| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
08/05/2008 17:18 - (SA)
Tim gesels
Ek was Woensdagaand op ’n nostalgiese reis na die jare tagtig, toe ek ’n politieke korrespondent was - die lekkerste jop by ’n koerant. Mnr. Niel van Heerden, voormalige direkteur-generaal van buitelandse sake, en genl. Jannie Geldenhuys, voormalige hoof van die ou SA Weermag (SAW), het gepraat by ’n tafelgesprek in die Rand Club in Jozi waar ’n klompie vriende die nagedagtenis gevier het van die raconteur Otto Krause. Hulle het vertel van die dramatiese politiek circa 1988, toe hulle sleutellede was van die SA regeringspan wat met die Kubane, die Russe, die Amerikaners en die Angolese onderhandel het oor die onafhanklikwording van Namibië en die onttrekking van die Kubaanse soldate uit Suider-Afrika. Van hul nie-amptelike besoek aan el commandante (Fidel Castro), wat gefassineer was deur die “Boere”, van hul planne om te uitoorlê en hoe hulle uitoorlê is. En van hoe Pik Botha, in een van die sessies waar die Kubane die Suid-Afrikaners gedreig het, in volle vaart losgetrek het en vir hulle vertel het hoe die Boere die magtige Britse ryk in die Eerste Vryheidsoorlog verslaan het en hulle in die tweede een ook sou verslaan het as dit nie was vir die konsentrasiekampe en die verskroeide aarde nie. En ons sal met die Kubane doen wat ons met die Engelse gedoen het, sou Pik glo gesê het. Volgens genl. Jan het die Kubane die geskiedenisles wat Pik so dramaties vir hulle opgevoer het, ter harte geneem. Namibië het twee jaar later relatief, let wel relatief, vreedsaam onafhanklik geword. Dit was waardevol om die twee veterane weer te hoor. Hulle dra hul jare mooi. Met elke jaar wat verbygaan, kry hulle ’n nuwe perspektief en nuwe stukkies wysheid by oor ’n lotsbepalende era in ons geskiedenis. Wat nodig is, want soos die Amerikaanse digter en skrywer William Faulkner gesê het: “The past is never dead. It’s not even past.” Ek het destyds intensief verslag gedoen oor talle van daardie berade en gesprekke oor Namibië se onafhanklikwording. En sedertdien boeke daaroor gelees. Maar Woensdagaand was daar nuwe perspektiewe wat my andermaal die waarheid van Faulkner se woorde laat besef het. Die verlede is nooit in die verlede nie. Die eietydse geskiedenis wat die ANC aan die land wil opdwing, “ontgeldig” (invalidate) mos alles wat die SA staat voor 1994 gedoen het. Die wittes was eenduidig boos, die swartes net verdruk, verhewe en heldhaftig. Terwyl die werklikheid oneindig meer genuanseerd en kompleks is. Jan Geldenhuys en Niel van Heerden het my andermaal herinner: ons het goeie mense gehad wat ook goeie dinge gedoen het, slim dinge. In die ou Suid-Afrika het die SAW en Buitelandse Sake die moeilikste, ondankbaarste werke gehad. Die een moes die apartheidstaat beskerm en die ander moes hom in die buiteland verkoop en verduidelik. Tog het albei konstant die beste kaliber staatsamptenaar gelok, mense uit dieselfde hout gesny as Van Heerden en Geldenhuys. Dit bewys maar net weer: knap mense hou van uitdagings, geld en posisie is nie alles nie. Hoeveel van dié etos sou in vandag se staatsdiens oor wees? Gevra hoekom hy dink Namibië het, anders as Suid-Afrika, ’n rustige land geword met rasse-harmonie en hoë vlakke van sosiale kohesie, het filosoof-generaal Geldenhuys gesê hy dink dis omdat Swapo se vegters oor ’n lang tydperk in ’n werklike oorlog gewikkel was met die Suid-Afrikaners en die destydse SWA gebiedsmag. Toe die oorlog verby was, het die soldate aan weerskante, soos in alle konflikte gebeur, notas vergelyk en mekaar oor en weer uitgevra. Hulle het ’n soort afsluiting beleef, waarna almal kon aanbeweeg en die swaarverdiende vrede waardeer. In Suid-Afrika het daardie proses nie so afgebaken gebeur nie. MK het geen substantiewe geskiedenis van gevegte teen die SAW nie. Daar was ’n onderhandelde skikking, maar daar was nooit ’n formele skietstilstand tussen die SAW en MK nie want daar is nooit eintlik regtig geskiet nie. Maak sin vir my. Die (fiktiewe) boek MK se heroïese veldslae sal maar ’n paar bladsytjies beslaan. Dit verklaar ook waarom die ANC vroeër vanjaar so gehiperventileer het by die twintigjarige herdenking van die sogenaamde Slag van Quito Cuanavale. Die ANC sou wat wou gee vir ’n soortgelyke “veldslag” in die annale van sy “krygsgekiedenis” om te vier. Daar is nie een nie, toe gryp hulle maar vir Quito aan. Daardie omstrede skermutseling met sy twee wenners: die Suid-Afrikaners, wat die militêre veldslag klinkend gewen het; en die Kubane/Fapla/Swapo, wat die propaganda-oorlog gewen het. Elie Wiesel, die Roemeens gebore Jood wat die Holocaust oorleef het en ’n Nobelprys gewen het, het in sy outobiografie geskryf “Om sonder ‘n geskiedenis te wees, is erger as om sonder ‘n toekoms te wees.” Dit verklaar ook hoekom die verlede altyd meer onseker en meer bestrede sal wees as die toekoms. • • • • • Barney Mthombothi, redakteur van die Financial Mail, skryf die beste politieke rubriek in die land. Oor en uit. Sy insigte is priemend. En die Engelse taal is klei in sy hande. Só skryf Barney die afgelope week oor die geskorste SABC-baas Dali Mpofu, wat tot voor Polokwane ’n stoere Thabo Mbeki-man was en toe oorbeweeg het na die Zuma-kamp sonder om ’n steekpas te markeer. “Mpofu. . .has suddenly realised the terrain has changed and he’s feverishly seeking to familiarise himself with new behinds”. Sou mnr. Zuma weet hoeveel angstige oë is deesdae gerig op sy agterstewe . . .? • • • • • Verlede naweek was ek vir die eerste keer by ’n Sama-aand. MTN het my Sun City toe genooi vir die musiekpryse-aand en vir twee nagte se verblyf betaal, baie dankie. Die Saterdag se gala-aand het soos Suid-Afrika gelyk, in die samestelling van die gehoor én in die aard van die musiek wat vereer is. Dit was oorwegend swart, maar wit was sterk verteenwoordig. Musiek het die mense verenig. Ek het lekker hande geklap vir kwaito-sterre van wie ek nog nooit gehoor het nie. Saam met ander wittes. Die “swart” applous was hartlik toe Karen Zoid haar prys wen as beste vroulike rock-musikant. Ook vir Kurt Darren, toe hy gesing het. Die vibe was ontspanne, gemoedelik. Dalk was dit die drank en ander “hulpmiddels”. Maar ek twyfel. Dit was opregte voelgoed daardie, iets wat nie geveins kan word nie. Saterdagaand by Sun City het soos Nelson Mandela se Suid-Afrika gevoel. Wens ons kan dit terugkry.
|
|||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|