News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
    Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  6°C  24°C
Kpstd  14°C  16°C
Dbn  16°C  27°C
Jhb  6°C  21°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

08/05/2008 14:20  - (SA)  
Fliekvlooi: Sal die regte Bob Dylan asseblief opstaan?
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Fliekvlooi: Belydenis van 'n dobbelslaaf (23/04/2008)
  • Fliekvlooi: Debbie doen 2008 (19/03/08)
  • Fliekvlooi: Kyk nou net vir Unbearable Lightness se Tomas! (26/03/08)
  • Fliekvlooi - Hoe om weer goed te word (12/03/08)

  • In I’m Not There is daar sóveel verwysings en sóveel kennismakings met sóveel karakters, maar wáár, o wáár is Bob Dylan wat veronderstel is om die onderwerp van dié fliek te wees? Dit was wat kort-kort deur my kop geflits het aan die begin van hierdie fliek.

    Daar is nie minder nie as ses karakters, deur ses akteurs vertolk. En dit het ek aanvanklik erg verwarrend gevind.

    Maar uiteindelik het ek daar uitgestap met die besef dat Dylan ál hierdie karakters is - en dalk nie één van hulle nie.

    Is dit nie maar met die meeste mense die geval nie?

    Wie is Steve Hofmeyr, byvoorbeeld? Vra sy hordes aanhangers en kry een antwoord. Vra die gemiddelde joernalis en kry ‘n ander een. Vra die gemiddelde Engelssprekende wat nie van Neil Diamond se musiek hou nie en kry ‘n puzzled look.

    Vra Steve self en... ja, goeie vraag, niemand het hom sover ek weet al ooit gevra nie. Kyk mens na sy gedrag en uitsprake, kry jy met baie meer as net ses karakters te doen: ’n boerseun, taalvegter, rokjagter, bloukraagfilosoof, godsdienshervormer, seksobjek, boelie, sanger, filantroop, digter, egoïs, domkop, slimkop, wêreldburger...

    Dis seker maar hoe dit is...

    Niemand is tog nét goed, of nét sleg nie - en elke mens dra sekerlik in hom/haar die mees uiteenlopende moontlikhede en vermoëns.

    Dit was dan seker waarom vir Todd Haynes, die regisseur, ses heel verskillende akteurs gebruik om aspekte van Dylan in I’m Not There uit te beeld. Die verhaal word nie chronologies vertel nie en herinner aan John Fowles se uitspraak: Time is not a road - it is a room.

    En nêrens word die naam “Bob Dylan” gehoor nie. Ook nie “Robert Zimmerman” nie...

    Net die ses alter ego’s.

    Só ontmoet ons eerstens vlugtig die Richard Gere-karakter, wat ‘n ouerige Billy the Kid - iemand wat Dylan baie bewonder het - voorstel. Dan is daar die Marcus Carl Franklin, wat kitaar-onder-die-blad ‘n jong Woodie Guthrie vertolk. Ons ontmoet ook - in geen spesifieke volgorde - die protessanger, Jack Robbins (Christian Bale), Arthur Rimbaud (Ben Whishaw) en Robbie Clark (Heath Ledger in een van sy laaste rolle vóór sy ontydige dood vroeër vanjaar).

    Maar die ster is Cate Blanchett, byna onherkenbaar as die androgene Jude - die karakter wat myns insiens die naaste kom aan die Bob Dylan wat ek ken. Blanchett speel die rol perfek tot in die fynste nuanses. Jude het my geïrriteer, gefassineer, bekoor - en laat ril. Blanchett het haar Oscarbenoeming en ander toekennings terdeë verdien, inderdaad een van die veelsydigste en bekwaamste aktrises wat deesdae te sien is.

    Miskien is die aard van enige mens eenvoudig te divers, te geskakeerd, te teenstrydig om maklik opgesom te word in ‘n enkele liniêre narratief, wat nog 'n kunstenaar soos Dylan. Ons kry hier te doen met Dylan die idealis, Dylan die kompulsiewe roker en pill popper, Dylan die minnaar, Dylan die pa, Dylan die ontroue, Dylan die bekeerde, Dylan die verwarde - met die verskillende benaderings tot sy musiek en al die stylveranderings soos ons dit deur die jare kon volg.

    Dit vereis sekerlik meer as net ‘n oppervlakkige kennis van Bob Dylan se musiek en lewe om dié fliek na behore te waardeer. En tog, die verwysings na sy tydgenote - soos ‘n vinnige, lig-spottende verskyning van die Fab Four, die geskiedkundigheid van die era waarin die fliek afspeel en die uitstekende klankbaan sal dit interessant maak vir enige musiekliefhebber.

    Maar dis ‘n moetsien vir enige opregte Dylan-fan.


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    Fliekvlooi - Sal die regte Bob Dylan asb opstaan, 10/05/2008, Connie
    Uitstekend! 'n Interessante invalshoek wat Fliekvlooi gebruik om die universele betekenis van die film uit te lig. Steve Hofmeyr is inderdaad "The hero with a thousand faces" en sou hy gevra word wie hy nou waarlik is sal hy, en dit geld vir ons almal, moet erken "(but) I'm not there" Moet bieg dat ek nog nie die fliek gesien het nie, maar na die lees hiervan is ek beslis oppad.
     
      Plaas jou kommentaar
    Naam
    E-pos
    Onderwerp
    Kommentaar
       
       

    As daar kommentaar is wat na jou mening nie op die blad hoort nie, kliek hier en se hoekom jy so dink.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
        Stem
    Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
    Ja
    Nee

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo