BOWE GAAN en so graag klippe slinger...? GEE GOD KANS OM SY WIL TE VOLBRING...ek verwys na die briewe aan Professor Deon Knobel... Bye Cornel
    Antwoord aan BVR, 27/04/2008, Charl Liebenberg
    Angus Buchan en sy seuns is suksesvolle boere en het nie die geld nodig nie. Hy sal al die geld wat invloei gebruik vir die verspreiding van die evangeliese boodskap.
    Die bedevaart na welvaart, 27/04/2008, river
    Ek hoop die le?kare het afgereis na die verafgele?reytown om te gaan dankie s?en nie vir nog te vra nie, want as sestigduisend broodwinners vir twee, drie dae weg van die huis kan wees n?floop van 'n Paas-langnaweek (en skoolvakansie met sy luukse-uitgawes) en op die vooraand van vakansiedag-belaaide tweedag-werkweek, dan moet dit sommer baie goed gaan met hulle.
    Buchan, 27/04/2008, Ivan Pienaar
    Dit is vir my hartseer en ek dink dat Oom Angus die selfde voel, en dit is dat dit 'n beweging was van God om manne weer terug te bring na die basis van geloof in Hom en nie om wit of swart of oor Deon Maas of oor Oom Angus self nie. Dit gaan nie om te probeer om kerke te verenig nie, dit gaan oor die liefde en die volle prys wat 'n liefdevolle Vader aan die mens gegee het sodat ons lewe in oorvloed kan be-erwe. God se liefde en genade is nie net beperk tot die wittes nie. Dit staan geskrywe in God se woord dat alle nasies geskape is deur God.Mag mense eerder Jesus, die Seun van God volg, want oom Angus kan nie die eer kry, hy was bloot net gehoorsaam aan die Heilige Gees en soek nie die eer van mense.
    Wat tans gebeur, 27/04/2008, Johann de Jager
    Soos Stephan Joubert onlangs genoem het gaan mense probeer om wat tans gebeur te ontsyfer en 'n antwoord te kry. Wat hier gebeur het is nie maar net die mens se soeke in ons tye nie, hierdie is geinspireer deur die werking van die Heilige Gees en nie 'n vaardigheid van mense nie. As jy nie Jesus persoonlik ken nie, sal jy nie verstaan nie.
    Angus Buchan, 27/04/2008, Jan van Vreden
    Suid Afrikaners (Alle kleure)is vuisvoos geslaan deur die politiek en geheime agenda's deur persone in mags posisies. Ons soek na eerlike opregte Leiers wat uit oortuiging die pad vorentoe kan aandui binne die riglyne wat God vir ons op 'n eenvoudige wyse in die Sy woord stel. Angus is maar net 'n eenvoudige boer wat in die mag van sy Skepper glo en hy probeer op sy manier vir ons oordra wat God vir hom beteken. Laat ons met insig luister en ek wil 'n beroep op ALLE Suid Afrikaners doen om in en deur die geloof vir mekaar te bid. Ons het mekaar nodig en dit is net God wat ons deur die gemeenskap met Jesus Christus aanvaarbaar vir mekaar sal maak. Dankie Tim, dat jy en jou koerant die behoeftes van die mense raaksien. Reik ook uit na Alle Suid Afrikaners en wees regverdig in jul beriggewing. Julle speel 'n belangrike rol om die pad aan te dui.
    Oom Angus, 27/04/2008, jaycee
    Oom Angus se boodskap is vir ALLE Christene bedoel, nie net vir die mense wat daar teenwooordig was nie, maar via die nuusmedia en andersins sal dit menigtes bereik, uit alle lande en bevolkingsgroepe. Ek hoop nie hierdie gebeurtenis word weer deur 'n spesifieke bevolkingsgroep gekaap en gebruik om hulleself voor in die koor te plaas nie. Kom ons as mense staan terug en laat toe dat Jesus self en duidelik met almal praat.
    Angus fenomeen, 27/04/2008, Zot
    Mense soek 'n leier om hulle uit die S.A. gemors te lei. As daar 'n daadkragtige leier opduik word hy stil gemaak. Dus wend die mense hulle aan dit wat oorbly om te lei, naamlik Siener tipes.
    Angus, 27/04/2008, Martha N
    Huidig lewe ek ook tussen die vloer en die politoer en ek wens so ek kon net suutjies aan die Here se kleed raak. Dis miskien hoekom as dit maar lyk of iemand God se verteenwoordiger is, die mense nader stroom om te luister. Mense kan gerus ophou om slim verklarings vir hierdie verskynsel te soek - dit bestaan reeds van die tyd toe Jesus op die aarde gewandel het. Aanvaar maar net die wyse waarop God mense gebruik, veral in moeilike tye.
    Angus Buchan, 27/04/2008, Henk Breytenbach
    Daar's iets fout daarmee wanneer 'n "prediker" begin toegangsgeld vra vir wat in wese net 'n gewone kerkdiens is. Dis nou die R20-kaartjies vir die Loftus-"show". Die rede vir die massa-histerie rondom Angus Buchan is dat Afrikaners na jare van politieke impotensie 'n magiese kits-oplossing soek vir hulle magteloosheid teen 'n golf van misdaad, onreg en omgekeerde rassisme. Is dit regverdigbaar, of liggelowig, of selfs ligsinnig om dit te verwag? Ek weet nie so mooi nie. My oupa het altyd ges?Jy kan maar bid vir re? maar die wind waai wes..." asook "gaan maar kerk toe, maar hou jou kruit droog." Die ander ding wat my opgeval het was die geloofsgenesing wat Buchan uitvoer by sy "shows". Hy bid siek mense gesond, van tandpyn tot kanker. As die sieke genees word, is dit 'n "wonderwerk". As hy doodgaan, is dit "die Wil van God". Dis nie een van die twee nie. As die ou gesond word, is dit die placebo-effek, 'n welbekende mediese verskynsel. Buchan se verskoning vir die tweede is slegs 'n lafhartige "cop-out". Onthou julle vir TB Joshua in Nigeri?n paar jaar terug? En die bekende rugbyspeler wat dood is onder sy leiding? Buchan en Joshua is een en dieselfde ding: Slang-olie smouse. En sy ondersteuners is liggelowig en ligsinnig genoeg dat dit hulle nie pla nie. Jammer om te moet s?maar die hele ding is vir my meer tekenend van 'n rigtinglose volk wat desperaat en wanhopig gryp na elke strooihalm as wat dit tekenend van die mag van God is.
    Verstom, 27/04/2008, Rika van der Merwe
    Ek stap met gemengde gevoelens na my rekenaar toe om Rapport te lees. Ek wonder wat is die hoofberig - moord, roof, verkragting, korrupsie, .... ? My oe flits oor die voorblad. En weer, en weer. Ek mis iets. Geen moord, geen roof, geen verkragting! Kan dit wees? Ja, dit is. En ek moet my kop in skaamte en in dankbaarheid laat sak.
    MMC, 27/04/2008, Paul
    Daar is n bekende saad maatskappy in Greytown wie se grootbaas opdrag gegee het om plakate van die "mighty men conference" te verander na die "mighty mouse conference". Nog erge uitlatings is deur hom gemaak. Die man speel met vuur ,nie net soek hy met die Koning van alle Konings moeilikheid nie maar met die koopkrag van duisende boere wat teenwoordig was.
    Angus Buchan, 27/04/2008, Dr Jannie Lubbe
    'n Paar belangrike sake spruit voort uit Mnr Buchan se geestelike na-week. Eerstens; Die eenvoudige Bybelse boodskap van redding deur Jesus se bloed het geensins krag of spoed verloor nie. Tweedens; 'n Heilige Gees vervulde lewe is nodig om deur God gebruik te word. Derdens; Daar is geen meer hoop in die politiek nie, daarom wend mense hulle nou tot God. Vierdens; Die historiese kerke bied vir die gewone lidmaat niks. Hulle einde is in sig. Hulle is te ver van die Bybel en God verwyder. Ek glo die laaste strooi was die erkenning en aanvaarding van sodomie asook die aanstelling van homseksuele 'predikante'. Daarom wend duisende van hulle lidmate hulle tot die Pinkster en Charismatiese bewegings.
    Angus Buchnan Saamtrek, 27/04/2008, BVR
    Wonder hoekom 60 000 mense na Angus gaan luister en nie die "boodskap" by hul eie kerk kon kry nie? Miskien te veel politiek in die kerke en te min "boodskap"? Mense is moeg vir kerk-politiek. Die alewige getoutrekkery oor wat reg en wat verkeerd is. Wat in en wat uit die Bybel gehaal moet word om by die kerk aan te pas! Hierdie lyk soos 'n doodgewone samekoms, die Bybel was nie aangepas om by hom (Angus) te pas nie, maar hy probeer daarby inpas. Mens hoop net nie dat Buchnan hom nou gaan blind staar later teen die geld wat instroom en nie bly by sy oorspronklike doelwit, om die eenvoudige boodskap oor te dra nie. Mens wonder net of Angus so bekendheid sou verwerf as daar nie 'n fliek gemaak is nie? Snaaks genoeg het God en sy dissipels NOOIT geld gevra om na Hom of sy dissipels te gaan luister nie. Dinge van jou siel behoort nie 'n pricetag aan te h?ie, dis te heilig!
    Bybeldwepers se swakheid, 27/04/2008, Jon
    Snert, Joe. Christene (oftewel bybeldwepers) het met Tim se lamsakkige afdanking van Maas net hul kollektiewe swakheid vertoon. Dis 'n volslae swakheid om op die "beskerming" van 'n redakteur aan te dring sodra iemand 'n opinie uiter wat met jul s'n verskil. Dis die aksie van 'n klein groepie paniekbevangenisse wat mekaar op 'n hoop jaag.
    Saam trek by Angus, 26/04/2008, Audrey
    Well done Angus? GOD BLESS U and keep up. Dankie Here, U is Vader en Koning.
    Magstrukture , 26/04/2008, Deon Basson
    As daar 'n regstreekse korrelasie tussen Koos Bekker se terugkeer uit die buiteland en "krimpende mag vir 'n klein groepie mense is" dan moet dit verwelkom word. Dan was Koos se "sabatical" elke sent daarvan werd. Dit lyk asof The Economist se profetiese artikel getiteld "Who killed the newspaper?" (http://www.economist.com/opinion/displaystory.cfm?story_id=7830218) wat in Augustus 2006 gepubliseer is nou as evangelie aanvaar word. Die vraag is net of die kultuur wat deur Naspers se beheerstruktuur (baie mag in min mense se hande) geskep is vriendelik genoeg teenoor die nuwe beweging gaan wees.
    Swart gelowige, 26/04/2008, Carl Mulller
    Toe ons Vrydag 9-uur aankom ontmoet ek 'n swart broer daar en gesels met hom. Hy kom sy 30km van waar ek bly in Pretoria. Hy het met 'n bus gery met sy klere in 'n tas. Om ons het baie Indier- en ander mans gesit. Snaaks, ek het nie eers gekyk om te sien hoeveel anderskleuriges daar was nie, dit het nie saak gemaak nie. Ek glo dat daardie naweek gepraat was wat reg is. Daar was ook, let wel ook, 'n oproep om rassisme nie welkom is nie en as sonde bely moet word.
    Dis 'n bloggery, 26/04/2008, Leendert van Oostrum
    Tim du Plessis skryf van "Die proses waarin die internet die ou media-hierargiee platdruk..." Dit ("die proses") het in die tagtigerjare begin toe daar ondergrondse "koerante" per faks versprei is - byvoorbeeld in Angola. Die groeiende netwerk van faksmasjiene het kritieke massa bereik en die groot en duur strukture wat nodig is om 'n landwye koerant uit te gee begin oorbodig maak. In die middel-negentigs kon ons (die kneggies) met daardie alternatiewe netwerke eksperimenteer om Mary Metcalfe te laat les opse oor haar skolewet in Gauteng. (Die Afrikaanse koerante was te besig om te transformeer.) Teen 2000 het die netwerk van internetrekeninge dieselfde kritieke massa bereik, en in 2001 kon ons Asmal dwing om sy kurrkikulum drasties (maar nie voldoende nie) aan te pas. Hy het in die parlement loop tjank daaroor. Hierdie keer was die Afrikaanse koerante klaar getransformeer, en wou niks krities oor Vader Asmal weet voordat dat dit ou nuus was nie. Teen 2007 kon mense Rapport dwing om 'n laatmiddeljarige adolessent met 'n grootheidswaan af te dank - deur middel van SMS'e. Netwerke van mense wat mekaar ken vervang die (inherent geweldadige) 19de-eeuse strukture van die media. Dis met netwerke wat Angus Buchan sestigduisend in 'n koeikamp bymekaar kry sonder "die media". Die koerante wat oor tien jaar nog bestaan sal stellig heeltemal anders lyk, dink en werk as koerante vandag - anders sal hulle nie meer bestaan nie. Die probleem is - waar gaan die innoveerders vandaan kom om die nuwe Afrikaanse koerant te skep? Naspers se dekadelange monopolie van die Afrikaanse media het (saam met Stelenbosch se nagraadse joernalistiekskool) 'n skrikwekkende vlak van warkoppige middelmatigheid in 'n ganse geslag Afrikaanse joernaliste ingeteel. Ek dink nie dit sit in hulle broek om die Afrikaanse koerant te laat oorleef nie.
    Angus, 25/04/2008, Amanda
    EK dink en wil inval by Andre...hoekom moet ons altyd indruis teen dit wat die BYBEL ons leer?? Is die toring van Babel 'n lekker ou storietjie wat iemand vertel het omdat hy verveeld was? Jammer my GOD YAWEH het volke,nasies geskei.Kyk hoe volmaak die werke van SY HANDE ja kyk bv. na die diere en dan lees jy van die wat geskape is (skepping). Dan!!!!! die een wat SY ASEM ontvang het en 'n siel. Adam,of is dit ook 'n storie...Nee wat ou broer ek staan nie saam met jou nie...
    buchan, 25/04/2008, Hennie Coetzee
    Dit is jammer dat sogenaamde kunstenaars soos Koos Kombuis te velde trek teen Buchan .(Dalk jaloesie oor die groot menigte!)Jammer Koos jou boring berigte is 'n "non match" waar God betrokke is.
    Dankie JESUS vir wat U nou in die land doen., 25/04/2008, MMC het ons lewens verander
    Hoe wonderlik was die naweek nie. Almal, wat negatiewe kommentaar lewer. Mense kom saam volgende jaar. Die Herlewing gaan nie gestop word nie. Nuwe gebedsgroepe word gestig. Al is dit nou meer blank, die effek wat dit gaan he oor alle kleurgrense is enorme. Daar is spesifiek gebid vir rassisme. Onthou begin eers by eie deur en familie, dan sal uitkring. Almal is welkom en waarom afkraak as nie eers daar was nie. Mense wat God nou laat gebeur gee mens net hoendervleis. Dankie Here, U is Vader en Koning. AMEN!!!!!
    Vir Joe, 24/04/2008, Andre
    Joe Het rassisme jou nou so beetgekry dat jy op 'n godsdienstige vlak ook vir jou as witmens die morele hoe grond wil opeis? Hoeveel wittes was gedurende die Paasnaweek by die ZCC-saamtrek in Limpopo? Kom ek se jou hoekom daar nie swart of bruin mense in Greytown was nie: die SMS-boodskappe, gemeentebriewe en gebedskringe van die leliewit-kerke waar hierdie gebeurtenis aangekondig is, het nie in dieselfde getalle jou bruin en swart broers bereik nie. Danksy baie selektiewe dekking van die land se probleme deur die media, dink wittes hulle is 'n uitgesonderde groep wat onder "siege" is. Hierdie massa-saamtrekke is in my opinie bloot 'n uitvloeisel daarvan.
    MMC 2008, 24/04/2008, Andreas
    Daar was so baie blankes omdat die VADER by monde van oom Angus (onder andere)vir Afrikaner boere wou s?m hulle rassisme eens en vir altyd te laat staan. (Vir my ook!) Joe kan dus gerus ontspan - die wat die ALMAGTIGE daar wou he was daar.
    60 000 Mans, 24/04/2008, Dawid Johannes
    Rapport se reaksie op die saamtrek is totaal oordrewe, of geniet julle dit om 'n bietjie massahisterie kunsmatig op te sweep? Daar was groter en belangriker nuus oor die naweek, maar Rapport verkies om op die wa van die gemoedelike lokale realisme te klim. En die ergste is dat julle so vreeslik ingenome met julleself is daaroor. Een leser minder.
    buchan, 24/04/2008, joe
    Jul moet meer sulke stories dra. Ek dink ons Christene het gewys met die Deon Maas-sage hoe magtig ons kan wees. Ek dink jul moet die skandes en skades wat predikante maak ook oor skryf, maar gee ons meer Buchan-stories. Ek wonder net hoeveel bruin en swart mense was daar? Sonder om afbreek te doen, lyk my dit was 99 persent wittes. Het geloof ook dan grense en as hul nie daar was nie, hoekom nie?
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
        Stem
    Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
    Ja
    Nee

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo