| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
07/05/2008 10:22 - (SA)
My Liewe Land: Kort onder my ribbekas Die Britse reisskrywer, Sarah Wheeler, het iewers geskryf dat ‘n boek wat jy lees terwyl jy reis, kort onder jou ribbekas vassteek. Ek hou van hierdie beeld, nie net omdat dit vir my besonders on-Brits is nie maar ook omdat dit waar is. Die boeke wat ek weg van die huis gelees het, het ‘n ander plek in my hart as die wat ek tuis gelees het. Of moet ek liewers sê, ‘n spesiale plek, kort onder my ribbekas. Amsterdam met sy koffiewinkels, rooiligdistrik, kanale, teaters en museums was seker die opwindenste stad wat enige jong mens wat in Apartheid Suid-Afrika grootgeword het in die vroeë 1980’s kon besoek. Nogtans moes die versoekinge en betowering van die stad ‘n dag en ‘n half wag terwyl ek in die back packers gebly het totdat ek John Irving se “World according to Garp” klaar gelees het. Want in Suid-Afrika was “World According to Garp” verban. In hierdie dae wat ‘n mens al hoe meer versugtinge hoor na die “ou dae” tye is dit vir my goed om hierdie feit te onthou; John Irving se “The world according to Garp” was vir ‘n hele lang ruk verban in die Suid-Afrika van P.W. Botha en Lammie Snyman. Ek hoop daar is baie mense wat nie meer weet wie Lammie Snyman was nie. Die feit is, die eerste boek wat ek gelees het toe ek land uit is op my eerste besoek aan Europa en alreeds deeglik bewus was van die vergrype van my destydse regering was nie Govan Mbeki se “The Peasants Revolt” of selfs Steve Biko se “I write what I like” nie. Dit was “The world according to Garp” Pure storie. Net soos soveel ander boeke wat ek op plekke ver van die huis gelees het. Daar was “The Exorcist” (ook verban in die ou Suid-Afrika) tydens ‘n sesdaglange busreis van San Francisco na New York meer as dertig jaar gelede. Jan Wolkers se “Een Roos van Vlees” in ‘n rondawel op Port St. Johns tydens my sewedagpas in die weermag. Philip Pullman se “His Dark Materials” trilogie wat ek as oudioboeke “gelees” het saam met my gesin op pad na die Otter-voetslaanpad en ander langpadvakansies deur die Karoo. Martin Amis se briljante “London Fields” (gekoop by Shakespeare and Co in Parys) het ek in ‘n art deco hotelkamer gelees in Tangiers en ek sou dit heel moontlik nie voltooi het as ek ander leesmateriaal by my gehad het nie. Daar is Jonathan Franzen se “The Corrections” gelees in ‘n armoedige rondawel in Mosambiek. Twee jaar later in dieselfde stranddorpie het Virginia Woolf se “To the Lighthouse” my so betower het dat dit my ‘n paar oomblike gevat het om te besef dat die persoon wie se doodsberig ek per SMS ontvang het, nie ‘n Woolf-karakter is nie maar my vriend William Pretorius. (William, een van die ywerigtse lesers wat ek ooit ontmoet het, sou dalk hierdie verwarring geniet het.) Daar was James Joyce se “Ulysses”, Tolstoy se “Anna Karenin”, Maria Vargas Llosa se “Time of the Hero”, Flaubert se “Madame Bovary” en die tweede deel van Cervantes se “Don Quixote” wat almal in Desember 1986/Januarie 1987 in ‘n onverhitte strandhuis in St. Maria de Leuca, die verste suid-westelike dorpie in die hele Italië gelees is. In die Magaliesberge het ek opgekyk uit Durell se “Spirt of Place” vas daarvan oortuig dat die dowwebruin berg vol lemoenboorde oorkant die pad, ‘n berg aan die buitewyke van Delphi was. Op ‘n stoep in Indië het ek “Captian Corelli’s Mandolin” neergesit en gedink ek is op die Griekse eiland Kefalonië tot ek die vrouetuinier se sari en enkelkettinkie opgemerk het. Antjie Krog se “Kleur kom nooit alleen nie,” het my betower in die flou elektriese lig van ‘n bosveldpondokkie terwyl ‘n vlermuis benoud in die gang gefladder het. My reddingspoging moes wag tot die boek klaar was. Breyten se “Yk” het ek gelees op lang somersmiddag op ‘n klip onder ‘n denneboom op Santorini. Elke nou en dan het ‘n toeris se bromponie teen die heuwel opgekruie soos ‘n opwentor. My vrou het in ons tent lê en slaap. Soos wat die lug afgekoel het, het die kampeerterrein al hoe meer na dennenaalde geruik. Dis meer as een en twintig jaar na daardie middag, maar dele van daardie boek sing nog steeds in my kop. Ek het “Yk” al genoeg maal herlees om te besef dat dit in enige omstandighede ‘n meesterstuk is. Maar daardie eerste lees, sit nog steeds hier, kort onder my ribbekas. Hierdie was my laaste verskyning op rapport.co.za. Dankie aan Rapport en dankie aan al die lesers wat op my gekliek het. Dankie aan die sinvolle reaksie op my skrywes. As julle nog van my goed wil lees – besoek gerus kalahari.net en bestel my kortverhale; Groceries: 56 stories oor huishoudelike produkte en my jongste roman “En die lekkerste deel van dood wees" wat verlede jaar die naaswenner was in die Insig-Sanlam Groot Romand-wedstryd. My eerste vier boeke is beskikbaar by handdruk@netactive.co.za. Voorspoed. Harry Kalmer
|
||||||||||||
|
||||||||||||
![]() |
||||||||||||
|
|
||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|