News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
    Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  24°C
Kpstd  15°C  24°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  7°C  23°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 14:12  - (SA)  
Blog Sonder Naam: Oor Kous, kundigheid en mense
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
J.H. Barnard is 'n vryskut joernalis en skrywer van Gauteng.


Kous Visagie was anders.

Kort na ek in Londen aangekom het was Kous my baken van bekendheid – ‘n mens (selfs dié van ons wat voorgee dat ons die versmorende bekendheid agter ons wil sit) soek altyd na iets of iemand wat herinner aan dít wat ons ken.

Kort na my aankoms in die vreemde het ek Kous Visagie ontmoet, en vir my was Kous juis dít: ‘n bekende baken.

Vanaf my woonstel (die Engelse het gepraat van ‘n studio apartment) het ek soggens per fiets die pad aangedurf na Marylebone-stasie, vanwaar ek die Chiltern-trein gehaal het na Gerrards Cross. Met fiets en al is ek dan per trein tot dáár, en het ek dan die laaste twee en ‘n half myl per fiets afgelê, tot in Chalfont St Peter, waar my werksplek was.

Aanvanklik was die fietsryery ‘n groot lekkerte – veral deur Hyde Park, onderweg na die stasie in Londen – maar namate my tydjie in die vreemde minder geraak het, het ek dikwels eerder die fiets met my voete vervang. Dit het my meer tyd gegee, so het ek geglo, om die ongelooflike klanke en kleure in die vreemde in te neem. Selfs na maande het ek dikwels nog nuwighede teëgekom.

Min dinge was vir my so lekker as om soggens (dikwels voor die wêreld om my begin roer het), in die koue oggendlug te stap en my te verwonder aan wat vir die Britte niks anders is as doodgewoon nie.

Kous en ek het ontmoet op die vroegoggend-trein tussen Londen Marylebone-stasie en Gerrards Cross – dieselfde trein ry verder deur onder andere Beaconsfield, High Wycomb, Banbury en Leamington Spa voor hy sy eindbestemming, Birmingham se Snow Hill-stasie, bereik.

Kous het in Engeland gewerk as bouer. In Suid Afrika was hy student – B.Com. Maar, soos hy self gesê het, sy akademiese vermoë en die rente op ABSA se studentelening was nie versoenbaar nie.

“Dit het al duideliker geword dat ek en die bank, as gevolg van húlle rente en mý onvermoë om Statistiek 312 deur te kom, ‘n lewenslange verbintenis sou hê.”

Vandag. Môre. Altyd saam, het Kous gesê, en gelag dat dit gelyk het asof die lyne op sy gesig sy sproete probeer verbind. Amper soos daai “connect-the-dot-boekies” wat verpligtend was in juffrou Prinsloo se graad twee-klas.

Behalwe B.Com-student was Kous ook plaaskind. Sy pa-hulle het geboer, in Frankfort se wêreld, en met dié dat sy studies nie na ‘n kant toe wou kom nie het sy pa gevoel dat hy maar plaas toe moes gaan. Om die waarheid te sê, Kous se pa wou hom in iedergeval op die plaas sien – met of sonder ‘n graad.

Maar Kous Visagie was anders.

Dít het hy geweet.

Soos soveel ander wit plaasseuns sal hy jou ook die vervelige storie vertel dat daar by hulle nie rassisme is nie, dat die swart kinders van die plaaswerkers sy beste maats was. Maar Kous se storie het ‘n kinkel, want terwyl dit so mag wees dat daar groot vriendskappe ontwikkel tussen plaaskinders en die kinders van die plaaswerkers, het daar tussen Kous en die seun van een van sy pa se voorslag melkmanne ‘n baie spesiale band bestaan. ‘n Band wat vir ‘n lang tyd, selfs vir Kous, verkeerd was.

Dis nie iets wat jy vir ‘n plaasboer van Frankfort verduidelik nie, het Kous gesê.

“Jy raak nie lief vir mans nie. En jy raak nog minder lief vir ‘n swart man.”

Daar was ‘n dowwe skyn in sy oë as hy vertel van Lucas Lemoane. Ons het mekaar vir vyf maande, so te sê daagliks, op die trein ontmoet en gesels voor hy dié naam die eerste keer genoem het, maar nooit in die vele kere daarna wat Lucas se naam genoem is, het dit gelyk asof dit vir hom makliker word nie.

Hoekom is jy nie maar terug plaas toe nie – daar sou julle mekaar immers kon sien? het ek dit eenmaal gewaag.

“Hoekom. Om baas te speel oor hom – die klong wat die stalle moet skrop, vieruur soggens moet melk? Sal ‘n mens lief bly vir iemand as dit die basis van jul verhouding, jul vriendskap is? Een baas, die ander klaas.”

So, nou’s jy maar hier in die vreemde. Vir hoe lank?

“So lank ek kan. So lank as wat nodig is. Hier is ek en Lucas nog op ‘n manier saam – in my drome.”

Die trein het begin skommel en skud oor die spore voor die Finchleystraat-brug. Dan die lang fluit voor die trein onder die tonnel verdwyn.

Die luidspreker-stelsel gaan aan.

“Ladies and gentlemen we are now approaching London Marylebone where this service terminates. All change please, all change.”

Kous lag.

“As dit darem só maklik was...”

Ek wonder vandag waar in die wêreld Kous Visagie is? En Lucas Lemoane? In my gedagtes sien ek hulle, hand-aan-hand in ‘n Frankfort-plaas se mielieland, opgewonde oor die goeie oes wat hulle van hul erfgrond gaan kry.

Nou wonder ek: verloor ons kundigheid, óf verloor ons ménse?

“All change please, all change!”

J.H. Barnard

J.H. Barnard is 'n vryskut skrywer van Gauteng.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
 
  Plaas jou kommentaar
Naam
E-pos
Onderwerp
Kommentaar
   
   

As daar kommentaar is wat na jou mening nie op die blad hoort nie, kliek hier en se hoekom jy so dink.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo