News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
    Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  24°C
Kpstd  15°C  24°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  7°C  23°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

07/05/2008 15:35  - (SA)  
Uit die persgalery: Toetsbestuur 'n presidentskandidaat
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Lizel Steenkamp is Rapport se Parlementêre verslaggewer.


Mnr. Jacob Zuma se stelselmatige opgang onder gehore wat tradisioneel nie as sy ondersteuners gereken word nie, kan vergelyk word met iemand wat ’n nuwe motor wil koop en dit vooraf vir ’n toetsrit neem.

So twee kilometer vanaf die handelaar se uitstalvloer ratel ’n los skroef onder die enjinkap.

Later gaan hy om ’n skerp draai en iets tussen die stuurstang en die wiele voel nie reg nie.

Op pad terug stop hy gou by die vulstasie vir ’n Coke. Toe hy wegtrek sien hy ’n vieslike blerts olie op die plaveisel waar die nuwe motor nou net gestaan het.

Terug by die verkoopsman besluit hy tog om die motor te koop want hy blink en hy ruik lekker.

Dié logika stem ooreen met diegene wat die afgelope paar maande ’n voorliefde vir die ANC se nuwe leier aangekweek het, waarskynlik deels omdat pres. Thabo Mbeki sy naam week ná week krater maak en geloofwaardigheid inboet - as hy nog daarvan oor het.

Zuma was voor en veral sedert Desember ’n besige man.

Die een week sus hy beleggers in Londen, die volgende braai hy saam met Steve Hofmeyr en Leon Schuster. Hy reis soos ’n wafferse staatspresident na die Wêreld-Ekonomiese Forum in Davos om die markte te paai, daarná vlei hy die boere in die Vrystaat.

Hy is kwistig met die heuningkwas, weerspreek soms die einste retoriek wat hy die vorige week elders gepredik het.

Maar een vir een wen hy hulle oor met sy warm en sjarmante persoonlikheid. Innemend. ’n Mense-mens, sê die mense agterná. So anders as Mbeki, die ewige afsydige intellektueel-filosoof en Mugabe-liefhebber.

Selfs die tydskrif Time lys hom agtste op hul ranglys van die invloedrykste mense ter wêreld.

En eintlik doen Zuma presies wat die meeste politici wat hul sout werd is, doen. Hy het sy oog op 2009.

Die Zuma-bekeerlinge moet versigtig wees en onthou wat in die maande vóór die Polokwane-revolusie gebeur het.

Die Johannesburgse hooggeregshof het hom inderdaad onskuldig bevind op aanklagte van verkragting.

Maar sy doen en late in en voor die hof in dié tyd, sê meer oor wie en wat Zuma is as al die mooi praatjies om vleispotte en voor vol raadsale met belangrikes.

G’n samesweringsteorie kan Zuma se optrede buite die hof ongedaan maak nie. Soos die sing van die opruiende “Awulethu’ mshini wami” so te sê op die trappe na die bewaker van ons broos demokrasie. Of sy bekentenis dat hy wetend onbeskermde seks gehad het met ’n MIV-positiewe vrou wat sy dogter kon gewees het en ná die tyd gestort het om dit beter te maak.

Suid-Afrika het leiers van inbors nodig. Leiers wat die hoekstene van ons demokrasie respekteer en versterk. Nie mense wat ’n media-tribunaal wil instel, die SABC opnuut wil kaap en oorlogsliedere voor howe sing nie.

’n Leier wat sy landsburgers se belange eerste stel, sal hom of haar nie beywer om die land se mees doeltreffende misdaadbestrydingsorgaan - die Skerpioene - tot niet te maak nie.

Net populiste wat eie belang voorop stel, neem s?lke resolusies om hul politieke baste te red.

Dis alles goed en wel as ’n landsleier jou agterná ontnugter en jy besef hy of sy is moreel korrup. Maar dis heel ’n ander storie as jy dit vooraf weet en hom steeds verkies. Dán verdien jy wat jy kry.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Toetskar n Taxi, 12/05/2008, Ben
Net om die realiteit van 'ons' politiek te noem is dat dit eintlik eerder die toetsbestuur van 'n gebruikte minibustaxi is en nie die nuwe motor wat mens graag op die pad wil sien nie. 'Ons' wat die nuwe motor wil koop tel nie, die massa wil die taxi koop wat 'veelsydig' maar ook vir die massa kan werk. Padhouvermoe en of hy olie lek tel nie eintlik regtig nie, dis hoeveel hy kan laai, en daar word nie regtig gedink of die 'voertuig' jou veilig by punt B gaan bring nie.
zuma, 11/05/2008, steve zeelie
Vraag.Gaan hy pres. word of gaan dit daai kommie onder hom wees?
Nuwe motor met ou streke, 11/05/2008, Henk
Goeie berig. Dit is soos om die Russiese motor die Volga te koop. Jy weet jy gaan al die probleme in die wereld he. Jy gaan hom instand moet hou en nie een dag toon hy dieselfde streke nie. Tog is dit al motor wat baie Russe kan bekostig. Is dit al wat die meerderheid in SA kan bekostig of sal hul enige iets anders koop as Bob en sy pel.(Zimbekiland) Die talent om te bou en instand te hou in Afrika lyk skaars.(Eskom) Bak en brou lyk vollop.(Wapentransaksie) Vanuit die buiteland gesien is die waarheid baie tragies.
Zuma, 11/05/2008, Bolander
Ja Gerland. En is dit nie verbasend dat soos Zuma, ly Bush ook aan 'n "delusion of grandeur" dat hy alleen deur die goddelikheid op aarde geplaas is nie. Ek onthou so goed daardie TV verskyning van Dubya "....the evil-doers......" (Waar kan ek opgooi?)
Vryheid begin met jou eie padhou vermoe, 11/05/2008, Gerrit
Min mense weet hoe om hul self te bestuur, omdat hulle nie weet hoe om hulself te bevry nie. Lees die boek "Your Sacred Self" van Dr Wayne W. Dyer. Change your belief systems, Making the decision to be free. Dan sal mense die regte besluite neem.
Of jy links of regs van die pad bestuur, 08/05/2008, Gerland
Geheel reg, solank ons net nie glo dat dit net hier, in Afrika, is wat ons skedonkies toetsbestuur en dan dink ons koop limos nie. Die arme Yanks het maar ook nie mooi gekyk toe hulle vir George W gekies het nie, en kyk net hoe het die man olie gelek toe hy eers in die stoel sit. Nou weer weet hulle nie of hulle 'n wit model of 'n bruin model moet aanskaf nie, maar as jy my vra slaan altwee kandidate bearings.
Zuma se padhouvermoe, 07/05/2008, Wouter
Lizel, ja, ek is seker Edmont Sippel kan vir Zuma (shower powered GT 4 liter) vir 'n toetsrit neem en ons laat weet wat die knaap se padhouvermoe is. Ook sy brandstofverbruik - sy finansiele state wys mos hys nie suinig nie (sy tenk is altyd dolleeg, en daar word lekker met die logboek gepeuter). In elk geval: ek gaan Harry Kalmer se blog mis, dit het baie lekker gelees, maar as jy nou gereeld gaan skryf sal ek definitief volg.
 
  Plaas jou kommentaar
Naam
E-pos
Onderwerp
Kommentaar
   
   

As daar kommentaar is wat na jou mening nie op die blad hoort nie, kliek hier en se hoekom jy so dink.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo