| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
29/05/2008 13:46 - (SA)
Hollikaans: Al fietsende deur Amsterdam
By my nuwe Nederlandse vriende is daar 'n groot gespot oor die informele Nederlandse “inburgerings”-kursus wat ek op die oomblik volg. Elkeen dra 'n klein bietjie by tot die kursus-materiaal, en doen hulle bes om my “ hoofstuk vir hoofstuk” die kleinere details van die alledaagse Nederlandse lewe te laat sien. Na amper twee jaar hier voel ek al of ek die denkbeeldige boek kan herskryf! Maar die afgelope week het ek baie “meters gemaak” in my vooruitgang. Ek eet nou my ontbyt op die trein. Twee platgedrukte bruin broodjies met verkieslik geen botter op nie, en in 'n plastiek sakkie wat lyk of jy dit elke dag hergebruik. Daarby bestel ek altyd 'n stomende koffie met baie melk. Gesellig! (Einde van Hoofstuk 1: Ete op Openbare Vervoer). Ek ry ook nou meer as 'n uur in die oggend werk toe en kla oor die reën, die verkeer (terwyl ek op die trein sit) en hoe die Euro alles duurder gemaak het as die Gulden. (Hoofstukke 3 en 4 kort saamgevat) Vrydag het ek Hoofstuk 10 aangedurf, en deur Amsterdam fietsgery. Saam met 'n regte Amsterdammer. Soos voorspel deur my instrukteur verloop alles sonder probleme. Nogal goed ook. Na 'n rukkie sweef ek deur die stad. Ons stop hier vir 'n koffie, daar by 'n markie en ek lag selfs bietjie in my mou as 'n vrou vanaf 'n amper-stilstaande posisie langs my neerslaan by die robot. En voor die son onder is voel ek soos die fiets-prinses van Amsterdam! Alle karre stop vir my, alle voetgangers kyk verskrik en honde lê stert tussen die bene tot ek verby is. Of liewer: so het dit gevoel. Bietjie “untouchable”… maar nou weet ek dit was eerder “undutchable”. Voor jy kon sê “kaasknabbel” het dit gebeur: In die besige winkelstraat. Waar jy nie op jou fiets mag ry nie. (Goed, goed, ek het myself bietjie bokant die wet gestel!) Waar al die mense loop. En waar die trem ry. Ek skiet vinnig na links om 'n elegante draai oor die Leidse Plein (met duisende bier-drinkende toeriste) te maak en daar my fiets heel handig aan 'n paal vas te sluit. Maar op die draai gaan iets verkeerd. Ek trek met 'n hoek van 20 grade of so oor die tremspoor, so 'n gladde stuk metaal van min of meer 7 cm breed. Dit blink so mooi en lyk so onskuldig. Maar glo my, die spoor het sulke klein handjies wat jou gryp as jy nie met 'n regte hoek bo-oor gaan nie. En die handjies hou vas! En gooi jou met alles wat hulle het op die teer neer. Op dieselfde oomblik wat die trem aankom. Nodeloos om te sê het ek die val oorleef. Nadat ek vinnig deur drie jong mans uit die straat opgepluk en teen 'n winkelvenster neergesit is. En natuurlik my fiets ook. Nou het ek twee seer en blou knieë en 'n stukkende ego. Maar ten minste het ek volgens my Amsterdammer-vriend al hoofstuk 21: “Vallen in Amsterdam” met vlieënde vaandels (of is dit met skreeuende bande?) geslaag. Maar hy stel tog voor dat ek eers na Hoofstuk 11: “Tremspore en ander gevare in en om Amsterdam” kyk voor ek weer so iets probeer. Die boek is vir 'n rede in 'n sekere volgorde geskryf.
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|