News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
    Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  3°C  23°C
Kpstd  14°C  16°C
Dbn  16°C  28°C
Jhb  6°C  21°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

08/05/2008 17:18  - (SA)  
Tim gesels
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Verwante Berigte
  • Tim gesels (02/05/08)
  • Tim Gesels (24/04/08)
  • Tim Gesels (18/04/08)

  • Ek was Woensdagaand op ’n nostalgiese reis na die jare tagtig, toe ek ’n politieke korrespondent was - die lekkerste jop by ’n koerant.

    Mnr. Niel van Heerden, voormalige direkteur-generaal van buitelandse sake, en genl. Jannie Geldenhuys, voormalige hoof van die ou SA Weermag (SAW), het gepraat by ’n tafelgesprek in die Rand Club in Jozi waar ’n klompie vriende die nagedagtenis gevier het van die raconteur Otto Krause.

    Hulle het vertel van die dramatiese politiek circa 1988, toe hulle sleutellede was van die SA regeringspan wat met die Kubane, die Russe, die Amerikaners en die Angolese onderhandel het oor die onafhanklikwording van Namibië en die onttrekking van die Kubaanse soldate uit Suider-Afrika.

    Van hul nie-amptelike besoek aan el commandante (Fidel Castro), wat gefassineer was deur die “Boere”, van hul planne om te uitoorlê en hoe hulle uitoorlê is.

    En van hoe Pik Botha, in een van die sessies waar die Kubane die Suid-Afrikaners gedreig het, in volle vaart losgetrek het en vir hulle vertel het hoe die Boere die magtige Britse ryk in die Eerste Vryheidsoorlog verslaan het en hulle in die tweede een ook sou verslaan het as dit nie was vir die konsentrasiekampe en die verskroeide aarde nie.

    En ons sal met die Kubane doen wat ons met die Engelse gedoen het, sou Pik glo gesê het.

    Volgens genl. Jan het die Kubane die geskiedenisles wat Pik so dramaties vir hulle opgevoer het, ter harte geneem. Namibië het twee jaar later relatief, let wel relatief, vreedsaam onafhanklik geword.

    Dit was waardevol om die twee veterane weer te hoor. Hulle dra hul jare mooi. Met elke jaar wat verbygaan, kry hulle ’n nuwe perspektief en nuwe stukkies wysheid by oor ’n lotsbepalende era in ons geskiedenis.

    Wat nodig is, want soos die Amerikaanse digter en skrywer William Faulkner gesê het: “The past is never dead. It’s not even past.”

    Ek het destyds intensief verslag gedoen oor talle van daardie berade en gesprekke oor Namibië se onafhanklikwording. En sedertdien boeke daaroor gelees.

    Maar Woensdagaand was daar nuwe perspektiewe wat my andermaal die waarheid van Faulkner se woorde laat besef het. Die verlede is nooit in die verlede nie.

    Die eietydse geskiedenis wat die ANC aan die land wil opdwing, “ontgeldig” (invalidate) mos alles wat die SA staat voor 1994 gedoen het. Die wittes was eenduidig boos, die swartes net verdruk, verhewe en heldhaftig.

    Terwyl die werklikheid oneindig meer genuanseerd en kompleks is.

    Jan Geldenhuys en Niel van Heerden het my andermaal herinner: ons het goeie mense gehad wat ook goeie dinge gedoen het, slim dinge.

    In die ou Suid-Afrika het die SAW en Buitelandse Sake die moeilikste, ondankbaarste werke gehad. Die een moes die apartheidstaat beskerm en die ander moes hom in die buiteland verkoop en verduidelik.

    Tog het albei konstant die beste kaliber staatsamptenaar gelok, mense uit dieselfde hout gesny as Van Heerden en Geldenhuys.

    Dit bewys maar net weer: knap mense hou van uitdagings, geld en posisie is nie alles nie.

    Hoeveel van dié etos sou in vandag se staatsdiens oor wees?

    Gevra hoekom hy dink Namibië het, anders as Suid-Afrika, ’n rustige land geword met rasse-harmonie en hoë vlakke van sosiale kohesie, het filosoof-generaal Geldenhuys gesê hy dink dis omdat Swapo se vegters oor ’n lang tydperk in ’n werklike oorlog gewikkel was met die Suid-Afrikaners en die destydse SWA gebiedsmag.

    Toe die oorlog verby was, het die soldate aan weerskante, soos in alle konflikte gebeur, notas vergelyk en mekaar oor en weer uitgevra. Hulle het ’n soort afsluiting beleef, waarna almal kon aanbeweeg en die swaarverdiende vrede waardeer.

    In Suid-Afrika het daardie proses nie so afgebaken gebeur nie. MK het geen substantiewe geskiedenis van gevegte teen die SAW nie. Daar was ’n onderhandelde skikking, maar daar was nooit ’n formele skietstilstand tussen die SAW en MK nie want daar is nooit eintlik regtig geskiet nie.

    Maak sin vir my. Die (fiktiewe) boek MK se heroïese veldslae sal maar ’n paar bladsytjies beslaan.

    Dit verklaar ook waarom die ANC vroeër vanjaar so gehiperventileer het by die twintigjarige herdenking van die sogenaamde Slag van Quito Cuanavale.

    Die ANC sou wat wou gee vir ’n soortgelyke “veldslag” in die annale van sy “krygsgekiedenis” om te vier. Daar is nie een nie, toe gryp hulle maar vir Quito aan.

    Daardie omstrede skermutseling met sy twee wenners: die Suid-Afrikaners, wat die militêre veldslag klinkend gewen het; en die Kubane/Fapla/Swapo, wat die propaganda-oorlog gewen het.

    Elie Wiesel, die Roemeens gebore Jood wat die Holocaust oorleef het en ’n Nobelprys gewen het, het in sy outobiografie geskryf “Om sonder ‘n geskiedenis te wees, is erger as om sonder ‘n toekoms te wees.”

    Dit verklaar ook hoekom die verlede altyd meer onseker en meer bestrede sal wees as die toekoms.

    • • • • •

    Barney Mthombothi, redakteur van die Financial Mail, skryf die beste politieke rubriek in die land. Oor en uit. Sy insigte is priemend. En die Engelse taal is klei in sy hande.

    Só skryf Barney die afgelope week oor die geskorste SABC-baas Dali Mpofu, wat tot voor Polokwane ’n stoere Thabo Mbeki-man was en toe oorbeweeg het na die Zuma-kamp sonder om ’n steekpas te markeer.

    “Mpofu. . .has suddenly realised the terrain has changed and he’s feverishly seeking to familiarise himself with new behinds”.

    Sou mnr. Zuma weet hoeveel angstige oë is deesdae gerig op sy agterstewe . . .?

    • • • • •

    Verlede naweek was ek vir die eerste keer by ’n Sama-aand. MTN het my Sun City toe genooi vir die musiekpryse-aand en vir twee nagte se verblyf betaal, baie dankie.

    Die Saterdag se gala-aand het soos Suid-Afrika gelyk, in die samestelling van die gehoor én in die aard van die musiek wat vereer is. Dit was oorwegend swart, maar wit was sterk verteenwoordig.

    Musiek het die mense verenig. Ek het lekker hande geklap vir kwaito-sterre van wie ek nog nooit gehoor het nie. Saam met ander wittes.

    Die “swart” applous was hartlik toe Karen Zoid haar prys wen as beste vroulike rock-musikant. Ook vir Kurt Darren, toe hy gesing het. Die vibe was ontspanne, gemoedelik. Dalk was dit die drank en ander “hulpmiddels”.

    Maar ek twyfel. Dit was opregte voelgoed daardie, iets wat nie geveins kan word nie.

    Saterdagaand by Sun City het soos Nelson Mandela se Suid-Afrika gevoel.

    Wens ons kan dit terugkry.


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    PMS en "boer bashing", 11/05/2008, Johann Eksteen
    Sies tog Katryn, pyn jou magie? Blykbaar help dit as jy 'n warm watersak op jou baarmoeder sit tydens "daai tyd"...drink sommer ook 'n glas suikerwater, want dit klink of jy in 'n toestand van skok is! Nadat jy gekalmeer het, kan jy dalk vir ons verduidelik waarom jy voel dit is nodig om jou (en ons) tyd te mors deur jou braaksel op hierdie blog te los...ons is mos "insignificant". Wat presies is jou punt hier, dolla? Het jy nie beter dinge om te doen nie? Hoop jy voel sommer gou weer beter!!
    Van Oostrum nie op PRAAG, 11/05/2008, Tertia van Reenen
    Katryn, ek het so pas gaan kyk op www.praag.co.za en kon n?ns Leendert van Oostrum se naam op die blad vind nie. Daar is twintig rubriekskrywers op PRAAG en sy naam verskyn n?ns nie. Ek is nie eintlik 'n PRAAG-ondersteuner nie, maar daar is meer nuus op PRAAG oor Afrika as al die ander SA webwerwe saam. Om dus te s?at Afrikaners "...'n insignificant, ingeteelde, oorhoopse en marginalized groepie mense wat nie van hul mede-Afrikane hou of moeite kan doen om hulle te verstaan nie" is eenvoudig verkeerd. Afrikaners verstaan juis Afrika en Afrikane beter as enige ander Westerlinge met hul w?ldvreemde sienings oor die kontinent wat net bietjie hulpgeld nodig het om reg te kom. Ek moet s?Tim du Plessis het ook die afgelope jaar of twee die lig begin sien en klink nie meer so goedgelowig oor Afrika-demokrasie soos voorheen nie.
    Vreemde "toeval", 10/05/2008, Leendert van Oostrum
    Uit "Katryn" se skuimbekkende ad hominem-aanval is dit duidelik dat "Kartryn" kan Google, maar dis ook duidelik dat sy (of hy?) nie baie goed is daarmee nie. As sy was, sou sy gemerk het dat die rekord toon dat ek my reeds jare gelede van Praag gedistansieer het - in dieselfde tyd dat Rapport vir Dan Roodt as rubriekskrywer in die pad gesteek het. En om dieselfde redes. Wat dus beteken dat "Katryn" heeltemal die kluts kwyt is in haar bewering dat ek Praag se standpunt hier verteenwoordig. Maar haar ylinge herinner my nou - die klein Maas was nie die eerste "kontroversiele" rubriekskrywer wat Rapport in die pad gesteek het nie. Roodt is (ten regte) oorboordgegooi om presies dieselfde rede as wat David Bullard (ten regte) die deur gewys is. Soos in Bullard se geval, en anders as in Maas se geval, het daar geen haan daarna gekraai nie. (Al verskil was dat Roodt die deur gewys is selfs SONDER om sy rubriek te publiseer, anders as by Bullard en Maas.)Dit verleen natuurlik verdere steun aan Tim du Plessis se vroeere opmerking dat ons getransformeerde media veel strenger vlakke van politieke korrektheid oor rassesake handhaaf as waar dit godsdiens aangaan. Oor die res van ons getransformeerde "Katryn" se standpunte kan mens net s?it stem ooreen met die standpunt wat, veral in die Mandela-era, verkondig is deur die groot Afrikaanse koerante en hul maatjies in die Broederbond en Afrikaanse sakewereld - enigiets wat lyk na 'n Afrikaneridentiteit moet ontken word. En daarmee bevestig "Katryn" my standpunt - die veelgeroemde Mandelatydperk het Afrikaners gemarginaliseer. Maar nou tjank die getransformeerdes daaroor. (Klaarblyklik verkoop Rapport nie so goed in Londen, Perth en Auckland nie.)
    Praag trawante se misstastings, soos gewoonlik, 10/05/2008, Katryn
    Leendert van Oostrum, een van die atrofrende Praagorgaan se laaste rukkende ledemate voordat rigor mortis finaal inskop, poog in sy plasing eweneens om die Nelson Mandela-era se (welisware) euforiese bonhomie as 'n illusie af te maak, en terselftertyd te hoop dat die pre-Mbeki era se ingekerkerde leiers 'n wederopstanding gaan bewerkstellig. Go figure. Praagliete se verbete pogings om van die verlede 'n film noir te maak misluk jammerlik indat hulle eweneens hier d.m.v LVO probeer weergee dat Nelson Mandela se Suid-Afrika 'n illusie was, maar dat die struggle voorvaders ons steeds op een of ander manier gaan begunstig. Net omdat hulle enigsens behoefte daartoe sou h? Leendert, newsflash: Afrikaners gaan nie erkenning kry vir enige iets anders nie, anders as hul onvermo?m met die werklikheid in verhouding te tree nie. Afrikaners is 'n insignificant, ingeteelde, oorhoopse en marginalized groepie mense wat nie van hul mede-Afrikane hou of moeite kan doen om hulle te verstaan nie. En Afrikaners as kohesiewe kulturele groep het beter gevaar onder Mbeki se bewind as ooit tevore. Bewys my verkeerd: onder die Natte sou jou en jou Gauleiter se paspoorte ingetrek gewees het, en julle almal nagtelike besoeke ontvang het van die Polizei.
    Mandela se Suid-Afrika, 10/05/2008, Leendert van Oostrum
    Mandela se Suid-Afrika was 'n illusie - 'n wittebrood waarin die onrealistiese verwaginge van 'n klein groepie "progressiewes" in die Broederbond, die sakegemeenskap, die media en elders skynbaar verwerklik is. Dit was 'n tyd toe Slanglam ons pensioengeld vir die ANC gegee het en Naspes die Afrikaner selfs sy eienaam onts?et. Dit is gevolg deur tien jaar van tiranie deur exiles. En Genl Geldenhuys se opmerkings oor die gebrek aan werklike krygsgeskiedenis by die ANC sluit aan by wat Lourens van der Post opgemerk het. In verhore oor die misdade in 'n Japanese konsentrasiekamp, waar hy self opgesluit was, merk hy dat Westerlinge wat nie self die kampe ervaar het nie veel harder veroordeel het as die wat self in die kampe was en baie haatdraend was. Dit lyk of die bewind van Mbeki en sy eksotiese exiles nou verby is. Nou kom 'n tyd waarin ons te doene gan h?et meer mense wat die afgelope dekades saam met ons hier was (soos Mandela). Mense wat al die aspekte van die "struggle" aan die bas gevoel het - ook die halsnoere en wat daarmee saamgaan. Onbevoegdheid, eensydige propaganda en korrupsie gaan nie oornag verdwyn nie - veral nie met Zuma in die stoel nie. Maar ek het net 'n vermoede Afrikaners gaan meer erkenning kry.
     
      Plaas jou kommentaar
    Naam
    E-pos
    Onderwerp
    Kommentaar
       
       

    As daar kommentaar is wat na jou mening nie op die blad hoort nie, kliek hier en se hoekom jy so dink.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
        Stem
    Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
    Ja
    Nee

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo