| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
08/05/2008 14:20 - (SA)
Fliekvlooi: Sal die regte Bob Dylan asseblief opstaan?
In I’m Not There is daar sóveel verwysings en sóveel kennismakings met sóveel karakters, maar wáár, o wáár is Bob Dylan wat veronderstel is om die onderwerp van dié fliek te wees? Dit was wat kort-kort deur my kop geflits het aan die begin van hierdie fliek. Daar is nie minder nie as ses karakters, deur ses akteurs vertolk. En dit het ek aanvanklik erg verwarrend gevind. Maar uiteindelik het ek daar uitgestap met die besef dat Dylan ál hierdie karakters is - en dalk nie één van hulle nie. Is dit nie maar met die meeste mense die geval nie? Wie is Steve Hofmeyr, byvoorbeeld? Vra sy hordes aanhangers en kry een antwoord. Vra die gemiddelde joernalis en kry ‘n ander een. Vra die gemiddelde Engelssprekende wat nie van Neil Diamond se musiek hou nie en kry ‘n puzzled look. Vra Steve self en... ja, goeie vraag, niemand het hom sover ek weet al ooit gevra nie. Kyk mens na sy gedrag en uitsprake, kry jy met baie meer as net ses karakters te doen: ’n boerseun, taalvegter, rokjagter, bloukraagfilosoof, godsdienshervormer, seksobjek, boelie, sanger, filantroop, digter, egoïs, domkop, slimkop, wêreldburger... Dis seker maar hoe dit is... Niemand is tog nét goed, of nét sleg nie - en elke mens dra sekerlik in hom/haar die mees uiteenlopende moontlikhede en vermoëns. Dit was dan seker waarom vir Todd Haynes, die regisseur, ses heel verskillende akteurs gebruik om aspekte van Dylan in I’m Not There uit te beeld. Die verhaal word nie chronologies vertel nie en herinner aan John Fowles se uitspraak: Time is not a road - it is a room. En nêrens word die naam “Bob Dylan” gehoor nie. Ook nie “Robert Zimmerman” nie... Net die ses alter ego’s. Só ontmoet ons eerstens vlugtig die Richard Gere-karakter, wat ‘n ouerige Billy the Kid - iemand wat Dylan baie bewonder het - voorstel. Dan is daar die Marcus Carl Franklin, wat kitaar-onder-die-blad ‘n jong Woodie Guthrie vertolk. Ons ontmoet ook - in geen spesifieke volgorde - die protessanger, Jack Robbins (Christian Bale), Arthur Rimbaud (Ben Whishaw) en Robbie Clark (Heath Ledger in een van sy laaste rolle vóór sy ontydige dood vroeër vanjaar). Maar die ster is Cate Blanchett, byna onherkenbaar as die androgene Jude - die karakter wat myns insiens die naaste kom aan die Bob Dylan wat ek ken. Blanchett speel die rol perfek tot in die fynste nuanses. Jude het my geïrriteer, gefassineer, bekoor - en laat ril. Blanchett het haar Oscarbenoeming en ander toekennings terdeë verdien, inderdaad een van die veelsydigste en bekwaamste aktrises wat deesdae te sien is. Miskien is die aard van enige mens eenvoudig te divers, te geskakeerd, te teenstrydig om maklik opgesom te word in ‘n enkele liniêre narratief, wat nog 'n kunstenaar soos Dylan. Ons kry hier te doen met Dylan die idealis, Dylan die kompulsiewe roker en pill popper, Dylan die minnaar, Dylan die pa, Dylan die ontroue, Dylan die bekeerde, Dylan die verwarde - met die verskillende benaderings tot sy musiek en al die stylveranderings soos ons dit deur die jare kon volg. Dit vereis sekerlik meer as net ‘n oppervlakkige kennis van Bob Dylan se musiek en lewe om dié fliek na behore te waardeer. En tog, die verwysings na sy tydgenote - soos ‘n vinnige, lig-spottende verskyning van die Fab Four, die geskiedkundigheid van die era waarin die fliek afspeel en die uitstekende klankbaan sal dit interessant maak vir enige musiekliefhebber. Maar dis ‘n moetsien vir enige opregte Dylan-fan.
|
|||||||||
|
|||||||||
![]() |
|||||||||
|
|
|||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|