| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
30/04/2008 09:37 - (SA)
My Liewe Land: ‘n Halwe droom is erger as ’n leë dop
Die vrou het nog steeds haar voorskoot aangehad toe Chen Si haar sien. Sy het op die reling van die Nanjing-brug gestaan, reg om in die Yangste rivier te spring. Chen Si moes oor 4 lane besige verkeer storm om by haar uit te kom. Hy was betyds. Hy het haar aan haar arm gegryp, haar terug getrek en omgepraat om nie te spring nie. Dit was die 144ste selfmoordpoging die afgelope vier jaar wat Chen Si gefnuik het. Dit is nie sy werk nie. Maar elke naweek is Chen Si op sy pos om potensiële selfmoordenaars te keer. Partymaal keer hy hulle. Ander kere nie. Die brug is amper 700 meter lank en soms kom hy nie betyds by hulle uit nie. “Ek sien hulle spring,” sê Chen Si, “Maar ek neem myself nie meer kwalik nie. Ek dink liewer aan al die ander lewens wat ek al gered het.” Ek lees hierdie storie raak op die Los Angeles Times-webblad. Die groot veranderinge wat Sjina tans ondergaan, word blameer vir die selfmoord-epidemie wat die land teister Ek is nie ‘n groot aanhanger van selfmoord nie, maar ek dink ek verstaan die sprongers se motivering. Verandering is nie maklik nie. Dit weet Suid-Afrikaners maar al te goed. Amper daagliks word ons sekerhede ondermyn en aangeval. Ek kan onthou, ek het in die tagtigjare in ons woonstel in Londen sit en kyk na ‘n foto van swaar bewapende sekuriteitswagte voor ‘n rykmanshuis in Nicaragua. Ek het gedink as dinge ooit so in Johannesburg begin raak, ek myself nie meer sal tuis voel nie. In die laat negentigs het ek geamuseerd by ‘n kinderpartytjie sit en luister hoe die pa vertel dat hy op kontrak werk in Wes-Afrika is en een van die dinge wat hy gaan saam terug vat ‘n kragopwekker is. “Die krag gaan sommer enige oomblik uit,” het die pa gesê en my wynglas weer vol gemaak. “As jy nie jou eie krag het nie, sit jy in die donker.” “Hoe bly mens in so ‘n plek?” het ek gewonder. Verlede jaar het ek werk gedoen vir ‘n groot Suid-Afrikaanse onderneming met belange in Nigerië en mense ontmoet wie se agtergrond nie veel van myne verskil nie en wat Nigerië met al sy uitdagings as die sleutel tot ‘n blink toekoms vir hulself beskou. Dinge wat my en baie ander na die naaste brug sal laat soek, was vir hulle ’n aansporing om hul bes te lewer. Alan Watts, die Zen-kenner en –ontleder, skryf dat die enigste manier om werklik sin van verandering te maak, daarin lê om “daarin te duik ,daarmee saam te beweeg en by die dans van verandering aan te sluit.” Dit maak sin. Maar hoe gemaak wanneer die verandering jou glad nie aanstaan nie? Die verandering wat plaasgevind het die dag toe ek ‘n elektriese heining moes opsit voor my vrou se ateljee om te keer dat nog ‘n klip deur haar meters- hoë vensters gegooi word, het my ontstel. Skielik het die tweeverdieping-hoë Barragan-agtige vensters my nie aan Meksiko of Phillip Larkin se “High Windows” laat dink nie maar aan die Nazi-doodskamp, Dachau, wat ek in 1982 besoek het. Dit was n irrasionele reaksie. Oneerbiedig teenoor die dooies. Maar ek was so onredelik soos ‘n kleuter. Daardie twintig stringe elektriese draad bo-op mekaar gestapel het tussen my en my droom gestaan. ‘n Droom van ‘n land waar daar nie gemoor, geroof en gesteel is nie en waar allerhande ander onwaarskynlikhede ook moontlik was. ’n Land waar mense die heel tyd sit en mango’s eet en Johhny Clegg luister en ons elke vier jaar soos klokslag die rugbywêreldbeker wen. ‘n Land waar niemand werk toe gegaan het nie. Suid-Afrika het twee van die vier wêreldbekers gewen waarin ons gespeel het en die helfte van ons is werkloos. Maar helaas, dit maak nie my droom halfpad waar nie. Ook maar goed want ‘n halwe droom is erger as ’n leë dop. Want drome se krag lê juis daarin dat hulle selde waar word. Solank jy droom is daar nog hoop en sal jy oor die hoë brug oor die donker stroom stap sonder dat dit nodig is vir Chen Si om jou lewe te red. En halwe drome gaan jou ook niks help as jy die strome van veranderinge induik soos wat Alan Watts sê jy moet nie. Want dit wat jou gaan wegvoer na ’n plek waar jy ‘n beter mens is, goeters beter gaan verstaan en dinge makliker gaan aanvaar, is nie die strome van veranderinge self nie, maar jou vermoë om aan te hou met droom.
|
||||||||||||||||
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|