| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
04/06/2008 12:29 - (SA)
Hollikaans: die wondere van die wêreldwye web
Ek was nog altyd een vir “maximum connectivity” soos 'n vriend van my met 'n lekker Amerikaanse twang een keer gesê het. Ek is die ideale kandidaat vir daardie realiteits-programme waar iemand 6 weke lank in 'n huis bly en alles op die internet koop en doen. Ek het 3 verskillende internet-kontrakte van drie verskillende maatskappye net om seker te maak dat ek altyd naby die www is. En dit maak Nederland ook die ideale land vir my. Maar eers was daar verwarring: In my eerste maande hier het ek baie gehoor van “puntenel”. Weeronline “puntenel”, Hotels “puntenel” en Zoekallehuizen “puntenel”. Ek kon dit nie kleinkry nie. Wat is die “puntenel” en hoe werk dit? Hoe kan ek dit ook gebruik? Dit klink soos iets vir my! Maar met die tyd het die besef gekom. “Puntenel” staan vir Punt N.L. Dit is soos co.za. Die agtervoegsel van alle webadresse. Grappig! Nadat die verwarring opgeklaar is, het daar 'n hele nuwe wêreld vir my oopgegaan. Alles in Nederland is aanlyn. Okay, miskien amper alles. Dit is fantasties vir 'n mini-verslaafde soos ek! Meestal begin my dag met 'n treinreis wat ek op die web bespreek en dit word dan outomaties deur my werkgewer betaal. Geen kaartjie, geen uitdruk, niks. Ek het 'n kredietkaart-agtige ding wat die kondukteur gebruik om te kyk of ek betaal het. Lekker maklik! Soms ry ek ook met die kar, en kan ek dan inlog op 'n webwerf waar ek my kan aanmeld vir die parkeerkoste. Ook maklik: ek tik die nommer op die parkeerpaal in, en woeps! My parkeertyd word automaties bygehou en ek betaal via my bankrekening. Treinvertragings, skedules en kostes is ook natuurlik alles beskikbaar op jou rekenaar, blackberry of telefoon. Vir 'n uitgebreide reis kan jy ook die beplanning-website gebruik, want stap vir stap verduidelik hoe om van punt A te kom. Byvoorbeeld: Vat Trem 1 rigting Osdorp de Aker tot by Lelylaan. Wag 10 minute. Vat die trein rigting Den Haag Centraal tot by Den Haag Centraal en wag 5 minute. Neem die trein rigting Gouda op platform 5 en arriveer in Voorburg 4 minute later. Loop 7 minute (met 'n roetekaart) en kom betyds vir jou vergadering om 9 uur! As ek nou net die ding in my brilglase of brein kan inplant! Die slagter, die bakker en die supermark is natuurlik ook almal aanlyn. Die dokter en die apteek is nie ver agter nie, met voorskrif-opsies of monitoring vir mense met diabetes ook alles aanlyn. Behalwe vir 3 verskillende besoeke het ek my huis min of meer op die internet uitgekies, asook my kat van die “dierenasiel”. Ek het al so vriende gemaak en tv gekyk. 'n Bankrekening oopgemaak en 'n professionele foto album met my eie fotos. Uitzending Gemist is ook een van die mooi Nederlandse uitvindings. Dit is 'n webwerf waar jy alle programme van die afgelope 10 dae op die 3 Nederlandse kanale kan terugkyk. Gratis. Verniet. Heerlik! Laastens, hier is 'n uitstekende idee. Vir iemand wat dit wil probeer in Suid-Afrika. Of miskien vir 'n winkelsentrum? Ons kla baie oor die weer hier, en die afgelope paar dae was die weer grys en vogtig. So plakkerig aan jou vel. Maar vir my beteken dit een ding: Ek kan sonder om skuldig te voel binne bly en “internetten”!
|
||||||||||||||||
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|