| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
14/05/2008 12:16 - (SA)
De Blog-sem in: Wat is alles in ‘n naam?
Krieket, beweer ‘n Engelse vriend, is so na as wat die Engelsman ooit aan die Zen-belewenis sal kom. As jy met dié sport grootgeword het, verstaan jy hom te goed. En verstaan jy hy praat van die vyfdaagse weergawe. Niks kry gewoonlik my nekhare só vinnig orent nie as wanneer iemand my vertel hoe lief hulle vir krieket is en dan kwalifiseer: maar net die eendag-wedstryde. Toegegee, dié het daai selfde bevredigende kláp as die bal die middel van die kolf tref, maar dis heeltemal skeef ten gunste van die kolwers en, as iemand uit die staanspoor beduidend vrot kolf of boul, het jy net ‘n halwe dag se verveling en tjek-oorhandiging om na uit te sien. Die vyfdag-spel kom en gaan uit ‘n mens se bewussyn. Jy vang ‘n sessie hier, ‘n sessie daar. Toegegee, daar spat gereeld ‘n paaltjie nes jy die pad yskas of lêwwie toe gevat het, maar dis ‘n drama in vyftien bedrywe op sy beste. En omdat dit soveel geskiedkundige agtergrond het, is daar nie ‘n enkele kolf- of boulbeurt sonder betekenis nie. Ja, lag maar, ek ís ‘n krieketpuris: hou nog altyd meer van die wit klere ook, as jy werklik wil weet. Ek het verwag om die Pro20-konsep twee maal meer te verpes as dié oor 50 boulbeurte, maar siedaar: jy’s nooit te oud om te leer nie. Met verlede jaar se eerste Wêreldbeker-toernooi het ek skelmpies begin kyk (terwyl ek in die openbaar my suur gesig opgesit het oor die hele transaksie) en nou is ek so te sê verslaaf aan die Indiese Pro20-liga. Die boulers word natuurlik die wêreld vol gemoker, maar die paaltjies spat eweneens: dis amper alles wat lekker is aan krieket, binne drie skamele ure ingedruk – anders as die eendag-weergawe, kry jy die gevoel hier is ‘n so te sê volwaardige nuwe sport aan die ontwikkel en ‘n man voel bevoorreg dat jy ‘n splinternuwe era saam met so ‘n ou liefde soos krieket kan betree. Al is dit dan ook net van die rusbank - van agter jou bier af. Indiese krieketskares is boonop soos Engelse sokkerskares: daar is soveel energie in die pawiljoene dat die aksie sommer twee maal opwindender voel… ‘n mens kry amper die omgekeerde effek met die Lions se Super 14-wedstryde: daai chronies leë Ellispark laat die rugby skoon flouer lyk! Pro 20 is dalk vir party mense so ‘n bietjie soos bofbal. Dié op sigself is g’n belediging nie: bofbal is al jare vir my opwindender en veel meer sinvol as eendagkrieket. Die uwes insiens eet krieket oor 20 boulbeurte weerskant egter vir bofbal vir brêkfis op. Wie sou ‘n skrale vyf jaar terug voorspel het dat die Chennai Super Kings en die Rajasthan Royals en die Mumbai Indians huishoudelike name gaan word? Met goeie vriende in Mumbai en ‘n kuiertjie eersdaags op my spyskaart, is ek ‘n tentatiewe Indians-ondersteuner. Die naam gee ‘n mens lag… enersyds is dit seker aan te pryse dat die mense van Moembai nie hulself aanmatig om enigiets anders te probeer wees as wat hulle is nie, maar om jouself Indians te noem in die middel van bykans een biljoen Indians lyk ook of jy nie eens probeer het nie. Waarom dink mense toeskouers makeer verspotte name om opgewonde te raak? Wat op aarde is verkeerd met net die streek waarvandaan jy kom? Dink enigiemand werklik hulle gaan beter speel as hulle hulself na een of ander yslike dier vernoem? Die Border Bears in krieket en die Callmore Magtige Olifante in rugby getuig hier by ons van nee. Jy verdién so ‘n naam, jy eien hom nie sommer vir jouself toe nie. Die Blou Bulle is ‘n prysenswaardige uitsondering: dié naam was ‘n stuk of veertig jaar in die volksmond voor dit amptelik geword het. Die Sharks… mmm… weliswaar die breinkind van ‘n bemarkingsman iewers, maar dié streek se gloriejare het so saam met die naam gekom en hul water wemel darem van die haaie. Daar is inderdaad glo maar bitter min jagluiperds in die Vrystaat en as daar ‘n poema naby Witbank is, is hy agter slot en grendel. Die Leeus is ‘n Britse span wat al sedert die 19de eeu na die Suidelike Halfrond toer; waarom die Johannesburgse span nou dieselfde naam moes gaan uitkies, weet nugter. Om moedswillig te wees: die woord “Johannesburg” boesem deesdae waarskynlik meer vrees by enige oorsese besoeker in as die woord “Leeu”. Ene vir die bemarkers om ‘n bietjie op in te gaan. Die powerste poging van ál ons Super 14-spanne is egter die Stormers. Waffer ‘n ding is ‘n Stormer? En in watter taal? Daar wás ‘n vieslike Nazi-koerant in Hitler se dae genaamd Der Stuermer, maar dit ly sterk twyfel of die betrokke lid van Harry Viljoen se binnekring wat die Stormers-naam ‘n dekade terug uitgedink het, Julius Streicher se braaksel in gedagte had. Ewenwel, wie dié man ook al was – die faling van sy Engelse grammatika-onderwyseres werk nou al sedertdien jaarliks vir drie maande op my senuwees. Cape Storm sou veel beter gewerk het as jy TV-advertensies in gedagte had. En selfs dan liewer die Westelike Provinsie. Dit sê waar jy woon en niks meer nie. Dit hóéf nie. Die yslike name vir basies verpoepte spanne laat my altyd dink aan onderbedeelde ouens met ýslike karre. Met Rassie Erasmus oënskynlik besig om die Stormers om te tower tot iets wat aanstaande jaar ‘n ware aanspraakmaker op die louere behoort te wees en met rugby in die Kaap eindelik weer kerngesond, hoekom gaan ons nie die toekoms binne met ‘n naam sonder taalgoggas nie? Westelike Provinsie. Met blou-en-wit streeptruie. Net so mooi as die ligblou van die Pretoriane, selfs meer tradisieryk. As jy nie geroepe voel om jouself enigiets anders as die WP te noem nie, sê jy immers só baie oor jouself en dis amper alles positief. ‘n Mens leef in hoop.
|
|||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|