| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
02/05/2008 14:26 - (SA)
Hollikaans: Oranje Boven!
Elke jaar op 30 April word Nederland oranje. Dit begin eintlik al op 29 April, wanneer Koninginnennag gevier word. Dié jaar, het ek in Utrecht gebly om die skouspel te beleef. Daar was: baie bier, harde musiek, reën en duisende mense. Ek het my naels vir 1 Euro oranje laat verf, ‘n sagte pienk speelvarkie en ‘n oranje sokkerpet gekoop. Op die Neude plein het verskillende kunstenaars opgetree en die hele volk blêr die Nederlandse liedjies agter die sangers aan. Dit het my bietjie laat dink aan Jool op die Tuks kampus of lentedag by die LC-dam. Ongelukkig het ons die laaste trein verpas, en moes die stoptrein huistoe haal. Hy stop omtrent by elke stasie tussen Utrecht en Amsterdam. En dan peul daar nog oranje mans en vroue in en uit die trein. Die volgende dag begin dit weer van voor in Amsterdam. Maar wat is die beste van die hele fees? Die “vrijmarkt”. Enigeen mag enigiets verkoop. Wel, amper enigiets! Op spesifieke plekke in die stad, gooi mense ‘n kombersie neer, en pak drie dvd’s, ‘n matskoonmaker en ‘n halwe teestel uit, en wag om te sien wie bereid is om 50 sent per stuk te betaal Of kinderklere, ou skoene en ‘n hondehok. Ek het ‘n pragtige tikmasjien in sy eie 'koffertje' gesien, maar wie wil dit nou tot die aand toe deur die hele Amsterdam sleep? Ek kan myself skop dat ek nie ‘n afspraak met die man vir vandag gemaak het nie. Maar nou ja, daar is altyd nog tikmasjiene maar net een Koninginnendag per jaar! Die Vondelpark het vanjaar behoort aan stalletjies vir kinders. Ons het Spaanse danse, ‘n saksofoonspeler en ‘n David Copperfield-in-wording gesien. En dan was daar die gragte met bote, klein seiljagte, planke wat dryf en enigeiets waarop mense kan dans en 'n krat bier koud hou. Hier en daar het ek ‘n Weber-braaistel gesien, maar die Nederlanders het nog baie om te leer van braai. ‘n Halwe hoendersosatie en ‘n hamburger “pattie” is vir hulle ‘n feesmaal! Maar die atmosfeer was aansteeklik, en jy kon amper nie dink dat hier Vrydag in die stad weer gewerk sou word nie. Dit word natuurlik nie vir niks Koninginnendag genoem nie, maar die koninklike familie was hierdie jaar in Friesland. Daar is allerhande `boeresport` (soos ons dit sal noem) gespeel en selfs die prinses en haar dogters het die ysskaatsbaan aangedurf. Alles in ag geneem, ‘n suksesvolle dag. Van die byna 600 000 mense in Amsterdam is slegs sowat 100 weens klein oortredings in hegtenis geneem Volgende jaar huur ek ‘n boot, met ‘n DJ, ‘n yskas en nooi tien vriende saam vir hierdie vrolike gebeurtenis. As ek nou net hierdie oranje naellak van my naels kan afkry...
|
|||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|