News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
    Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  24°C
Kpstd  15°C  24°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  7°C  23°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

02/05/2008 12:57  - (SA)  
Tim gesels
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Verwante Berigte
  • Tim Gesels (24/04/08)
  • Tim Gesels (18/04/08)

  • In die dae voor gevorderde agri-ingenieurswese is lande geskoffel. Spanne met skoffelpikke het die rye mielies op en af geloop en die onkruid uitgekap. Bossie vir bossie.

    Dit lyk of die Jacob Zuma-kamp nou so ’n skoffelspan in die ANC ontplooi het. “Onkruid” in die vorm van Thabo Mbeki-ondersteuners word sistematies en meedoënloos uitgekap.

    Die afgelope week was dit die Mbeki-mense by die SABC se beurt. Weliswaar is hulle nog nie uitgeskoffel nie, maar hulle moes gesien het daar word met die skoffelpik gekap in hul land.

    Dis eintlik ’n verstommende spektakel wat hom Woensdag in die Parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie afgespeel het. Die meerderheid ANC-lede in die komitee het ’n mosie van wantroue in die SABC-raad aanvaar - ’n raad wat hulle self “aangestel” het, sommige van die raadslede so onlangs as vier maande gelede!

    Aangestel is in aanhalingstekens omdat bekragtig, eintlik ja-baas sê, meer van toepassing is. Want daardie SABC-raad is eintlik deur pres. Thabo Mbeki en sy maatjies aangestel, die ANC-lede in die parlement moes maar net die formaliteite afhandel.

    Nou draai daardie einste kamerade wat tot Desember ja en amen gesê het op alles wat die “chief” wou hê, met mag en mening teen hom. Hulle aanvaar ’n mosie van wantroue in sy raad, deur hom aangestel en deur hulle gerubberstempel. Dis wreed en opportunisties.

    En beginselloos. Soos politiek maar is.

    Om alles te vererger, lyk dit of die reeds beleërde Mbeki-kamp by die SABC nog onderling verdeeld is ook.

    Me. Kanyisiwe Mkonza, voorsitter van die raad, het ’n hoogs kritiese memorandum geskryf oor die bestuursvertoning van adv. Dali Mpofu, die SABC se uitvoerende hoof. Albei is Mbeki-aanstellings.

    Mpofu en sy nuushoof, die gevreesde doktor Snuki Sikalala, praat glo ook nie meer met mekaar nie. Zikalala is ook ’n Thaboïet.

    Dis juis die memorandum en die uitlap daarvan aan die media wat die portefeuljekomitee aangegryp het vir sy mosie van wantroue in die SABC-raad.

    Die Mbeki-mense in die SABC kan eintlik maar handdoek ingooi. Hulle gaan binnekort uitgeskoffel word.

    Ek wonder net waar die ambisieuse pierewaaier Mpofu dán gaan uitslaan.

    En natuurlik Herr Doktor Zikalala. Tensy hy ook intussen die rivier oorgesteek het na die Zuma-kamp.

    Toe Zuma die ANC-leierskap in Polokwane verower het, het hy hoog en laag belowe daar sal nie “vergelding” wees teen sy opponente nie. Hy het ook roerend vir ANC-eenheid gepleit.

    In weerwil daarvan het ons nou “suiwerings”, soos dié een by die SABC.

    Vir die ANC is politiek duidelik ’n zerosom-spel. Jy kan net wen of verloor. Niks tussenin nie. Geen ruimte vir nuanse en/of strategiese soepelheid nie.

    Die ANC is eintlik maar ’n kru party. Wat verklaar waarom hulle so sukkel om Suid-Afrika goed te regeer. Die land is eenvoudig te kompleks met te veel skakerings van grys vir ’n party met ’n eendimensionele uitkyk op die lewe.

    • • • • •

    My vriend Jonathan Crowther, redakteur van Volksblad, vertel nou die dag die grappie van die bus met politici wat in ’n vreeslik afgeleë plek gereis het.

    Die bus beland in ’n nare ongeluk. Luidens die eerste berigte is al die passasiers dood. ’n Boer, die enigste mens in die omtrek, laat weet hy het al die passasiers sommer begrawe siende dat die plek so afgeleë is.

    Die owerhede doen navraag oor die begrafnis en vra vir die boer: “Is jy seker al die mense wat jy begrawe het was dood?”

    “Wel”, sê die boer. “Een of twee het geprotesteer, maar jy weet mos hoe politici kan lieg.”

    • • • • •

    Steve Hofmyer het Woensdagaand by die Deuriemikke-konsert by Loftus in Pretoria vir Gavin Prins, senior verslaggewer van Rapport, bygedam. Hy het Gavin aan die keel gevat, hom gedreig en hom ’n rits liederlikhede toegesnou. Steve huiwer lankal nie meer om erg in die openbaar te vloek nie en dié ronde was geen uitsondering nie.

    Hy is eintlik kwaad vir Rapport omdat ons vroeër vanjaar ’n ope brief gepubliseer het van me. Janine van der Vyver, ’n fiksheidsintrukteur van Pretoria wat tien jaar sy minnares was.

    Sy het die ope brief geskryf en vir Rapport gegee nadat Steve einde verlede jaar in Huisgenoot vertel het van die verhouding en dit as onbeduidend getipeer het.

    Steve beweer Rapport voer ’n vendetta teen hom. Dis sommer nonsens.

    Hy is ’n nuuswaardige kunstenaar wat sy superster-status te danke het daaraan dat hy gereeld in die media figureer. Soet en suur is part en deel van ’n hoë profiel in die media.

    Rapport berig oor Steve want die lesers stel belang in sy doen en late. Ons doen dit so akkuraat as wat menslik moontlik is. Tot dusver is die feitelike korrektheid van ons beriggewing nie in twyfel getrek nie.

    Gavin Prins het sy werk gedoen en dit goed gedoen. Steve se gedrag by Deuriemikke was laakbaar.

    Hy is die argitek van sy eie lief en leed. Om joernaliste te vloek, te dreig en fisiek te intimideer gaan niks hieraan verander nie.

    Ek het al uiters krities geskryf oor pres. Thabo Mbeki. As hy eendag so oorstuur raak dat hy my aan die keel vat en uitvloek, weet ek wat die reaksie gaan wees.

    Hy gaan gekruisig word omdat hy nie die basiese grondwetlike reg van vryheid van spraak respekteer nie. Ek was onder die indruk Steve, die vurige beoefenaar van vryheid van spraak, het dié deel van die demokratiese lewenswyse verstaan.


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    Steve, sies tog, 06/05/2008, Fred van Boksburg
    Dis nou jammer om van Steve te hoor. Maar miskien werk God nou met hom en laat hom dink oor al sy sondes. Hy sal dalk uit kom en dink aan al daai kinders van hom wat daar buite rond dwaal vir wie hy nie omgee nie; hy sal dalk besef dat 'n vrou nie 'n "hoer" is nie; dat hy nie elke mens, inlsuitend sy patetiese bloggers, soos varke kan hanteer nie. Shame, toe moes Natasha hom nog red na hy haar soos 'n stuk ou lap gebruik het. sies tog vir jou Steve. Ek kry jou jammer terwyl jy daar l?n nie die w?ld kan draai soos jy dit wil h?ie. Jy moet seker baie gestres wees. Moet nou nie te veel toilet toe hardloop nie! Dit is jammer die Joernalis, Gavin, l?ie 'n saak van intimidasie teen Steve nie. Miskien sal meer "gewone" mense dan opgestaan het teen die common "volk se President - Steve Hofmeyr". Aan die anderkant wys dit net dat die Prins mannetjie net 'n betere mens is as Steve! Die Steve dissipels vergeet dat die Steve hofmeyr/ Gavin Prins storie nie in Rapport was nie! Welgedaan Tim; dit is nou een joernalis van Kleur waarop jy trots kan wees.
    NIc my ma het my as kind met Nic banggemaak, 06/05/2008, Annari du Plessis
    Nic weet jy toe ek klein was het my ma altyd na die duiwel as Nic verwys. Ou Nic gaan jou vang ens. Ek kon dit nooit verstaan nie, maar nou weet ek hoekom. Jou uitlatings oor Steve is soos van die duiwel self- ek kan nie anders as om te wonder oor jou eie lewe nie. Wens ek het geweet dan kon ek vir jou bid, en gewoonlik het manne soos jy baie gebed nodig- en ek sal virjou Nic bid, sodat jy kan leer om minder te oordeel. Ek is lief vir jou, omdat God ook lief is vir jou en my dit is ons opdrag. Steve het nie jou oordeel nodig nie maar jou vergifnis en liefde. Gee dit vir hom en kyk hoe goed gaan jy voel.
    Tim, Maas en Steve, 06/05/2008, Johan
    So Tim (en Maas van die tabloid Sondag): Is julle nou baie bly oor waar julle nou vir Steve het....down and out in die ICU!? Gaan kyk gerus weer BAIE mooi wat julle oor hom te se gehad het die afgelope paar dae en besluit maar self of julle nou trots is op julleself!!!
    Vuil Wasgoed, 05/05/2008, Loraine
    Tim, ek sou baie graag eerder 'n intense ondersoek deur Prins wou gesien het oor die vuil wasgoed tender in die Kaap waar geen wasmasjiene of waspoeier in sig is en wie agter hierdie ding sit as die vuil wasgoedjies van Steve. Ek stel regtig nie belang hoeveel ouens Prins aan die keel gryp nie. Laat Prins vir 'n slag sy ou tjoppie verdien en belangrike sake aan die land se lesers gee sodat ons weet waarheen ons geld gaan in hierdie duisende tenders waarvoor die ANC geen rekenskap wil gee nie.Steve het niks met my belastinggeld te make nie. Daar is ernstige wanpraktyke in ons land wat deur erstige joernaliste uitgekrap kan word ipv die snert wat Tim, Prins en Glitterati se spotters clan aan ons bied. Tabloid snert hoort waar dit hoort. Laat Rapport weer 'n koerant word wat waardig en regverdig kwessies aanvat wat ons elke dag bestaan beinvloed, ASB?
    BOIKOT, 05/05/2008, NATALIA
    Gavin Prince en al sy ander maatjies oral is die rede hoekom ek nie meer - al maande nie Rapport of Huisgenoot koop nie. Mens weet nooit of jy die waarheid lees of nie ! So geld dit ook vir Sondag en Kie alhoewel ek daai kommin koerant nog NOOIT gekoop het nie. Sal so voort doen ! Ons mis NIKS!
    Steve, 05/05/2008, Ekke
    Ag tog, gaan n mens na Steve se blog, dan kry jy al hierdie ou stertjies wat agterna teem as hy kommentaar lewer. Alles is so op een noot en almal stem tog so volmondig saam asof nie een van hulle n breinsel het nie, Skrik wakker julle klomp patete, en lewer kritiek op iets wat jy dink belangrik is en hou op om Steve na te aap. En as Steve oor die vingers geraps word, laat hy dit uitsorteer, hy kom goed reg met sy taal en dreigemente en sy Godslasterlikheid. Geen wonder ander nasies dink ons is n klomp idiote nie, want niemand op sy blog kan intellektuelle geselskap lei nie. Daar is van die mans wat die vroue so slegse en die vrouens vat dit soos n klomp patete wat nog in die Voortrekker dae lewe toe manne vrouens nog gebruik het as hul goedkoop huishulpe en broeikaste.
    Steve, 04/05/2008, Anton
    Mooi ges?Tim! Ek lag vir Steve se apologete, want hulle is net sulke vrot karakters soos hy. As 'n mens so 'n losbol soos Steve Hofmeyr verdedig en as rolmodel kies, wat geen ordentlikheid ken nie en slegs ernstige politieke aangeleenthede (soos Pretoria se naam) gebruik as publisiteitsfoefies om meer CD's te verkoop, verdien hy die slegte publisiteit wat hy van julle af kry! Buitendien, vryheid van spraak behoort nie slegs aan die Steve bewonderaarsklub nie!
    Steve, 04/05/2008, Luze
    Genugtig. Waarom sou mense vermoed Steve is onaantasbaar? Hy is inderdaad die kunstenaar van sy eie lief en leed en immers in 'n beroep waar hy verantwoordelikheid moet neem vir sy eie gedrag. Wanneer iemand soos Steve homself as 'n "toffie" uitgee, moet hy nie verbaas wees indien die "bokke" aan hom gaan "karring" nie. Gevraagd of ongevraagd! Tydig of ontydig! Geluk Tim met jou OBJEKTIEWE standpunt.
    wat maak dit eintlik saak, 04/05/2008, gert jacobs
    Hi Tim, 'net vir jou te noem, persoonlik dink ek jy doen goeie werk. Dit wat jy skryf is insiggewend en kan gelees en oor nagedink word (of 'n ou daarmee saamstem of nie). Lyk my Steve krap sommige ouens behoorlik om terwyl ander hom skynbaar "baie lief het"..? 'n Kennis het my op 'n dag 'n p*#pol genoem. Met 'n bietjie nabetragting oor die uitlating, het ek tot die slotsom gekom: Een, dat hy miskien reg is en twee dat hy eintlik 'n "joker" is nie ernstig opgeneem moet word nie. Dis miskien hoe 'n man ouens soos Steve en Deon Maas moet sien - wat hulle praat en doen maak eintlik nie saak nie, want hulle maak in werklikheid nie 'n verskil in die groter perspektief oor die lewe nie maar op hul eie mishoop miskien wel..?
    Steve Hofmeyr, 04/05/2008, Cor
    Ek wonder of die frase in die artikel hierbo "Dis wreed en opportunisties. En beginselloos. Soos politiek maar is." nie ook maar vir koerante tenopsigte van baie van hul berriggewing geld nie. Is die dien van hul bankbalans nie tog hul enigste rigsnoer nie?
    Steve jou muis, 04/05/2008, Nic
    Ek kan nie glo mense sien nie deur Steve Hofmeyr nie. Die man is eintlik 'n genius,want hy mors met almal se koppe sonder dat enigiemand dit raaksien. Ek kan ook net nie verstaan hoekom almal so bang is vir hom en hy net wegkom met als wat hy die afgelope paar maande al gedoen en gese het nie. Hy vat groot name(Huisgenoot,Rapport,Glitterati ens) aan,maar almal bly net stil en laat hy daarmee wegkom. HOEKOM??? Gavin,hoekom dagvaar jy hom nie?? Die ou boelie het geweet jy sal hom nie terugslaan nie,maar jou hou terug kan wees 'n saak van aanranding. Ek wens so ek kan in die vent/boelie/slapgat vasloop. Ek sal hom mooi vertel wat ek van hom dink,tot hy aan my raak, en dan kyk ons wat gebeur... En almal wat se dat die joernaliste hom jag,gaan dink weer. Steve het 'n blog,wat hy weet die media lees. Hy blaker allerhande persoonlike kwessies daaoor uit,noem mense hoere,slette en wurms,vloek almal uitmekaar wat nie volgens sy reels saamspeel nie, en dan verwag hy dat die media dit nie gaan gebruik nie.Ag please, jy kan bly wees jy's nie 'n internasionale bekende nie(dankie tog daarvoor),want jy sou al lankal nie meer die druk kon hanteer nie. JY het gekies om in die openbare oog te wees,vat dit wat na jou kant toe kom(weereeens agv jouself) soos 'n man. Of verdwyn net, asb!!!!
    Steve en Tim, 04/05/2008, Henk
    Die twee stories laat my dink aan 'n hond wat sy eie stert jaag. Die een se die ANC is te eendimensioneel om die land te regeer. Die ander een toon die eendimensionele joernalis? wat 'n komplekse suksesvolle mens se privaat lewe wil misbruik om iewers te kom. Probeer jy die gom in die kraak wees Tim? Steve ek hoop jy kom heel anderkant uit. Jou swak taal help jou nie werklik nie. Ons weet jy is kwaad. Laat die media sy eie stert vang. Vanuit die buiteland lyk al die geblaf nie goed nie.
    Steve ons sal altyd vir jou lief bly, 04/05/2008, Annari du Plessis
    Tim en Gavin mag ek nie oordeel nie, maar ek dink hulle albei moet maar lekker klippe gooi, want sien daar gaan 'n tyd kom wat hulle ook voor die groot stoel gaan staan en dan hoop ek dat hulle lewens vlekkeloos was. Ons bid baie vir Steve, glo my hy moet homself nog vergewe maar soos wat van julle joernaliste aangaan maak julle dit nie vir hom maklik nie. Gavin ek verstaan van mense dat jou eie lewe nie vlekkeloos is nie en hulle is van plan om dit ook binnekort aan die groot klok te hang. Ons sal dan maar moet sien hoe jy dit hanteer. Ek bid vir jou en Tim, want dit is gewoonlik mense soos julle wat die lig so op 'n ander een laat skyn wat 'n fout gemaak het sodat ons nie julle swakhede raaksien nie. Gee vir Steve en sy gesin die kans om hulle eie lewens en geluk te kan uitsorteer en hou op soos 2 kleuters mekaar te sterk in die verkeerde joernalistieke trand wat julle tans volg. Wat van bietjie meer sinvolle goed in die koerant wat vir die volk iets beteken. Ek wonder net hoeveel keer mense al die RAPPORT gekoop het, juis vir STEVE HOFMEYER vir sy positiewe invloed in ons land.Wat het jy TIM DU PLESSIS EN GAVIN PRINS al vir ons land gedoen. Sies man, kom nou tot rus met die STEVE storie want ons sal altyd vir hom lief bly, want ons Hemelse Vader bly vir ons lief ten spyte van die sondes wat ons elke dag doen.Julle jaloesie op hom maak ons naar en ek is moeg dat julle noem dat hy dink dat hy GOD is. Miskien moet julle 'n slag mooi na sy liedjie GOD SE BEDELAAR gaan luister en dan sal julle dalk die regte STEVE raaksien. Ja hy het al baie foute gemaak, wie van ons het nie. Dit is tyd dat julle RAPPORT hom omverskoning vra, en ophou dinge skryf wat julle dink sy ondersteuners van hom gaan wegdryf.....Luister mooi ons gaan nie, inteendeel ons sal hom net meer ondersteun want julle is verkeerd. Gavin ek bid vir jou en jou 2 maatjies op GLITTERATI. Ek geniet die program maar ek wens Doret raak van julle ontslae. Moenie huil die dag as julle pakslae kry nie. Word asb groot!
    steve hofmeyr, 04/05/2008, jas blanche
    Ek weet nie hoekom jy Tim du Plessis geskei is nie en stel ook nie daar in belang nie. Ek dink omdat Steve n groot Persoonlikheid is, is dit belangrik om oor sy lewe berig. Maar as jul dit gedoen het, laat vaar dit die publiek weet nou van sy buite egtelike verhouding. Ons het nie nodig om soos die Britte se ponie koerante te wees nie ons is van beter stofasie as die engelse met in agneming van die konsentrasie kampe. Berig eerder oor armoede in alle plakkerskampe wit en swart en maak n verskil in daardie mense se lewens.
    Rapport of Son, 04/05/2008, Wim Kotze
    Terwyl sommige van die kommentators steen en been kla oor Hofmeyer se behandeling aan die hand, of liewer pen, van Rapport, spreek dit boekdele dat nie een woord gespreek word oor die manewales van die portefeuljekommitee en die SABC nie. Sou dit dalk meer aandag getrek het as daar sonder twyfel vasgestel kan word dat adv. Mpofu die selfde kerel is wat destyds op die nes by Winnie betrap is toe sy nog mevrou Mandela was? Te oordeel aan die voorkeure van die kommentators op hierdie blog, moet Rapport miskien maar abdikeer sodat die Son kan oorneem as enigste Afrikaanse Sondagblad. Dan het die swyne mos hulle perels.
    Tim en politiek, 04/05/2008, Rex Barnard
    Tim,jou insig verstom my.Lank gelede te positief vir woorde oor Sa se toekoms.'n Familielid kry nie toelating tot 'n vliegskool nie weens regstellende aksie,en jy begin wonder oor toekoms.Jy wag tot net na Polokwane om vir Schalla te vra om terug te kom!?Polokwane het my laat besluit om te gaan.Gaan jy Schalla toelaat om terug te kom Tim?
    Shame, Tim...., 04/05/2008, JANNEMAN
    Tim, jou koerant is besig om sy gat te sien, as mens sien waarmee jy en die arme klein Prinsie jul besig hou.... mens sou dink 'n "deurwinterde redakteur" soos jy het meer commonsense as dit. Speel die bal,nie die man nie, en gee vir RAPPORT lesers iets wat die moeite werd is omdat ons vir die koerant betaal! Die arme prins, hy is 'n snotkop, en jy laat jou rondskud deur hom!!! word wakker Tim!!word 'n REDAKTEUR, nie 'n ouetehuis antie wat rondsit en skinder oor celebrities nie!
    Tim en Steve, 04/05/2008, Johan
    Ek sien 'n naamgenoot se jy, Tim, moet oppas wat jy se oor Steve....jy staan dalk verbaas as die tyd kom vir die volk om tussen jou en Steve te kies! Daardie tyd van keuse sal waarskynlik aanbreek wanneer die skinnerbek Gavin Prins deur iemand aangese word om 'n storie te skryf oor Tim se eie privaatlewe. Ons verneem baie betroubaar dat ou Tim homself maar 'n laaaang oog het!!
    Raak ontlsae van Steve, 04/05/2008, Jan Boland
    Steve is 'n boelie ... 'n buffel, 'n idioot! Ek dink ons moet hom die land verban ... miskien kan hy Perth toe trek? Jislaaik ek kan nie glo julle mors ink en mense se tyd om oor hom te skryf nie ... hy is 'n verleentheid vir die Afrikaner volk!
    Boksemdais, 04/05/2008, Pieter
    Tim jou kommentaar oor die "glorious Freedom fighters" en die stat president is in die kol - baie dankie. Die hele Steve debakel moes enige mens tog sien kom - die patetiese maniere waarop hierdie ou spulletjie (Glitteratie en Kie) te werk gaan lyk presies netsoos jou kommentaar oor die politiek - onbeholpe, ondeurdag, ens. Jy moet self dalk ook begin mooi dink oor Kyknet. Die stasie lyk al meer na 'n oorname van die pienkes.
    Tim, 04/05/2008, Ida
    Van waneer af het 'n top joernalis soos jy nodig om ook Steve se naam te gebruik om aandag te kry??? wat s?ulle van spring om die bandwagon!!!
    Tim, 04/05/2008, Johan
    Watter reg het die koerante om mense so aanteval en te probeer vernietig, julle het mos al lankal die Janine storie geplaas en Steve het niks ontken nie wat soek julle nou nog?????? Los nou asb. vir Steve en sy gesin uit is julle regtig so siek om nie agter te kom dat julle meer skuldig is as Steve nie? Steve probeer hard om sy foute reg te maak maar julle gun hom dit nie.
    Tim oor Steve en Gavin, 04/05/2008, Ida
    Tim, ons lees altyd jou artikels, maar die keer is jy verkeerd om Steve aan te vat, goed hy het kwaad geword,maar na hoe lang geteister deur die media en veral die drie clowns van Glitterari. Steve het seker al 'n honderd keer erken dat hy 'n fout gemaak het, nog nooit het hy dit ontken nie, al wat hy vra is dat die media moet ophou om hom EN SY GESIN te treiter. Hy en Natasha wil aangaan met hul lewens maar nee die media soek dit nie want dit is nie skindernuus nie, ek sou ook vir daardie Gavin aan sy keel gegryp het omdat hy erken het dat hy gestuur was om te skryf dat Steve se gewildheid aan die taan is, WAT NIE WAAR IS NIE!! en ook omdat Gavin rond bel en probeer om Steve se loopbaan te verongeluk, dit is genoeg om iemand aan die keel te gryp.
    Something interesting, 04/05/2008, Boertjie
    Geez but you afrikaners can waste a hell load of time!!! Leave the Stevey boy alone. If he wants to shag every second female. Let him do so. What is it to you? The a song called Everybody Else (has had more sex than me). Feeling out anyone?
    Steve Hofmeyer, 04/05/2008, Piet
    Jy vloek en slaan so maklik aan klein outjies. Hoekom probeer jy dit nie met van ons groter manne nie. Al wat jy nodig het is om n slag n goeie pakslae te kry.Jy is en was nog altyd n slegte voorbeeld vir ons jong mense.
    genoeg van steve, 04/05/2008, Henry-Ian van den Berg
    steve is gun hero en baie het nou met die laaste strooi alle respek vir hom verloor! jys reg tim! en hy dink net met een kop en die jammer om te se die verkeerde een!
    Tim, jy is die keer verkeerd, 04/05/2008, LPV
    Ek het jou al voorheen gekomplimenteer oor jou manier van beriggewing. Ek glo dit nog steeds, maar die keer is jy verkeerd. Steve Hofmeyr regeer nie die land nie en doen nie miljoene mense skade deur sy simpel besluite en lafhartigheid nie. Thabo verdien wat hom toekom, maar ek dink julle "push" dinge bietjie te ver met Steve. Die ou het sy foute soos almal van ons, jy ook. As jy 'n klomp nonsens skryf kritiseer mense jou en dan is dit verby. Hy het sover alles erken wat hy verkeerd gedoen het, en ook verskoning gevra, maar nou skop julle hom nog ook terwyl hy op die grond le. Dis asof julle net nooit einde het nie.
    Steve, 04/05/2008, John - Pretoria
    Tim, berig asb oor goed wat saak maak. Jy mors Rapport/News24 se geld deur te berig oor goed soos Steve se lewe. Dis skandelik dat jou joernaliste ook die koerant se geld so mors, en te berig om ons sterre se lewens. Sies man, jy laat my dink aan klomp tienermeisies, en jul is uitgegroeide mans! Ek skaam my dood! Voor jy jou oe uitvee koop ons nie meer die koerant nie a.g.v. al die snert hierin! Ek is seker daar is baie meer om oor te berig is dit. Word bietjie wakker, man! Ons is nou moeg vir jul kinderagtige nonsens!
    Gavin en Steve, 04/05/2008, Johann Broodryk
    Dis lekker om so vinger te wys na die media wolwe maar was dit nie vir Gavin Prins nie sou ons nie geweet het van Steve se Janine en dat hulle hul baba vermoor het. Julle praat van om Prins misdaad te laat doen...het hy nie daai storie gedoen van die vrou wat langs haar seun verkrag is nie? Ek kan verkeerd wees maar wat van sy stories oor die molesteerder by Oprah se skool? Ek stem saam met Du Plessis. Steve is die argitek van sy eie perde-k*k!
    Steve Hofmeyer, 04/05/2008, Adolf Wolmarans
    Steve jy kan bly wees jy is nie 'n kunstenaar in Brittanje nie. Die koerante daar sou die vloer met jou gevee het - in ag genome jou huidige gedrag, buite egtelike verhoudings en baie kinders by ander vrouens. Daardie manne laat Gavin Prins soos 'n beginner lyk en die Rapport soos 'n " county" koerant. Hulle los niks en niemand uit nie. Dit is maar wat jy kry in 'n moderne demokrasie - vryheid van spraak. Steve, ons het nie regtig celebrities in SA nie - heel waarskynlik is jy die naaste wat ons het. Saam met 'n "celebrity" status kom daar glorie, welvaart en geen privaatheid. Alles wat jy doen sal altyd aan die groot klok gehang word. Hoe groter jou "celebrity" status hoe harder moet jy werk aan jou beeld en optrede. Steve kom nou.....hou op kla en word groot. Kry vir jou 'n behoorlike "publicist", ondersteuning span. Begin werk aan jou beeld en gedrag as jy regtig 'n "celebrity" wil word. Gavin Prins is 'n klein outjie - "celebrities" daal nie tot daardie ouens se vlak nie.Jy kan tog nie almal te lyf gaan as hulle iets se of doen waarvan jy nie hou nie. Daar gaan altyd 'n Gavin Prins in jou lewe wees. Jy is mos 'n "celebrity", 'n moderne koninlike. Jy gaan jou tog nie aan hierdie klein outjies bly steur nie ....of is jy nie regtig 'n "celebrity" nie maar 'n "wannabee".
    Steve, 04/05/2008, Janie
    Ek kon nog nooit daai drie kwylende torre op Glitterai uitstaan nie, dus kyk ek vir geruime tyd nie meer die program nie. Ek kan egter Steve se optrede verstaan want almal se stresvlakke is huidig hemelhoog. Die geringste insident laat die adrenalien oorkook en dan is dit vlug of veg. En Steve het geveg - mooi so! Daai knaap Prins kort eintlik lankal 'n taai klap. Sy en die res wat so kwyl oor ander se doen en late is walglik. Lekker Sondag.
    Ai tog..., 04/05/2008, Henk Breytenbach
    Interessant - Tim raak aan twee onderwerpe, maar net die Steve-storie ontlok enige reaksie. Ek kan nou rerig nie geroer word deur Steve Hofmeyer se infantiele optrede nie - "celebrities" van enige portuur laat my in elk geval koud. Maar die ANC-storie is spot-on. Dis eintlik jammer dat bevrydingsbewegings nie kan insien dat hulle taak voltooi is as hulle eers die land oorgeneem. of "bevry" het nie. Ek dink die ANC se bestaansrede het in elk geval tot 'n einde gekom die 27ste April 1994. Hulle is vandag net so anachronisties soos die AWB, in elk geval.
    Steve Hofmeyer, 04/05/2008, Henning Botha
    Tim ek het ho?gting vir jou kommentaat en beriggewing. Maar daardie Gavin Prins gee my 'n pyn in die nek en ook op ander plekke.Ek kyk gereeld na Glitterati en die drie verslaggewers oor die celebs verlustig hulleself in ander se lief en leed. Ek persoonlik dink ook dat Steve nie net vir Gavin aan die nek moes gegryp het nie maar ook 'n paar taai klappe gegee het. Dit is verstommend hoe somigge celebs voor hulle kruip net om 'n goeie woordjie van hulle te kry. Kyk nou gisteraand weer na Dozi. Dorret sal toesien dat hulle nie te veel sleg s?an Dozi nie. Nee wat sulke mense het ook nie nodig in My lewe nie. Wat het Gavin al bereik in die lewe, behalwe om ander sleg te maak. Met al Steve se foute het hy al iets bereik in die lewe. Deur te s?avin doen net sy werk is 'n "overstatement" hy weet nie wat werk is nie. Laat hom doen wat Steve doen en sy brood verdien. Laat hom wat sonder foute is die eerste klip gooi.
    Steve, 04/05/2008, Rudie
    Ek ken Steve nie persoonlik nie en weens my lees en kykpatrone ook nie vir Gavin Prins nie. Wat ek wel geen twyfel oor het nie, is dat Steve op sy beste 'n skarmunkel is. Hy dink hy is 'n klein godjie. Hy mag doen en s?at hy wil, maar as hy nie sy sin kry nie, of kritiek kry op sy optrede, kan hy dit nie hanteer nie. Dan begin hy slaan en vloek. Ek dink dis hoog tyd dat hy terugkom aarde toe.
    Steve Hofmeyer, 04/05/2008, Rentius Nel
    Ek sou graag wou sien dat julle Steve uitlos tot die volgende skelmpie of dalk egskeiding. Ek dink julle soek tans vir n storie waar daar nie een is nie. Tim, Rapport is nie n "Tabloid" nie. Los die man nou uit.
    Steve, 04/05/2008, Wally
    Ek voel nogal jammer vir Steve - moet hy nie 'n sielkundige of dominee gaan spreek nie!!
    Steve Hofmeyr, 04/05/2008, Jan
    Ek wonder of daardie joernalis wat mnr Hofmeyr by die KKNK aangerand het ook klein van bou was. Dit sal nogal interessant wees om te sien wat gebeur as die man iemand aanpak wat nie kleinerig gebou is nie
    Moreel insolvente Steve, 04/05/2008, Chris
    Steve is moreel insolvent! Tim jou analises slaan die spyker week na week op sy kop. Gavin, dankie dat jy hierdie houe namens die volk gevat het.Steve, ons bid vir jou...
    Steve, 04/05/2008, Bolander
    Skote petoors Tim. As daar kritiek is, spreek dit uit - hard en duidelik. Ek het ontslae geraak van all steve hoffmeyer musiek wat ek gehad het. Hy het sy roem gebou met talent en sy eie loopbaan-graf gegrawe met swak (en steeds verswakkende) maniere.
    Kommen, 03/05/2008, Jon
    Hel, ou Steve is darem kommen, of hoe?
    Steve Hofmeyr, 03/05/2008, Kobus Coetzee
    Tim, jou stukkie in Rapport getuig van jou eie swaksinnigheid, en nie Steve Hofmeyr se laakbare optrede nie. Gavin Prins moet besluit of hy 'n media-joernalis is, of TV-skinderbek wil wees. Want sover dit my aangaan, behoort 'n joernalis van die kaliber wat by Rapport in diens is, onpartydig en eties op te tree. Ek het nog nooit beleef dat joernaliste in die Media-24 stal soveel vryheid het, om hulle eie persoonlike vendettas (of is dit dalk fantasiee?) op 'n individu na te jaag nie. Jy kan nie in jou koerant ETIEK skreeu, terwyl Gavin Prins en sy kollegas op Glitterati skinder oor Steve se persoonlike lewe nie - dit is nie joernalistiek nie, my vriend die redakteur, dit is LAAKBAAR! En in elk geval, indien Gavin Prins wou vasstel of Steve se gewildheid kwyn, dan woon mens 'n konsert of twee by, of jy tel die 20 000 wat amper tot middernag op Loftus gesit het, om Steve te sien optree. 'n Etiese joernalis sou EMI gebel het, om te verneem dat Waarmaker reeds meer as 100 000 kopiee verkoop het, en hy sou uitvind dat Secunda, Newcastle en Standerton konserte hierdie naweek volgepak was. Julle treiter vir Steve. aar dis mos wat julle sogenaamde proffesionele joernaliste doen. Het julle niks beter om oor te skryf as Steve, sy affair en sy huwelik nie? Kobus Coetzee
    Steve, 03/05/2008, Johann
    Ek is net spyt at Steve nie regtig vir Gavin 'n opstopper gegee het nie. Rapport soek net sensasie en wil alewig Steve bykom.
    Steve Hofmeyer, 03/05/2008, jaycee
    Is nuus wat eintlik saak maak so saai, eentonig en teneerdrukkend, dat koerante wat normaalweg iets om die lyf gehad het, nou hul bladsye volmaak met "celebrity"-nuus? Natuurlik is daar ook plek vir hierdie soort vermaaklikheidstories, maar lyk my die balans begin skeeftrek. Stop dan om Rapport te publiseer en verkoop Die Son in sy plek.
    Steve Hofmeyr, 03/05/2008, Tollo
    Tim, jy weet - ek het die hoogste agting van jou en jou joernalistiek - en ek ag jou mening baie hoog, maar die kommentaar op Steve se houding jeens Gavin Prins is ietwat onvanpas. Ja, Steve is kwaad vir Rapport - en ek stem saam dat die swak publisiteit in 'n mate deur sy eie doen en late is - MAAR, dit is duidelik dat die heer Gavin Prins ( en sy maatjies op Kyknet ) jag maak op Steve Hofmeyr. Kyk, julle is soos ek ges?et,beskou ek Rapport as 'n goeie bron van inligting, maar die hele Janine debakel was in swak smaak en ek kan nie anders om te dink dit was eerder gemik op sensasie as om ons die publiek in te lig nie - so ook Gavin Prins se sieklike geskinder op Glitterati. My indruk van die "ope brief" was dat een of ander joernalis haar gehelp skryf het aan die brief. Ek kan moeilik verstaan dat Rapport hom toelaat om aan so 'n program deel te neem. En ja - die media het gehelp bou aan Steve se loopbaan - maar beteken dit nou dat daar 'n oop seisoen is, sodat julle soos die ANC jeugliga kan s?lle het hom gemaak en julle het hom gebreek? Al is dit nie jou bedoeling nie is dit wat jou onderdane hulle mee besig hou - en DIT is siek. Groetnis. Tollo
    Steve Hofmeyr, 03/05/2008, Elize
    Ek lees af en toe Steve se blog. As enige iemand die man kritiseer raak hy lelik, noem jou name en vloek jou. Wie dink hy is hy? Hy hou nie daarvan as daar iets negatiefs oor hom gese word nie. Ek dink hy moet vir 'anger management' klasse gaan.
    stofmeyer, 02/05/2008, nic grobler
    Ek is net bang dat Hofmeyer hom so gaan vererre dat hy dalk NZ toe wil trek. Ek is nie lus om w? vlug nie.Los die man asb uit. Wanneer mens onder druk is, kom die ware karakter uit, het my dronk ouma altyd ges?
    Steve Hofmeyr, 02/05/2008, Heidi Lundie
    Tim dis waar wat jy s?an Steve dat hy die argitek is van sy eie lief en leed, maar so ook is jy en Gavin Prins van julle leed. Ek het Gavin Prins in Heidelberg Gauteng ontmoet voor hulle die Vervoermuseum hier toegemaak het, hy was hier saam met 'n kollega om 'n artikel te doen oor die vervoermuseum se sluiting nadat ek Jeremy Mansfield van Highveld Stereo geskakel het om mense te kry om 'n petisie op die internet te teken teen die sluiting van die museum. Toe ons die artikel in die koerant lees, was ons verstom, niks waaroor hy ons uitgevra het, was daarin. Na my mening soek Gavin ook maar net sensasie en waarom 'n goeie storie opvoeter met feite. Ek wens Steve het hom regtig geklap. En jy kort ook so lekker klap, dalk sal julle dan wakker word en mense se private sake privaat los. Dit is duidelik:julle het 'n vendetta teen Steve. Hy is nie die eerste man wat fouteer het nie, en sal beslis nie die laaste wees nie. Zuma was aangekla vir verkragting, en hy het erken hy het seks gehad met die klaer, tog is hy tien teen een die toekomstige leier van die land. Tim vertel ons van jou "dwalinge" en laat Gavin vir ons van sy skelmpie vertel. Los Steve uit, dis al ou nuus. Moenie die sensasiekoei blou melk nie!
    Afrikaners teer en veer mekaar: Gavin Prins en Steve se moles, 02/05/2008, Stefania
    Wie is die sogenaamde joernalis genaamd Gavin Prins wat aan die nek gegryp is deur Steve Hofmeyr, aldus mediaberigte in Naspers koerante, en wat is sy joernalistieke ervaring en getuigskrifte? M.a.w, wat is die man se credentials? Is Gavin Prins nie een van daardie knikkende koppies wat op KYKnet se Glitterati saam met die ander twee karkasvretende maaiers sit en herkou aan die oorblyfsels van die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf nie? Indien 'n man homself dus so uitverleen as mediaskootdanser, soos wat Gavin Prins doen met sy vertonings op Glitterati, hoe durf hy homself nog steeds uitverleen as onbetrokke beriggewer? Steve moes hom goed gemoer het. Kant en klaar.
    Kant kies?, 02/05/2008, Johan
    Ja passop wat jy s?or Steve, Tim, jy staan dalk verbaas as die tyd kom vir die volk om tussen jou en Steve te kies. Ons laat jou straks op jou eie neus kyk...
    Roux, jy praat waar, 02/05/2008, Joe
    Nie 'n sleg idee nie Tim! Laat Gavin Prins 'n paar weke julle misdaadverslaggewer wees en kyk of hy iets bruikbaar oplewer.
    Steve en Rapport, 02/05/2008, Alta
    Dis jammer dat Rapport en Steve tot hierdie laagtepunt daal. Tim, jou punte is geldig, maar is jy gelukkig om 'n joernalis in diens te he wat in sy kommentaar op die voorval se "Steve se koppie raas". Dit spreek boekdele omtrent Gavin Prins se vermoe.
    Close, but no cigar, 02/05/2008, Roux
    Tim Jy moes lankal die blog begin het. Dis lekker om jou opinie ook in die week te kry (en Harry ook: my pelle dink eks vreeslik slim as ek mense soos jy en Harry kan quote). Ek is self in die vermaakbedryf en het al heelwat met mnr Prins te doen gekry. Ek verdedig nie vir Steve nie, en kan geweldadige optrede nooit regverdig nie, maar jy gaan min mense kry wat sal getuig dat Gavin Prins n goeie, regverdige, objektiewe joernalis is. Sy werkswyse spreek van iemand wat self hunker na die kalklig. As Gavin so goeie joernalis was, hoekom verander julle nie vir 'n tyd sy beat nie en laat hom misdaad en politiek cover: jy sal sien julle sal nie n enkele berig kan gebruik nie omdat die standaard te swak sal wees. Ek dink nie iemand sal omgee as julle geraamtes uitsnuffel, en dit die gevolg is van goeie joernalistiek nie, maar moet asb nie voorgee dat Gavin Prins sy werk goed doen nie. n Joernalis moet 'n gesonde afstand kan hou (mens noem dit professionaliteit) maar meneer Prins se soeke na roem veroorsaak dikwels dat hy bekendes bevriend met die hoop om sy eie ambisie te bevorder. Werk sy plan nie, vergeet hy die vriendskap en gebruik onderduimse taktiek om hulle swart te smeer. Steve was verkeerd, but Gavin had it coming!
    Steve Hofmeyer, 02/05/2008, Johan Schutte
    Ek lees altyd graag wat jy te se het en vind jou opinies insiggewend. Ongelukkig ervaar ek die media se belangstelling in sogenaamde hoe profiel mense se privaat liefdeslewens en die media se sogenaamde verantwoordelikheid om daaroor te berig as 'n groep jagmakery wat my net so onthuts as die jagmakery van sogenaamde senior studente op nuwe studente tydens sogenaamde ontgroening. Alles kan verduidelik en gerasionaliseer word maar wanneer iets weersin wek dan is dit net dit -weersinswekkend. Ek verdedig nie Steve se optrede nie maar myns insiens jag en treiter jou joernalis hom. En ek ken Steve nie persoonlik nie.
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
        Stem
    Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
    Ja
    Nee

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo