| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
21/05/2008 10:55 - (SA)
Hollikaans: Om te braai of te barbecue, dis die vraag
Vir die meeste Suid-Afrikaners is braai ‘n instink. Maak die vuur, gooi die vleis op, vra die vrou vir die slaai, drink bier/wyn, draai die vleis om en eet. Klaar! O, en drink nog bier/wyn. Maar die Nederlanders het ‘n heel ander uitkyk op die saak. Heel eerste: die naam. Barbecue. Dit is ‘n groot probleem vir my, want ek sien al in my geestesoog die groot silwer gasbraaier in Amerika met die hamburger patties en mielies op. My vriende en kennisse moet eers “braai” kan uitspreek voor ‘n uitnodiging na hulle kant toe kom! Tweedens is die basiese bestanddele anders. Natuurlik is hier nie boerewors op die spyskaart nie, en lamsvleis is onbekostigbaar. Die meeste steak hier moet liewers nie naby ‘n vuur kom in my opinie nie, dus word jy aan jou lot oorgelaat met hoender en vark. Hier is ook nie ‘n braai-rak in die Spar soos in Suid-Afrika nie, en ook nie soute en marinades om uit te kies nie. Aan die positiewe kant verdien my gaste-volk darem punte met braai-gereedskap. Webers is algemeen asook die nagemaakte variante. Vir die meer praktiese/luies onder ons, is hier ook ‘n weggooibare braai vir 5 euro, wat jy sommer so met die boks en al aan die brand steek. As die son skyn is dit baie gewild in die Vondelpark! Maar soos die Engelse sê: “There is method in the madness”, en vir Suid-Afrikaners gaan braai ook om tydsberekening. Eers die hoender, want dit vat lank, en laaste die dunste vleisies. Die braaibroodjies word net betyds opgesit om te voorkom dat die vleis weer koud word. En natuurlik staan die aartappels al 2 ure in die oond om sag te word met kaassous. Hier word braai meer soos ‘n fondue aangepak: Om 7 uur arriveer die gaste. Die vlamme staan hoog in die Weber. Vier hoendervlerkies word opgegooi (nadat dit eers in die mikrogolf gekook is), en soos in die Spur advertensies ge”char-grill”. Die vier vlerkies word op die tafel gesit met neute, doopsouse en chippies. Om 8 uur word 5 varkworsies (ook meestal vooraf gekook) aan dieselfde marteling onderwerp en word die bord rondgestuur vir die gaste. So gaan dit die hele aand tot alle vleis gebraai en/of opgeëet is (min of meer 10 uur). Teen die tyd is die vuur reg vir braai in Suid-Afrikaanse standaarde. Intussen word slaai en stokbrood bedien. Maar die belangrikste van die hele aand is die souse. Barbecue, knoffel, satè (proe soos grondboontjiebotter), heuning-mosterd en peri-peri. Alles word gedoop, bedruip en oorgegooi. ‘n barbecue is nie ‘n barbecue sonder sous nie. Maar stadig maar seker doen ek my bes om die inwoners hier te leer van die regte braai-etiket en kultuur. Amper soos die storie van Mohamed en die berg. En as my bure ooit sou kla omdat ek hulle en hulle wasgoed op die balkon uitrook met my Weber op my drie by drie meter toegeboude stoepie, sal ek maar skreeu dat hulle ‘n varkworsie moet afgooi. Dan kan hulle saam eet. As hulle maar net self die sous bring!
|
|
![]() |
|
|
|
|
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|