| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
14/05/2008 12:16 - (SA)
Uit die persgalery: James Bond is ’n oud-recce
Nee, hy weet eerlikwaar nie wie sou die geskorste komm. Jackie Selebi ondersoek het as dit nie vir die Skerpioene was nie. Só het een van die polisie se top-base teësinnig erken tydens ’n vinnige geselsie ná Dinsdagoggend se media-inligtingsessie in die parlement. Die stelling opsigself is nie nuut nie. Verskeie bekommerdes - hieronder tel politieke ontleders, opposisiepartye, die media en nie-regeringsorgansiasies - het dieselfde kwessie geopper sedert die ANC in Desember besluit het om die Skerpioene tot niet te maak. Wat die bekentenis wel interessant maak, is dat dit kom van iemand wat tot die bittere einde langs sy “Naskom” (polisietaal vir nasionale kommissaris) gestaan het en waarskynlik tot die dood toe lojaal aan Selebi sal bly. Wat hy eintlik bedoel, is dat Selebi waarskynlik vanoggend nog ’n koppie tee agter sy lessenaar in Wachthuis sou drink as die Skerpioene nie op sy spoor gekom het nie. Want die polisie sélf, sou dit nie gedoen het nie. Ook nie die Onafhanklike Klagtedirektoraat nie. Die OKD was van dag een af ’n klaaglike mislukking, ’n brandsiek waghond sonder ’n neus, ore of oë, wat nog te praat van tande. Gaan lees gerus die OKD se jaarlikse terugvoering aan die parlement. Jaar in en jaar uit smeek die OKD vir meer geld, hulpbronne en speurders. En jaar ná jaar word daar beloof om die OKD se mandaat te versterk. Helaas, ons wag nog. Wie kan onthou dat die polisie eens ’n teenkorrupsie-eenheid gehad het? Dié spesialiseenheid - die enigste met die mandaat om korrupsie binne die SAPD te ondersoek - is in Desember 2002 ontbind. Die eenheid het jaarliks tot ’n duisend sake teen beamptes ondersoek. Maar Selebi het sy sin gekry. Dít in die naam van “herstrukturering”, die towerwoord waarmee Suid-Afrikaners telkens oortuig moet word dit word gedoen om die polisiekantore op plaaslike vlak te “versterk”. Al 170 speurders by vyf provinsiale teenkorrupsie-kantore en vyf satellietkantore is destyds herontplooi. Korrupsie-ondersoeke binne die SAPD is sedertdien deur die eenhede teen georganiseerde misdaad en plaaslike speurtakke hanteer. Die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) het destyds tydens ’n onderhoud gesê: “Die nasionale polisiehoof (Selebi) sal moet verduidelik hoe dít ondersoeke na korrupsie binne die polisie gaan bevoordeel en hoe die onafhanklikheid van ondersoeke beskerm gaan word.” ’n Senior beampte van die eenheid het kort voor die ontbinding gesê hy is verslae. Dat dié plan op ’n ramp afstuur. “Dit is my werk om polisiemanne te vang. Dis van die moeilikste ondersoeke om te doen. Jy word nie aanvaar deur jou kollegas nie en jy sukkel om getuienis te kry. Jy is ’n Judas. Nou moet ons tussen hulle gaan sit. Wat van intimidasie, inligting wat uitlek of die verdwying van dossiere?” Die ontbinding het toe nie op so ’n groot ramp afgestuur nie. Eerstens waarskynlik omdat niemand regtig weet wat die omvang is nie (ignorance is bliss). En tweedens omdat die Skerpioene die leemte gedeeltelik gevul het deur hulle op die skelmste skelms in die polisie toe te spits. Maar wat gaan gebeur as die Skerpioene nie meer met ons is nie? O, wees nie bevrees nie, het mnr. Charles Nqakula, minister van veiligheid en sekuriteit, die parlementêre perskorps Dinsdagoggend gerus gestel. Want sien, junior polisiebeamptes ondersoek gereeld hul seniors. Ja, mnr. Nqakula, en James Bond is eintlik ’n oud-recce wat nou vir die FBI werk.
|
|||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|